|
Saturnus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53. |
|
|
Hoofstuk 13
Die strande van die oseane.
Gevaar van stormvloede.
Die mane en die ringe as oorspronge van oorstromings.
Die laer spesies van oseaan diere.
Die reusagtige blou mossel.
1. Tot hier het ons bykans alles geleer aangaande die geaardheid van die land self, die welige plantegroei, die waters en hoe dit alles behoorlik gebruik kan word. Nou sal ons wegdraai van die koninkryk van die elementêre metaalagtige plantaardige- en water sfeer, wat die primêre basis vorm van die dierlike koninkryk, na die dierlike koninkryk self.
2. Voordat ons na die werklike diere gaan kyk, sal dit nodig wees om die oseaanstreke te gaan inspekteer, wat die grootste gebied is waar die grootste verskeidenheid van diere voorkom. Op aarde is die kusgebiede van die see die digsbevolkte gebiede, met `n paar uitsonderings, as gevolg van die toegang tot die water en omdat dit baie geriefliker is om besigheid te doen en `n vervoer sisteem op die oewers van die oseane en waterweë te hê, op voorwaarde dat hierdie streke nie op hoë rotse, riwwe, sand of modder geleë is nie. Maar aan die oewers van die oseane op Saturnus is dit heeltemal anders gestel. Op Saturnus leef geen mens nader as 40 geologiese myl vanaf die oewers nie. Die rede hiervoor is dat die laaglande nie bewoon is vir tot 40 myl binnelands nie, want niemand is veilig teen skielike vloede nie. Op aarde is die oseane onderhewig aan periodiese hoog- en laag gety; en dit is soveel te meer die geval op so `n groot planeet. Hierdie gety styg in dieselfde verhouding as in alle dinge op aarde en alles wat op haar is.
3. Die rede waarom die gety op Saturnus nie altyd tot dieselfde vlak styg nie, is as gevolg van die sewe mane van Saturnus wat almal `n aansienlike invloed uitoefen op die planeet self. Hierdie invloed gebeur wanneer al sewe mane aan dieselfde kant van die planeet is, as gevolg van hul verskillende omwentelingsnelhede in hulle wentelbane; daarom styg die water hoër as gewoonlik op daardie kant van die planeet. Maar in julle geval is daar net een maan wat om een planeet wentel en dit sal onverstandig wees om die hoog- en laag gety aan die maan toe te skryf, want die invloed van die aarde se maan is onbeduidend en die invloed van die maan dra nie eers 1 duim by wat die natuurlike opstyg van die vlak van die oseaanwater tot op 6 voet hoogte is nie. Op `n planeet soos Saturnus is die natuurlike opstyging van die oseaan egter `n bepalende faktor; tel hierby die feit dat een maan die vlak van die water met 1 duim laat opstyg en sewe mane met 7 duim. Hierdie duime moet in verhouding toegepas word, want alles op Saturnus is in verhouding tot die aarde. Julle sal gou tot die gevolgtrekking kom dat 7 duim, nadat alle ander gewone veroorsakende faktore afgetrek is, die water sal laat opstyg met 420 voet! Tel hierby die natuurlike opstyging van Saturnus se oseaan tot 360 voet gedurende gety en dit sal julle vertel hoe hoog die water van die oseaan rys op sekere tye in die omgewing van die strande.
4. As die Ring bokant die oseaan nie so `n voordelige effek gehad het op die water van die oseaan nie, sou die laaglande en sommige van die vlaktes in gevaar verkeer het om vir duisende myle oorspoel te word. Maar `n eienaardige verskynsel vind plaas gedurende die hoogwater gety deur die aantrekkingskrag van die Ring – die inkomende water gaan selde verby die 40 myl merk binnelands, omdat gedurende die getye vorm die water wesenlik berge van water onder die ringe. Dus trek die water saam om hierdie berge te vorm asof dit nie te vêr binnelands wil oortree nie!
5. Hierdie berge van water kom grootliks ooreen met die water geysers op aarde, maar met die verskil dat, as gevolg van die aantrekkingskrag van die Ring, die water baie dikwels ontsaglike hoogtes van 100 geografiese myl bereik. Daarom is navigasie gedurende hooggety feitlik onmoontlik. Want wanneer `n skip gegryp word deur so `n groeiende berg water, word dit opgelig met so `n onbeskryflike felheid en spoed, dat sodra die hoogste piek bereik is, dit neergewerp word met so `n krag dat jy nie kan praat van `n gelukkige en ongedeerde terugkeer nie. Dit gebeur tog, maar baie selde dat die water in sommige areas so hoog opstoot dat dit byna die Ring raak!
6. Desnieteenstaande is selfs die mees onbeduidende ophoping van die oseaan baie gevaarlik vir ’n skip en sy bemanning. Want wanneer hierdie opeenhopings gebeur, kolk die oseaanwater met `n onbeskryflike spoed. Indien enige skip binne die bereik van hierdie dansende berge van water kom, word die skip boontoe gepluk na die waterkruin in die beginstadia terwyl die kolking nog stadig is. Hierdie kolking neem toe soos wat die water hoër en hoër styg en dit is hoe dit gebeur dat `n skip wat meegesleur word, in so `n ongelooflike diepte geslinger word, of andersins vernietig word deur die krag van die kolkende water. Die deursnee van so `n berg water, mediumgrootte, is enigiets vanaf 20 tot 50 geografiese myl by sy basis, 10 tot 20 geografiese myl in die middel en 1 tot 2 geografiese myl aan die bokant. Die kolking van die water in die middel van so `n berg het so `n spoed, dat een omwenteling vier tot vyf minute neem, waar dit aan die bokant enigiets van een tot een-en-`n half minute neem. Nou kan jy vir jouself indink wat die dryfkrag van hierdie berg is. Indien `n skip op die oppervlak van die oseaan is en, net onder die skip, begin die piek van so `n berg water te vorm, sal die skip na afgryslike hoogtes gevoer word. Indien die skip egter in die kolkende stroom van die berg water beland, sal dit dan opgelig word tot `n vlak van `n spesifieke watergolf en sal so vêr na benede afgedruk word.
7. Hierdie verduideliking was absoluut nodig, voordat ons kan begin met die beskrywing van die diereryk, omdat ons geleer het dat, as gevolg van hierdie omstandighede, die strande en oewers van die Saturnus oseane nie leefbaar is nie. Wat egter getoon sal word in hierdie groot daad van die natuur, is die eerste generasie (abiogenesis – spontane generasie) van die diereryk, omdat hierdeur `n fenomenale paringsdaad plaasvind, waardeur die atomiese eterdiertjies toegang kry tot die water waar hulle vermenigvuldig van klas tot klas, totdat hulle `n vlak bereik wat julle op aarde die amfibieë koninkryk noem. Op hierdie hemelliggaam vorm hierdie klas dier `n ordelike oorgang van waterdier tot landdier. Daarom is die strandgebied die eerste vlak, as gevolg van die behoorlike opeenvolging van stadia’s, betreffende die voortdurende ontwikkeling waarop die waterdiere kan oorgaan vanaf die water na die land. Indien ons die diereryk op Saturnus wil ondersoek, moet ons daarom in die orde begin waar dit eintlik sy oorsprong het.
8. Daarom is die water van die oseane die eerste habitat van die diere. Watter soort dier sal ons eerste op hierdie hemelliggaam ontdek, naamlik in die oseaan waters? Selfs daar is die orde dieselfde as op aarde.
9. Die eerste klas van diere bestaan uit ontelbare hoeveelhede klein wit wurmpies, wat so klein is dat miljoene genoeg spasie sal hê in `n normale druppel water. Die tweede klas is `n groter klas wurm wat alreeds toegerus is met twee arms. Selfs hulle is ook nie sigbaar vir die goeie oog van die Saturniete nie. Hierdie oerdiertjies van die tweede vlak verorber elke sekonde baie duisende van die eersteklasspesies en daardeur neem hulle hul lewe in hul eie lewens in. Die derde klas is `n tipe langwerpige grys wurm omtrent die grootte van `n nematode, naamlik die “anguillula aceti”. Hierdie diereklas is baie gulsig en voed hulleself op die twee laer klasse en inkorporeer sodoende hulle lewe in hulleself. Die vierde klas is `n wurmspesie met twee koppe en het alreeds `n lengte van 2.14 tot 2.25 mm. By die middel is hulle `n bietjie dikker, sodat hulle vorm soortgelyk is aan `n halfmaan. Hierdie diertjie vreet slegs hul voorgangers. Die volgende klas verskil alreeds van die voriges in geslag. In die voorafgaande klasse was daar geen verskil in geslag nie. Hierdie dier egter, as gevolg van sy twee koppe, is sodanig gestruktureer dat hy beide die manlike en die vroulike beginsel in homself verenig, wat aangedui word deur die twee koppe. Die volgende, of vyfde klas, bestaan alreeds uit `n soort vier-arm, rooierige skildvlerkige diertjie (’n coleopteran). Hierdie diertjie het `n sigbare lengte van 4.28 tot 4.50 mm en ’n liggaamswydte van ongeveer 1.07 tot 2.12 mm. Dit is `n gulsigaard, want hy vreet al die voorafgaande klasse in ongelooflike hoeveelhede op en inkorporeer sodoende hulle lewens is sy eie liggaam. Dit is hoe, in die geval van `n duisend sulke vlakke van sulke lewendige wesens, die een altyd die ander binnegaan, totdat hulle aanvaar word deur die klas van die skaaldier.
10. Die klas van die skaaldier is net so volop en wat eerste verskyn is die mossel en dan die slak.
11. Onder die skulpvisse, is daar een wat genoem moet word en dit is die reuse bloumossel, wat baie dikwels `n grootte bereik, dat, indien julle dit iewers op aarde in die oseaan sou sien, julle sou dink dat dit `n eiland was wat `n area van 1 tot 1½ vierkante geografiese myl sou beslaan. Hierdie mossel verteenwoordig die finale vlak wat mossels aanbetref. Sy dood word veroorsaak deur klein slakke. Dié reuse mossel is hulle bron van voedsel en hulle eet hulleself van al die kante af daarin. Wanneer die mossel op hierdie manier verorber is, word die skulp, óf op `n kleiner eiland gegooi, óf op die strande van die vasteland deur hoog- en laagwater, waar die inwoners hierdie waardevolle skulpe bymekaarmaak. Hierdie mossels word op `n manier in die grond vasgemaak, dat verskeie reënbome tussen twee mossel-doppe geplant kan word en in hierdie groot mosseldamme word die reënboom se water op die mees ekonomiese wyse opgevang.
12. Die buitekant van hierdie reuse mossel is nie juis mooi nie, want sy kleur is donkergroen, maar die binnekant is egter baie mooier. Dit is lyk soos helder, skitterende goud, bedek met `n pragtige hemelblou. As julle daarom na hierdie mossel waterbak sal kyk, is dit asemrowend mooi wanneer dit gevul is met water van die reënbome. Die mense van Saturnus hou daarvan om in hierdie water te bad, omdat die water die grootste suiwerheid het, want dit is deurtrek met eteriese geure. Die reuk is soortgelyk aan nardusolie op aarde, wat dan ook onder die geurigste op aarde gereken word.
13. Julle sal waarskynlik vra: Hoe vervoer die Saturniete so `n reuse mossel? Dit word op `n baie eenvoudige manier gedoen. Die mosselskulp is nie so swaar as wat julle sou dink nie, want aan die onderkant van die Ring is voorwerpe nie so swaar as op enige ander area van Saturnus nie, hetsy in die noordelike of in die suidelike halfrond. Wanneer die inwoners van Saturnus so `n mossel vind, maak hulle dit oop deur gebruik te maak van wîe en hefbome. Hulle maak die skulp versigtig skoon, maak dit weer toe en gom die openinge reg rondom met `n spesiale tipe water-pasta. Dan wag hulle met hulle skepe vir `n ligte gety wat dan die mossel optel, wat hulle met `n sterk tou aan hulle skip vasgemaak het en hulle begin hulle tog na die binneland op een van die riviere met `n spoed waarvan julle geen konsep het nie. Onder hierdie omstandighede gebruik die Saturniet sy magtige wilskrag tot die uiterste. Daarom moet julle nie verbaas wees dat die Saturniete voorwerpe van plek tot plek vervoer wat julle nie durf vervoer as gevolg van hul grootte en gewig nie. Dit sal uitgewys word op `n duideliker manier wanneer geleenthede opduik!
14. In die volgende hoofstukke sal ons die diereryk van naderby ondersoek, maar vir vandag sê Ek, Amen!
|
|
|
|
|