|
Saturnus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 2
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53. |
|
|
Hoofstuk 1
Die werklike name en beskrywing van Saturnus
Die dubbele Ring en mane van Saturnus
Die wonderbaarlikheid van Goddelike Openbaring
1. Ten einde `n behoorlike en duidelike konsep van hierdie planetêre liggaam wat ons Saturnus noem, te kry, is dit belangrik om te kyk wat haar naam aandui: “Aardse kalmte, Wêreldse niksheid”. Dit is ook absoluut noodsaaklik om te leer van haar natuurlike sfeer, haar afstand vanaf die son, haar grootte, haar struktuur, haar inwoners, sowel as die inwoners op die ringe en mane, asook die diverse plantegroei in ooreenstemming met die heersende toestande, as gevolg van die duidelik variërende klimaatstoestande; verder ook `n beskrywing van die diere wat op die planeet bestaan, asook op haar ringe en mane.
2. Nadat al hierdie bogenoemde besonderhede aangaande Saturnus behoorlik verduidelik is, sal die geskiedenis van hierdie planeet, haar innerlike struktuur en polariteit teenoor ander planete en laastens, haar geestelike sfeer, ontleed word.
3. Wat betref die afstand van Saturnus vanaf die son, is daar drie verskillende standpunte wat aangeneem kan word; die rede hiervoor is wel bekend. Daar is nie `n enkele planeet wie se wentelbaan `n volledige sirkel vorm nie; in plaas daarvan is `n planeet se wentelbaan om die son eerder soos `n ellips waarby die son in verhouding tot die wentelbaan van die planeet, ooreenstem met die vorm van `n eier met die stomp gedeelte na onder en die skerp gedeelte wat na bo kyk. In hierdie posisie sal die geel van die eier nie in die middel wees nie; instede sal dit nader aan die onderste of stomp gedeelte van die eier lê. Kom ons aanvaar dat die sentrale eiergeel die son verteenwoordig en die buiterand van die eierdop die wentelbaan van die planeet. As julle nou die afstand meet van die buiterand na die middelpunt van die son, in hierdie geval die eiergeel, sal julle die volgende sien: Die middelpunt van die son is die naaste aan die buiterand by die laagste gedeelte. By die omtrek is die afstand `n middelafstand, maar waar die afstand by die boonste top die grootste is vanaf die middelpunt van die son. Dieselfde is van toepassing op die wentelbaan van Saturnus rondom die son. Wanneer Saturnus op die laagste punt is, is die afstand van die son slegs 187,719,120 geografiese myl*. Wanneer Saturnus ongeveer in die middel is, is die afstand alreeds 198,984,136 geografiese myl en aan die bokant is die afstand vanaf die middelpunt van die son, 210,249,152 geografiese myl en hierdie afstand is natuurlik die grootste afstand vanaf die son.
*Een geografiese myl = 7.420 km; Australiese myl = 7.586 km.
4. Hierdie afstande word nie van die aarde af gemeet nie, maar vanaf die son. Die afstand van die aarde in verhouding tot Saturnus kan geweldig varieer, selfs tot so `n mate dat hierdie twee hemelliggame nader aan mekaar kan wees met tot een miljoen geografiese myl en dan kan hulle ook verder van mekaar af wees met tot een miljoen geografiese myl. Indien dit sou gebeur dat beide hierdie planete hulleself aan dieselfde kant van die son bevind, dan is beide planete in die nabyheid van die son. In hierdie posisie is hulle baie nader aan mekaar as wanneer hulle opponerend is, waar dit kan gebeur dat Saturnus die vêrste van die son is en die aarde, aan die anderkant van die son, kan dan die naaste aan die son wees. Wanneer dit gebeur, is die verskil nie net eenmiljoen nie, maar dikwels twee- tot driemiljoen geografiese myl. Die rede waarom eksakte afstande nie gegee kan word nie, is dat nie een planeet se wentelbaan presies dieselfde afstande vanaf die son handhaaf nie; in plaas daarvan sal die planeet in `n sekere jaar haarself op `n afstand hou en die volgende jaar sal sy nader aan die son beweeg en die groter of kleiner afstande bepaal die verskille in temperatuur. En julle kan verseker wees dat uit sewe-en-sewentig omwentelinge, daar nie eers twee sal wees wat, met betrekking tot die afstand vanaf die son, presies dieselfde sal wees nie.
5. Aangesien ons hierdie afstande bespreek het, sal ons nou die deursnee van Saturnus bepaal, sowel as haar omtrek, haar oppervlakte in vierkante myl en haar inhoud in kubieke myl.
6. Die deursnee van Saturnus is 17,263 geografiese myl; die aarde in vergelyking daarmee is slegs 1,719 geografiese myl; dit sal julle `n idee gee hoeveel groter Saturnus is. Saturnus se omtrek is 54,515 geografiese myl. Die oppervlakte is 936,530,820 vierkante geografiese myl. Die kubieke inhoud van Saturnus is 2,757,547,946,775 kubieke geografiese myl. Daarom is Saturnus ongeveer 1,037 keer groter as die aarde. Vir een omwenteling om die son benodig Saturnus 29 jaar, 164 tot 166 dae, 2 ure en 2 sekondes.
7. Alles wat bereken kan word betreffende Saturnus, is nou gedoen. Aangesien Saturnus omring is deur `n dubbele Ring, moet dit ook van naderby bekyk word met betrekking tot syfers
8. Die omtrek of diameter van die totale Ring is 40,006 geografiese myl. Aangesien die Ring inderwaarheid uit twee ringe bestaan, is die afstand vanaf die oppervlak van die binneste Ring na die oppervlak van die buitenste Ring, 545 geografiese myl. Die diameter van die buitenste Ring, dit is nou van die buitekant tot die binnekant, is 1,350 geografiese myl; en die diameter van die binneste Ring, op dieselfde manier gemeet, is 3,850 geografiese myl, aangesien die buitenste, sowel as die binneste Ring ellipties (oviform) is; dit is wanneer julle deur die Ring sou sny, dit `n vorm van `n eier sou hê. Die diameter van die buitenste Ring by sy omtrek is 130 geografiese myl. Die binneste Ring het binne haarself drie semi-verdelings, elk 20 tot 30 geografiese myl. Hierdie verdelings noem ons semi-verdelings, omdat hulle nie die tweede Ring in sy totaliteit verdeel, soos wat die buitenste Ring verdeel is vanaf die binneste Ring nie. Hierdie drie semi-verdelings is opgevul met niks anders as oviform sfere wat `n diameter het wat groot genoeg is sodat hulle slegs een Ring vorm. Daar is egter `n spasie waar hierdie verdelings voorkom; dit gaan inwaarts soos `n boogvormige-inwaartse piramiede, van onder-af opwaarts en van bo-af na onder, regdeur die hele Ring. Hierdie stringe sfere in hierdie drie semi-verdelings het veroorsaak dat menige skerpsinnige astronome aangeneem het dat hierdie Ring saamgestel is uit baie mane, omdat dit deur `n teleskoop die voorkoms het van `n rosekrans. Maar dit is nie die geval nie, hulle is inderdaad maar net klein sfere.
9. Betreffende die verdere besonderhede rakende die struktuur van die Ring, dit sal later verduidelik word. Nou sal ons kortliks kyk na die mane van hierdie planeet.
10. Sewe mane van verskillende groottes wentel om Saturnus. Hulle wentel op verskillende afstande van die Saturnus.* Die eerste maan, wat die naaste, maar ook die kleinste van die mane is, is slegs 120 geografiese myl in diameter en die afstand van Saturnus is 28,840 geografiese myl (hierdie afstand is die gemiddelde afstand). Die tweede maan het `n diameter van 240 geografiese myl en is op `n afstand van 40,516 geografiese myl vanaf Saturnus. Die derde maan het `n diameter van 666 geografiese myl en is op `n afstand van 60,500 geografiese myl vanaf Saturnus. Die vierde maan het `n diameter van 699 geografiese myl en is op `n afstand 87,920 geografiese myl vanaf Saturnus. Die vyfde maan het `n deursnee van 764 geografiese myl en is op `n afstand van 190,000 geografiese myl vanaf Saturnus. Die sesde maan het `n deursnee van 900 geografiese myl en is op `n afstand van 277,880 geografiese myl vanaf Saturnus. Die sewende maan het `n deursnee van 1,120 geografiese myl en is op `n afstand van 360,920 geografiese myl vanaf Saturnus.
*Na aanleiding van die huidige wetenskaplike paradigma is daar tien mane wat om Saturnus sirkel, maar drie van hulle is inderwaarheid asteroïdes
11. Vanuit die inligting wat sovêr aan julle deurgegee is, kan julle tot die gevolgtrekking kom dat hierdie hemelliggaam, uit hoofde van haar grootte, haar uiteenlopende struktuur en ook uit hoofde van haar sewe mane, `n belangrike rol sal speel in die ryk van die Skepping.
12. Want hoe meer kunstig `n werktuigkundige sy werk konstrueer, hoe meer veelsoortig moet die doel van so `n werk wees. En net soos die werktuigkundige verskeie bepalings in sy kunswerk verenig, in `n poging om verskeie doelwitte te bereik, sou Ek, as die Grootste Werktuigkundige in die heelal, dan nie so `n hemelliggaam so kunstig in die grootsheid van die hemelruim plaas met `n betekenisvolle doel nie? Want Ek beskou selfs die kleinste partikeltjie van `n sonstoffie as net so belangrik, hoeveel belangriker moet so `n hemelliggaam soos hierdie groot planeet dan nie wees nie? Ek het dit nie geskape om net `n speelding te wees nie!
13. As gevolg van hierdie openbaring aangaande die hemellig¬gaam, sal die verhewe doel van hierdie planeet aan jul geleer word wat julle asem sal laat wegslaan. Julle was alreeds verras en het sekere emosies ondergaan toe Ek die Maan aan julle openbaar het*. Maar hoe gaan julle reageer wanneer julle vir `n klein rukkie saam met My na hierdie hemelliggaam sal reis? Al wat Ek kan sê, is dat julle wonderlike dinge sal ervaar en daarom, berei julle self voor. Julle sal skaars kan glo wat julle sien! Wanneer Ek ookal sulke groot dinge onthul, is die enigste wesens slegs hulle wat `n groot hart het, wat hierdie dinge kan waardeer en die grootsheid daarvan sal eer. Nadat julle al die inligting aangaande hierdie hemelliggaam ontvang het, in soverre as wat julle dit kan verstaan, dan sal julle die betekenis waardeer van die vers in die Bybel wat die volgende sê: “Geen menslike oog het gesien en geen oor het gehoor en ook het dit in die hart van die mens nie opgekom nie, die dinge wat God voorberei het vir hulle wat Hom liefhet.”
*Hierdie inligting kan gevind word in “Aarde en Maan” deur J.L.
14. Wie ookal iets van My af ontvang, sal altyd die hoogste gawe vanuit die hemel ontvang, omdat Ek die Allerhoogste is in die hele Hemele, in die kosmos en in alle wêrelde. En indien Ek die Hemel of die Hel aan julle openbaar, sal die een sowel as die ander altyd bydra tot jul geluksaligheid. Wat My Woord ookal impliseer, dit is deurentyd lewendig en maak die een wat dit ontvang en in liefde, dankbaarheid, nederigheid en in lewende geloof aanvaar, verewig lewend in My, hier sowel as in die hiernamaals en deur hierdie voorkeur ongelooflik salig.
|
|
|
|
|