Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 25 Die blou beer, Ihur Sy struktuur, karakter en voeding Sy gebruikswaarde as `n verwerker van die aarde 1. Nadat ons nou geleer het van die twee reusediere van hierdie groot planeet, sal ons ons aandag vestig op `n paar ander diere wat nie so groot is nie. Hulle is egter belangrik genoeg om aandag aan te gee. 2. Die eerste dier in hierdie orde is die Ihur. In julle taal word dit vertaal as ‘bloubeer’. Wanneer hierdie Ihur volgroeid is, is hy byna net so groot soos `n mens op Saturnus wanneer die dier op sy agterpote staan, wat hulle gewoonlik doen. Die naam van die dier verklap sy kleur, wat oral ligblou is. 3. Hoe lyk die dier andersins? In die algemeen lyk hy soos die goue beer op aarde, maar die struktuur van sy kop is heeltemal anders. 4. Hoe lyk die kop? Dit sal `n bietjie moeilik wees om dit vir julle te beskryf, sodat julle `n behoorlike prentjie van hierdie dier kan kry, omdat julle geen diere op aarde ken wat `n soortgelyke kop as die Saturniniese beer het nie. Desnieteenstaande sal ons `n vorm beskryf waardeur julle sy kop kan visualiseer. 5. Stel vir julle `n redelike ronde warboel voor van wol met `n diameter van 9 voet en aan beide kante, ongeveer in die middel, is daar twee lang ore wat `n lengte van 9 voet het en `n wydte van 6 voet. Verbeel verder twee lang kronkelende horings op die heel boonste gedeelte van die wolkop, elkeen 18 voet lank en ongeveer 3 voet van mekaar. Die kleur van die horings is glansl¬ose goud en omtrent 5 voet onderkant hulle is daar twee propor¬sionele groot oë wat presies die voorkoms van `n menslike oog het. Verbeel julle onderkant die oë `n proporsionele groot mond soos die van `n leeu. Verder is die kop verbind met `n proporsionele massiewe lang, sterk nek 6. In byvoeging is daar agter sy horings aan beide kante van die nek van hierdie beer `n 12 tot 18 voet maanhaar van `n donkerder blou kleur. Daar het julle die hele vorm van die dier. Die Ihur het nie `n stert nie, alhoewel daar in die plek daarvan `n bietjie langer en donkerder hare is. 7. As julle alles wat deurgegee is, op die korrekte wyse toepas, sal julle in staat wees om hierdie dier vir julle voor te stel, as julle daar bytel dat die Ihur dikwels talle kere oor die 300 voet meet, beginnende by die horings en eindigend by sy agterpote. En wanneer hierdie dier op sy vier pote staan, meet hy byna 120 voet vanaf die grond tot by die top van sy rug en elke poot het `n lengte van 36 voet en `n dikte van `n vaatjie wat groter is as 566 liter. Die pote lyk soos die van `n beer; hulle het dieselfde vorm, slegs die grootte en kleur is in ooreenstemming met die grootte en kleur wat hier beskryf is. 8. Hopelik sal dit nie nodig wees om hierdie dier se grootte en vorm in meer detail te beskryf nie. Laat ons daarom sy karakter beskryf, sy lewenswyse en sy bruikbaarheid. 9. Die Ihur is normaalweg goedgeaard, maar hy moet nie getart of vervolg word nie. Indien getart, verander sy goedgeaarde karakter vinnig en hy word regtig boosaardig en toornig en in hierdie toestand is niks en niemand veilig nie. Wat ookal oor sy pad kom, sal hy onmiddellik aanval en heeltemal verwoes. Alhoewel hierdie dier nie groter is as `n mens op Saturnus nie, het hy die krag van tien mans en dit is die rede waarom `n kwaadwillige persoon op Saturnus nie baie goed sal vaar, indien hy in ’n konflik sou beland met so `n vertoornde dier nie. 10. Die Saturniete vermy so `n dier, ten spyte van sy rustige natuur. Hulle probeer hom op allerhande maniere te verwilder en dryf hom uit gebiede wat deur mense bewoon word. Dit is waarom hierdie dier baie min deur mense gesien word. 11. Wat is die voeding van hierdie dier? Hy voed homself met gras, wortels en jong takke van bome en struike. Hy eet nooit vleis nie, selfs nie in nood nie. As hy getart word, skeur hy mens en dier uitmekaar, los hulle net daar en verlaat dan die plek. 12. `n Baie eienaardige karakteristieke eienskap van die Satur¬niniese beer, is dat hy `n baie eienaardige vrees vir sy eie toorn het. Om hierdie rede, gelei deur sy eie instink, vermy hy alle situasies baie versigtig waar hy moontlik vertoornd kan word. So `n instink sal `n groot seën wees vir baie mense op die aarde, veral hulle wat ambisieuse twissoekers is en wat gedurig veglustig is, wat hulle uiterste doen om situasies te vind waar hulle kan twis. Hierdie inligting is genoeg. Ons sal nou kyk na die nut van hierdie dier. 13. Die Ihur kan met reg beskou word as die bewerker van wildernis gebiede. Binne `n baie kort tydjie woel hy groot areas grond om met sy buitengewone sterk kloue en hy doen dit so goed dat selfs die Saturniete met hulle goeie gereedskap, dit nie sal kan ewenaar nie. Wat doen hierdie dier wanneer hy die grond losgewoel het? Hy soek na die vrugbare gebiede en snuffel allerhande eetbare wortelgroente uit en plaas hulle in die losge¬maakte vore. Die idee is natuurlik nie om ’n land te bewerk nie, maar eerder om `n voorraad voedsel bymekaar te maak. Maar dit gebeur ook dat sommige van hierdie wortels wat in vore geplaas is, nie deur die beer geëet word nie en hulle begin dan uitspruit en groei. Op hierdie wyse word `n stuk veld wat wild en onvrugbaar was, weer vrugbaar en selfs meer so wanneer hierdie dier sy stoor oorvloedig opgevul het, want onder daardie omstandighede sal hy die plek nie verlaat voordat sy voorraad feitlik opgebruik is nie. 14. Omdat hy kruis en dwars oor hierdie area loop en solank as wat hy iets vind om te eet, versprei hy sy ontlasting oral en sodoende bevrug hy hierdie areas onbewustelik vir jare. 15. Wanneer mense in hulle gereelde reise in hierdie groot lande sulke plekke vind, weet hulle dat hulle in die omgewing van so `n dier is. Hulle wag vir uitgerekte tye om uit te vind of hierdie dier nog verder gebruik wil maak van so ’n land. Indien dit nie die geval is nie, is dit vir hulle `n bewys dat die Ihur die plek verlaat het; en dan sal hulle hierdie land in besit neem. 16. Dit gebeur af en toe dat die beer terugkeer vir sy wortels, dan doen die inwoners óf niks en laat die beer toe om weereens sy slote te grawe en daardeur vernietig hy die oes wat hulle ingesit het, óf hulle moet die onwelkome gas met mag aanval, waar so `n konfrontasie se uitslag altyd twyfelagtig is. Die dier sal altyd veg vir sy voorreg en sal nie maklik padgee nie. Wat die mense aanbetref, is dit ook nie vir hulle maklik om ook so `n nuwe vrug¬bare stuk grond te verlaat nie. 17. Sou so `n dier oorwin of uitgedryf word, hoef die inwoners nie meer `n vrees vir enige verdere steurnis te hê oor sy terugkeer nie. Selfs indien hulle nie in staat was om hierdie dier te dood nie, jag hulle die dier tot op die punt waar hy kennis neem dat hy gejag word. En omdat hierdie dier, wanneer hy in `n rustige staat verkeer, sy eie woede vrees, sal hy nie na die plek terugkeer waar hy uitgetart is nie. 18. Dit is al wat noemenswaardig is rakende hierdie dier. Ons sal nou voortgaan met `n ander dier wat hierdie planeet bewoon.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205