Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 5 Die Mengelmoesboom (hocthpotch) Die Vuurboom en Oliebos Die fisiese vorm van die menslike wesens op Saturnus Hulle vaste eiendom en makgemaakte diere 1. Boom nommer nege in die reeks bome wat op Saturnus groei, is die Ahaharke. Die naam van hierdie boom is moeilik om te vertaal in enige gesproke taal op aarde, want op die hele aarde sal julle nie maklik iets vind waarvoor julle `n aanvaarbare verge¬lyking of naam vir dié boom sal kan aflei nie. Die enigste oplossing is om hierdie boom die Mengelmoesboom te noem, (the hotchpotch tree). 2. Die hoogte van hierdie boom is ongeveer 96 voet; sy basiese stam het ook ’n omtrek van 96 voet. Vanuit sy stam groei daar `n groot hoeveelheid takke in alle rigtings, waarvan die langstes `n lengte van 60 voet behaal. Vanaf die punt waar hierdie takke begin om uit te sit of uit te sprei, is daar boomstamme wat regop uitrys in `n geordende orde. Hierdie stamme bereik maklik `n hoogte van 72 tot 90 voet. Aan die eindpunte van hierdie stamme groei takke en uitloopsels ook in alle rigtings, ook op `n geor¬dende wyse. Op elkeen van hierdie takke en uitloopsels groei daar weer drie stamme uit tot op `n hoogte van 60 voet, waaruit weereens groot getalle takke en uitloopsels groei in die geordende verhoudings. Bokant hierdie derde kroon van die boom, is daar weer takke wat regop in die lug opgroei, met kleiner takke en uitloopsels in verhouding tot by die hoogste top. Wanneer hierdie boom volgroeid is, het dit sewe tot tien sulke graderings of stadia’s en binne die orde van een stam, waar drie ander stamme opspring. In sy laaste stadia’s verteenwoordig so `n boom `n werklike woud. 3. Nou weet julle waarom hierdie boom die Mengelmoesboom genoem word. Die rede vir hierdie naam kan sonder enige probleme gegee word. Om dit te verstaan, is `n egter ander saak, omdat die boom op elke stadia `n ander tipe vrug produseer en as resultaat, verskillende blare en blomme. Die mees opmerklike en eienaardige van hierdie boom is en terselfdertyd ook die ongelooflikste, naamlik dat die boom slegs elke tien jaar dieselfde tipe vrugte produseer. Want van die een jaar na die volgende verander die boom sy vrugte en niemand sal weet wat se tipe vrugte hy die volgende jaar gaan produseer nie. En met die verandering van vrugte, verander die blare en bloeisels ook. Wanneer daar verskeie van hierdie bome in dieselfde gebied is, sal daar nie één vrug wees wat dieselfde is as die vrug van die ander boom nie. Sodat die Saturniete te alle tye al die vrugte van hierdie boom kan geniet, plant hulle tien van hierdie bome, een elke jaar. En wie ookal tien van hierdie bome op sy eiendom het, het al die produkte wat hierdie boom kan produseer, omdat elke boom verskillende vrugte dra en sy vrugte elke jaar verander tot by die tiende jaar en dan begin hy weer met die vrugte van tien jaar gelede. 4. Siende dat elke boom egter van jaar tot jaar verskil, kan dit ook gebeur dat die eerste boom `n totaal nuwe vrug produseer in die tweede jaar, maar die boom wat net daarna geplant was, mag dieselfde vrugte produseer wat die eerste boom in sy eerste jaar geproduseer het. En wanneer die eerste boom in die derde jaar weer `n nuwe vrug produseer, dan kan die tweede boom in die derde jaar produseer wat die eerste in sy tweede jaar geprodu¬seer het. Die derde boom produseer dieselfde vrugte wat die eerste boom in die eerste jaar geproduseer het en die tweede boom in die tweede jaar. En so gaan hierdie orde voort. As enige van hierdie bome begin verlep, dan word tien ander diagonaal teenoor die ou boom geplant, sodat al die vrugte beskikbaar is jaar na jaar, sodat geen van hierdie vrugte gemis sal word nie. Verder is die vrugte van hierdie boom van so `n aard dat die swaarste vrugte natuurlik gevind word op die laer vlakke van die boom en soos wat dit hoër gaan, word die vrugte dan ook kleiner en ligter soos wat dit die top van die boom bereik. 5. Die geaardheid van elke vrug en hoe dit gebruik word deur die mense van Saturnus, kan nie in sy volle besonderheid beskryf word nie, omdat dit honderde bladsye sal benodig, indien dit behoorlik gedoen word. Maar in die algemeen kan gesê word dat hierdie boom, in sy edelmoedigste toestand, verteenwoordigend is van al die boomvrugte wat in julle matige klimaat op aarde groei, wat in sy kern een of meer goed ontwikkelde sade bevat. As voorbeeld, die laagste vlak sal een jaar net appels produseer, die tweede jaar slegs pere, die derde jaar slegs pruime, die vierde jaar slegs perskes, die vyfde jaar slegs appelkose en so aan. Die hoër vlakke van die boom sal dieselfde vrugte produseer, maar op baie hoër ontwikkelde of veredelde staat en sal ook `n heeltemal verskillende vorm en ’n smaak hê wat by verre meer verfynd en beter is. Alhoewel die vrugte van die hoogste vlak in werklikheid heeltemal eteries van aard is, wat betref die vorm en die smaak, het dit geen ooreenkoms met vrugte van die laer vlakke nie, want hulle is so verskillend in aardse terme soos wat `n ryp druiwekorrel is vergeleke met `n groen appel. 6. En dit is die vordering betreffende die vrugte van hierdie boom. En indien julle bietjie hard sal werk aan julle verbeelding, is dit hoogs waarskynlik dat julle die gapings sal kan vul waaraan ons net geraak het, as gevolg aan die tekort aan tyd oor dit wat ons nie in detail kon behandel nie. Daarom sal ons hierdie beskrywing afsluit deur te sê dat hierdie vrugte deur die Saturniete geëet word, maar slegs die vrugte van die hoër vlakke, terwyl die vrugte van die laer vlakke gebruik word as voedsel vir hulle huishou¬delike diere. Dit is natuurlik verstaanbaar dat die vrugte op Saturnus minstens tien keer groter is as dieselfde vrugte op aarde. Die bas van die boom stem ooreen met die bas van julle appelbome en is ook `n bietjie grof. Maar die bas van hierdie boom is nie so grys soos op aarde nie, maar is donkerrooi en word ligter met elke vlak wat ’n mens opwaarts beweeg. 7. En nou sal ons aandag gee aan die laaste boom in hierdie reeks, wat die eienaardigste in die hele land is. 8. Op Saturnus word die boom genoem Fehura, wat in julle taal Vuurboom beteken. Hierdie boom het `n ooreenkoms met wat julle op aarde noem aragoniet (aragonite = Calcium Carbonate Mineral, CaCO³ - vert.). En wat sy groei aanbetref; is hierdie boom byna volkome mineraal. Die ronde stam het `n ooreenkoms met `n wit marmer kolom met `n omtrek van 36 voet en `n hoogte van 90 tot 120 voet. Dit het dieselfde omtrek by die onderkant as bo. By die toppunt verdeel die stam, net soos `n klein koraalboom, in baie verskillende takke en uitloopsels wat almal eindig in klein buisies. Die takkies buig en draai net soos die bogenoemde aragoniet. Hierdie boom het geen blare of vrugte nie. Sy doel is streng net vir vuurmaak, wat gewoonlik gebeur wanneer `n deel van die land in die skadu van die Ring is. Op Saturnus word tyd nie bereken deur seisoene soos somer en winter op aarde nie, maar deur die tyd van die skaduwee en die tyd van die lig. Hierdie boom vervang die gebrek aan sonlig in die tyd van die skaduwee deur sy wit lig. Die wortels van hierdie boom is inderwaarheid klein pypies wat die kapasiteit het om die suiwerste natuurlike gas aan te trek. Hierdie gas word deur die pypies gepers tot in die heel buitenste takkies, waar die gas dan in aanraking kom met die atmosferiese lug (wat ten tye van die skaduwee `n groot hoeveelheid suurstof bevat), ontsteek dit en brand totdat die lig van die son weer begin skyn. Die sonlig verbrei die atmosferiese lug en verslaan die suurstof, waardeur die Vuurboom stadigaan geblus word en die boom tot rus kom en hy sal nie groei alvorens die tyd van die skaduwee weer aangebreek het nie. Op Saturnus strek die tyd van die skaduwee oor `n periode van `n halfjaar, soos die winterseisoen op planeet aarde, soos bereken deur die temperatuur. 9. Hierdie boom begin te gloei sonder sade, soos sampioene op aarde, maar nie waar die grond arm is nie; instede daarvan groei dit waar die grond nafta bevat (Naphtha = term applied to several volatile flammable liquids obtained by distillation of various organic materials and used as a solvent for vats, gums and resins etc. Transl.) en dit is waar julle gewoonlik die Vuurboom sal vind. Die Saturniete plant ook hierdie boom deur `n tak af te sny gedurende die tyd van die skaduwee en plant dit dan in naftaryke grond. Die tak sal aanhou brand en daardeur sal dit groei, ook sal wortels groei in die grond en vertak na buite bokant die grond. 10. Die vuur van hierdie boom is eintlik nie `n brandende vuur nie; eerder verwarm dit, of andersins versprei dit, `n warm substans oor `n sekere afstand deur die effek van baie intensiewe wit strale. Dit is die manier waarby hierdie planeet versorg word, gedurende die tydperk van die skaduwee en is daarom nie baie kouer as wat dit eintlik gedurende sonlig is nie. Elke gesin plant sulke bome in groot hoeveelhede rondom hul woonplekke en eiendomme, sodat hulle nie sal tekortskiet aan hitte en lig gedurende die tyd van die skaduwee nie. 11. Laat julle verbeelding toe om te wandel wanneer dit kom by die effekte van hierdie boom en julle sal verseker vind dat, behalwe vir sy prag en grootsheid, het die lig `n baie groter effek as al julle gaslampe,* indien julle dit op een plek bymekaar sal bring in een ligtoring. Inderdaad, as julle slegs een Vuurboom op ’n nabygeleë koppie sal plant, sal dit nie net hele stede verlig soos tien volmane nie, maar die hele land sal sy lig kan geniet. Dink julle nou self in oor duisende van hierdie bome regdeur een land en hoe hulle lig hierdie land sal beïnvloed. As julle rooi, sleggeaarde vuurlig julle versterk in die donker nag, hoeveel te meer sal so `n sagte wit lig julle almal versterk nie! Hierdie bome is egter nie bedoel vir die aarde nie, alhoewel daar in die Ooste, naamlik in sommige dele van die Kaukasus, soortgelyke gevalle is waar niks anders verlang word as om `n biesiepol of `n baie poreuse stuk hout in die grond te steek en dit aan die brand te steek nie. Dit sal soos `n fakkel brand sonder om die hout of die biesies te brand, maar daar is net een verskil, - naamlik dat hierdie vlamme rooierig en ongelooflik warm is. *Die periode waarna hier verwys word, was in die 1840’s van twee eeue tevore. 12. Dit voltooi die boomkwekery vir hierdie land en ons kan nou oorsigtelik aandag skenk aan die struike. 13. Alle struike wat op Saturnus groei, het die eienaardigheid dat hulle nie so laag is soos op aarde nie; maar in plaas daarvan verteenwoordig hulle `n kleiner, maar sovêr dit die spesie betref, `n heeltemal ander tipe boomspesie. Ten spyte hiervan groei selfs die kleinste struik op Saturnus hoër en is meer imposant as die indrukwekkendste bome op aarde. In die land wat hier beskryf word, is daar meer as 12,000 struike wat almal van mekaar verskil. Elke struikspesie het sy eie besondere vrug, waarvan maar min gebruik gemaak word, behalwe deur die bewoners van die lug. Een van hierdie struike egter, wat die volopste is en wat versorg word deur die inwoners van Saturnus, is nie so onbelangrik nie, omdat dit volkome ooreenkom met julle olyfboom, behalwe met die verskil dat dit baie kere groter is. Die bessies van hierdie boom is so groot dat, wanneer hulle ryp is, een bessie `n hele liter van die suiwerste olie sal produseer. En wanneer een struik twintig- tot dertigduisend van hierdie bessies tot volwassenheid bring, sal dit vir julle `n idee gee wat se ryk olie opbrengs geoes kan word, veral as jy daaraan dink dat een familie dikwels baie duisende sulke olie struike, of eerder, oliebome op sy eiendom het. 14. Sekerlik is die familie eiendom nie so klein soos `n groot plaas op aarde nie, dit is met tye groter as `n hele land. Daarnaas is die menslike wesens wat Saturnus bevolk, uitsonderlik mooi wat hul fisiese bou aanbetref en hulle is ook baie langer as wat julle is. `n Vrou se hoogte is enigiets tussen 80 tot 90 voet en die hoogte van die man is enigiets vanaf 95 tot 135 voet. Baie van hulle mak diere is ook binne hierdie afmetings geskape. 15. Indien julle van nou af hierdie afmetings in ag sal neem, sal alles wat gesê word betreffende die vrugbare plantegroei, in die korrekte orde wees, en dit sal dan meer verstaanbaar wees. Vir vandag sê Ek: Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205