Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 17 Meer inligting aangaande waterdiere, die grootste walvisagtige vis – Bisorhiohiohio `n Transformeerder van die geestelike astraal van waterdiere tot diere van die lug 1. Tot hier toe was daar baie inligting gegee aangaande hierdie planeet en haar planetêre struktuur, asook oor die gebied of land, plante en diere en waar daar `n breek in die opeenvolging was, terwyl ons die uitstaande slakspesies beskryf het. Ons sal nou op `n kort en verstaanbare manier voortgaan met die beskrywing. Ons sal nie te lank stilstaan by individuele spesies nie, maar in plaas daarvan sal ons slegs die belangrikste sake bespreek en `n algemene oorsig gee van die ander dinge. 2. Gevolglik sal ons in die verbygaan die diere beskryf wat oor die algemeen in die water lewe en onsself daarna wend tot die inwoners van die lug. Ons sal ook nie te lank by hulle stilstaan nie en dieselfde sal ook geld vir die landdiere, sodat ons gouer by die bespreking van die mense op hierdie hemelliggaam kan uitkom. Nou sal ons terugkeer na die waterdiere. 3. Julle is ’n begrip gegee van die groot watermassas en ontsaglike oseane wat op hierdie planeet is en julle weet ook dat die grootste en magtigste diere op aarde in die water leef. Julle sal dieselfde omstandighede op Saturnus vind. Natuurlik sal die spesies en klasse baie verskillend wees en toon hulle min of geen ooreenkoms met die op aarde nie. Ons sal slegs `n paar noem, eerstens daardie wat behoort aan die enorme groot familie van visse. 4. Die grootste van alle visse op Saturnus is die bisorhiohiohio. Hierdie vis is ongeveer op dieselfde vlak as die walvis op aarde; alhoewel, wat sy vorm aanbetref, is daar `n baie groot verskil. Hierdie vis het `n volkome ronde kop, 600 voet hoog. Daarom het hierdie kop `n voorkoms van `n bal met `n diameter van 600 voet en maak agterwaarts in die middel oop. Hierdie kop het nie tande of kieue nie; in beide die laer deel en boonste deel van hierdie immense ronde holte van die mond is daar twee volledige plat, ronde, harde skywe. By die heel agterste gedeelte of ingang na die wye keel, is daar `n lang, buigsame dubbele tong, wat hierdie vis gebruik om die voedsel, wat hy vergruis het met die twee skywe, na sy keel te werk. En natuurlik is die groot hoofliggaam gekoppel aan hierdie yslike groot kop. `n Volgroeide volwasse vis het `n liggaamslengte van ongeveer 18,000 voet en `n hoogte van 9,000 voet, gemeet van die buikarea na die rugvin. Hierdie vis is maklik tot 6,000 voet in diameter by die grootste omtrek. Tesame hiermee het hierdie vis `n stert van 6,000 voet in lengte wat hy gebruik vir draaiing en beweging. Op die rug van hierdie vis is daar buitengewone sterk vinne wat dikwels oor die 600 voet in diameter is. By die maag gedeelte is daar twee swemarms soortgelyk aan die van seeleeus en walrusse op aarde. 5. As julle `n prentjie in julle verbeelding het van hierdie bisorhiohiohio, sal dit duidelik word dat as hierdie vis iewers op ’n strand op aarde sou gelê het en as hy sy rugvinne moes uitsprei, dit sou kon meeding met sommige van die hoër berge op aarde. Selfs die Saturniete noem hierdie vis ’n swemmende berg, `n swemmende eiland, of `n swemmende land, sommiges noem hom selfs `n waterplaneet. 6. Die vraag word geopper: Vang die Saturniete hierdie vis? Die antwoord is nee, want elke persoon op Saturnus het `n buitengewone respek vir hierdie vis. Wanneer hierdie vis iets sien wat hom op die oppervlak van die water nader, maak hy sy groot ronde kop oop en swem met `n groot spoed na die voorwerp toe en vergruis dit met die groot krag en gewig van sy kop en verslind dit so gou dit sy keel bereik. Gelukkig is die habitat van hierdie vis meestal die poolstreke, wat as gevolg van die permanente sneeu en ys, baie minder bereikbaar is vir die Saturniete as die poolstreke op aarde. Dit is daarom baie raar dat so `n vis deur iemand op Saturnus gesien word. Maar as dit in die noordelike dele gesien word, wat die habitat van hierdie vis is, word dit as `n gevaarlike voorbode beskou. As gevolg daarvan vlug die mense so vêr as moontlik die binneland in, omdat hulle van mening is dat hierdie vis deur die bose geeste van die ys gestuur is vir hulle ondergang. Op die plek waar so `n vis gesien is, sal niemand vir `n lang tyd kom nie. Dit is ook waarom die noordelike gedeeltes van Saturnus baie yl bevolk is, indien enige. 7 Julle mag nou vra: Wat is dan die eintlike doel van hierdie vis? Hierdie vis is die laaste orgaan van aanvaarding van alles wat geestelik astraal is in die waterdiere en hy versprei hierdie geestelike astraal na al die soorte diere van die lug, want nie net alleen ontwikkel `n toekomstige lugdier in hierdie orgaan ooreenkomstig met die geestelike-substansiële deel nie, maar die totale toekomstige spesie van lugdiere van hierdie hemelliggaam vind hulle oorsprong daarin en sal sonder hierdie vis uitsterf. In hierdie opsig verteenwoordig hierdie vis `n klein planeet eerder as `n dier, wat ook `n standhoudende organisme is waardeur ontel¬bare geestelike spesies deurgaan en ontwikkel, die een verskillend van die ander. Dit is ook van toepassing op julle walvis op aarde; alhoewel wat die algemene effek aanbetref, is die walvis baie vêr agter hierdie bisorhiohiohio, omdat die walvis op aarde slegs geveerde dierspesies voorberei van die poolstreke, waar die Saturnus walvis die hele planeet voorsien van geveerde inwoners van die lug - met ander woorde, binne hierdie vis word die siele van die waterdiere oorgeplaas na al die verskillende soorte siele van die geveerde inwoners van die lug. Hierdie vis is daarom die grootste en terselfdertyd merkwaar¬digste van hierdie totale planeet. Buiten hierdie vis is daar ontelbare klasse van vis en amfibieë van allerhande soorte denkbaar, verskillend van mekaar in grootte, vorm en gebruike! Buiten hierdie groot vis is daar ongeveer nog `n honderd soorte wat, betreffende grootte, maklik opweeg teen julle walvis op aarde. Ten einde hulle almal te noem en in detail te beskryf, sal nie die doel dien waarom Ek hierdie planeet aan julle openbaar nie. As julle egter geestelik meer op julle hoede was, sal dit vir julle baie maklik wees om selfs na die kleinste detail te kyk, nie net op Saturnus nie, maar ook op ander planete, sonder enige verduideliking van My kant af. Met hierdie hoofstuk het ons aan die einde gekom aangaande inligting van die waterdiere van hierdie planeet en ons sal nou ons aandag vestig op die inwoners van die lug, wat heelwat meer interessant vir julle sal wees as al die ander soorte waterdiere waarvan julle tot nou toe geleer het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205