Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 30 Die mak diere van Saturnus Die voordeligste dier, die koei, Buka 1 Die eerste dier wat ons sal bekyk is die groot mak koei, wat die Saturniete Buka noem. Julle sal dink, maar waarom moet ons begin met die koei en nie met die bul nie? Ons handel nie nou met die soölogiese beskrywing van die diereryk nie waar, in ooreenstemming met die geleerde orde van die sogenaamde soöloë, die manlike te alle tye die vroulike voorafgaan nie. Instede daarvan handel ons met die diere van hierdie planeet op grond van hul nut en op grond van hulle merkwaardigheid. Omdat die koei baie nuttig is en baie meer merkwaardig, sal ons haar eerste behandel in haar korrekte orde; dit beteken dat ons die koei sal behandel voor die bul. 2 Watter soort dier is die Buka? Hoe lyk sy? Hoe groot is sy en waar is haar tuiste? 3 Die Buka of Saturniniese koei is `n reuse-dier wat betref haar grootte; maar ten spyte daarvan is sy uitermatig mak. In vergelyking met haar reuse-grootte eet sy maar baie min voer, maar drink daarenteen baie meer water. 4 Met haar oorvloedige voorraad melk wat `n effens gelerige kleur het en wat uiters goed smaak, is hierdie dier die voordeligste onder al die skeppings van hierdie planeet. Haar melk is die hoofbron van voeding vir die Saturniete. Nou sal julle waarskynlik wil weet hoeveel melk hierdie koei produseer op `n Saturnus dag*. Aangesien die Saturnus dag nie baie verskillend is van ’n aardse dag nie, moet dit nie as so `n groot verassing na julle toe kom as Ek sê dat hierdie koei se gereelde melkproduksie dikwels soveel as 1,000 emmers** per dag is!. *Die daaglikse rotasie op Saturnus is 10 uur en 14 minute **Een emmer = 56.6 liter – 1,000 emmers = 56,600 liters 5 (NB! Op aarde sal so `n koei natuurlik baie welkom wees vir sommige van jul industriële magnate, op voorwaarde dat sy nie veel meer sal eet as die gewone koei op aarde nie, terwyl sy water mag drink soveel as wat sy wil of soveel as wat sy nodig het. Maar aangesien sulke ekonomiese mense te veel sal verkwis indien hulle so `n koei sou besit, sal hierdie dier op Saturnus bly – ongeag die feit dat dit glad nie heeltemal onmoontlik sal wees om so `n Saturnus koei op aarde te skep nie!) 6 Hoe lyk hierdie koei? Die vorm van die koei kom skerp ooreen met die aardse koei wat julle die oeros* noem. Alhoewel sy grootte nie vergelykbaar is nie, is die Saturnus koei so groot dat `n gewone koei op aarde nie groter sal wees as `n vlieg op die rug van `n aardse koei nie. Na die Mud is die manlike of die bul, byna die grootste dier op Saturnus. Die koei is egter heelwat kleiner as die bul. As so `n koei hier op aarde was en julle sou op haar rug kon staan, sou julle `n baie beter uitsig gehad het as wanneer julle op die spits van die Plabutschberg** sou staan, alhoewel die grootte van die koeie op Saturnus aansienlik varieer. *Die oeros of Ur, Urus (Bos primigenius) is nou uitgesterf. **`n Berg naby die Oostenrykse stad Graz, in die provinsie van Styria. 7 Die grootste spesie van hierdie beeste kan merendeels gevind word op die kontinent wat ons ken as Herrifa, wat heel in die begin genoem was, toe ons begin het met die onthulling van Saturnus. In hierdie land bereik so `n koei `n hoogte van 2,400 voet en is twee keer hierdie lengte vanaf die kop tot by die stert. Haar liggaam word ondersteun deur vier verhoudingsgewys sterk pote, wat, as hulle vergelyk word met die res van die liggaam, baie korter is as die pote van `n koei op aarde. `n Buitengewone groot uier met agt proporsionele lang spene is gesetel reg tussen die twee agterpote. Wanneer die koei regop staan, is die spene steeds 240 voet bokant die grond. 8 Hoe kan jy so `n koei melk? Jy melk nie `n Buka soos `n aardse koei nie, want hierdie koeie gee self melk. Op grond van hul organisme, word die gee of die weerhouding van haar melk beheer deur die instinktiewe wil van hierdie dier. Hoe merk die Saturniete op dat hierdie koei melk wil gee? Hulle bemerk dit deur die opgeblaasde volheid van uier en wanneer die dier begin stil raak, wat gewoonlik gebeur wanneer sy `n groot hoeveelheid water gedrink het. 9 Wanneer die koei rustig is, haas die Saturniete hulle en plaas groot houers met wye openinge onder die spene. Hierdie houers is van die pampoene wat ons in `n vorige hoofstuk bespreek het. Die melk word versigtig in hierdie houers opgevang, wat die koei vrywillig gee. Wanneer die Buka haar melk klaar gestort het, laat sy dit weet met `n diep gerommel. 10 Wanneer die melk vergaarders hierdie gerommel hoor, neem hulle onmiddellik hulle houers en verlaat hulle poste vanonder die koei, sodat wanneer die koei begin beweeg, niemand deur die skrikwekkende reuse en swaar pote van die dier, doodgetrap word nie, As die koei verskeie jare oud geword het, hoef jy nie meer daaroor bekommerd te wees nie, omdat `n ouer koei nie sal beweeg solank as wat daar `n mens onder haar pens is nie. Maar dit is nie van toepassing op die jonger koeie nie, want hulle is van nature baie lewendiger en daarom moet meer versigtigheid aan die dag gelê word. 11 Die Saturniete maak `n redelik groot hoeveelheid botter, vet en kaas van hierdie melk. Hulle verkies om hierdie soort voedsel te eet, by voorkeur botter en heuning gesmeer op `n stuk kaas. Op hierdie planeet kom die heuning nie van bye af nie, maar van `n blomspesie wat groot blomkelke met `n voortreflike geur het. Hierdie blomkelke is meer as halfpad gevul met heuning. 12 Nou weet ons hoe die Saturniete hulle melk geniet. Wat daarom oorbly om te beskryf is die kleur van die dier. Die liggaam is blougrys en die omgewing van die pens is heeltemal wit. Beginnende by die liggaam, word die pote geleidelik donkerblou. Dit is van toepassing op beide die voorste en die agterste pote. Die stert van hierdie dier is ook donkerder van kleur as die liggaam en is aan die punt versier met `n uiters sterk ruie vermiljoen haarklos. Die nek is meer slank as wat dit massief is in verhouding tot die liggaam. Beginnende by die kop tot by die voorste pote is daar aan elke kant `n lang, sterk, vermiljoen maanhaar wat dikwels `n lengte van 3,000 voet behaal. Die kop het geen horings nie en is klein in verhouding tot die res van die liggaam. Die bul het egter twee kort regop horings wat effe na agter gebuig is soos die van `n klipspringer. 13 Iets wat hierdie dier se kop beklemtoon, is die ore wat `n lengte het van 180 tot 240 voet en `n wydte wat `n derde van hierdie lengte is. Die ore is skitterend wit. Die voorhoof van hierdie dier is ’n ligblou grys. In die omgewing van die proporsionele groot oë, is hierdie kleur ietwat donkerder. Die snoet kom ooreen met die van `n aardse koei en dit is kaal en donkergrys. Alle ander dinge kom redelik goed ooreen met die aardse oeros. 14 Word hierdie dier op stal gehou? Dit is te groot om `n stal vir haar te bou, maar sy word in `n lewende tuin gehou. Op Saturnus is dit `n baie groot wei-area wat omhein is met die Muurboom. Die koei kan nie oor die heining spring nie, ten spyte van haar grootte, want haar pote is kort en sy kan nie haar pote hoër oplig as 30 voet vanaf die grond nie. Dit is met ander woorde die stal van hierdie koei. Natuurlik is so `n ingehokte weiland drie keer groter as Styria. 15 Hoeveel koeie het `n inwoner van Saturnus gewoonlik? Ek sê vir julle dat enigiemand wat tien koeie en twee bulle het, onder die rykes gereken word. 16 Dit is bykans alles wat wetenswaardig is aangaande hierdie dier. Ons sal dus nou aandag skenk aan `n ander bruikbare dier, die sogenaamde huislike bloubok.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205