Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 49 Saturnus se Ring het `n planetêre karakter. Asrotasie en die doel daarvan. 1. Rakende die vorm, grootte en verdeling van Saturnus se Ring, - alles was wel reg in die begin genoem. Wat oorbly om te bespreek, is die nut en die aard van die Ring. 2. Die Ring vorm `n heeltemal aparte, kompakte en soliede hemelliggaam en wat die oppervlakarea aanbetref, oortref dit die oppervlakarea van die planeet met vele kere. En omdat hierdie area groter is, so is die fisiese volume baie kere groter as die van die planeet self. 3. Is die Ring heeltemal glad of is dit bergagtig? Is daar water op die Ring en is die Ring omring deur atmosferiese lug? 4. Die Ring het al die komponente van `n planeet. Dit het berge wat ongelooflik hoog is, dit het groot mere en riviere en is oral omring deur atmosferiese lug. Die water en lug is egter baie ligter en fyner as die op die werklike planeet. 5. Die Ring het ook `n rotasie van die as rondom die gewone sentrale punt met die planeet, maar hierdie rotasie, wat die snelheid aanbetref, verskil van die van die planeet. Dit moet as volg verstaan word: Terwyl die planeet byna twee keer om sy as gedraai het, het die binneste Ring, wat eintlik uit twee ringe bestaan wat met mekaar verbind is deur baie elliptiese sfere, dan skaars een rotasie om sy as gemaak. Die middelring roteer selfs nog stadiger. Die buitenste en grootste Ring vereis byna sewe Saturnus dae vir een rotasie. 6. Julle mag vra: Hoekom roteer hierdie ringe met verskillende snelhede? Hoekom roteer hulle nie met dieselfde snelheid en waarom nie teen dieselfde snelheid as die planeet nie? Hier moet julle die diameter van elke Ring in gedagte hou en dat die een groter is as die ander. Indien julle dit weet, moet dit tog vir julle duidelik wees dat hulle teen verskillende snelhede moet roteer. 7. As voorbeeld, indien die binneste Ring met sy veel groter diameter moes roteer teen dieselfde snelheid as die planeet self, dan, op grond van die sentrale punt en die sentrifugale krag, sal hierdie spoed vanselfsprekend die Ring uitmekaar skeur. Indien die tweede Ring in sy beweging moes roteer teen dieselfde spoed as die eerste Ring, of selfs die van die planeet self, dan sal die tweede dieselfde lot deel en dit kan selfs nog meer so toegepas word op die groter buitenste Ring. Die beweging is presies so bereken dat geen deel van die Ring op die planeet sal val nie en dit word beheer deur die sentrifugale krag. Die bewe¬ging van elke Ring is daarom onder behoorlike beheer, sodat geen deel van `n Ring uitwaarts kan wegskiet nie. Dit word verkry deur `n behoorlike beheerde beweging waarby die sentrifugale krag konstant bly in die regte verhouding tot die Ring se spesifieke gravitasiekrag. 8. Dit is die goed beheerde kontrole van die aard van die Ring wat op die laagste krag staan. Nou sal die tweede vraag beantwoord word. 9. Watter doel dien die Ring, wat die planeet aanbetref? Is die Ring regtig, soos sommige wetenskaplikes konstateer, slegs `n gril van die Skepper, of, selfs `n slegter scenario, slegs die natuur se grandiose idee? `n Ander een van hierdie verklarings is dat die Skepper, toe hy hierdie planeet geskep het, ernstig uit idees geraak het. Dit is waarom Hy iets wat `n wonderlike begin gehad het, net so onvoltooid laat staan het en die voltooiing van die totale planeet uitgestel na `n later datum. 10. Indien een of die ander scenario soos hierbo die geval is, sal die volgende verduidelikings dit toon. In die laaste hoofstuk het julle geleer oor die karakter van die primêre geeste van hierdie planeet. As die Ring nie `n permanente skaduwee veroorsaak het wat die hitte afwisselend getemper het nie, met tye meer noordelik en met ander tye meer suidelik, `n andersins warm tropiese sone noodsaakliker gewys sou ontwikkel en dan sou die totale sonnestelsel die mag, krag en geweld van die primêre geeste van hierdie planeet ervaar het en sou hierdie krag uiteindelik selfs uitgebrei het na `n heelalsfeer. 11. Deur hierdie Ring word `n ewigdurende gematigde sone of klimaat gevestig in die bewoonbare gebiede van hierdie planeet. Die gevolg hiervan is dat die primêre geeste van hierdie planeet nie meer ontbrand nie en daarom het hulle nie meer die vermoë om die hemelliggame in die ruimte te vernietig nie. 12. Dat dit die geval is, kan julle aflei van die feit dat die inwoners van Saturnus hulleself te alle tye in `n toestand van die grootste respek en in die mees bewustelike onderdanigheid teenoor die Groot Gees moet hou. Dit is waarom daar nie te veel onderrig word oor liefde nie, net soveel sodat hulle liefde kan herken, maar word gelei om die grootste ontsag vir liefde te hê. 13. Om hierdie rede is liefde tussen man en vrou en die verwekking van kinders op so `n manier gestruktureer sodat die emosies van `n mens nooit te veel opgewek word nie. Elke ding word gelei en besleg met die grootste moontlike deemoed, wat julle in staat was om voldoende waar te neem toe ’n beskrywing van die Saturniete gegee was.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205