Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 32 Die Saturniniese huisbediende, - Fur `n Spesie van mak ape Aangaande die Saturniniese hond, perd, skaap en ander dierspesies 1. Wat hierdie dier, die Fur aanbetref, word sy naam afgelei van die doel waarmee hy die Saturniete dien, waar die voorafgaande dier sy naam as gevolg van sy kleur gekry het. 2. Wat doen hierdie dier? Hy verleen dieselfde dienste aan sy meester as `n getroue en ywerige huisbediende op aarde. Hierdie dier voer nagenoeg alle werk uit wat julle op aarde sal beskou as harde arbeid en dan ook met die grootste akkuraatheid. Hierdie dier ploeg die lande, dra water na die huis, maak hout bymekaar en dra dit huiswaarts vir die mense om te gebruik, maak die lande skoon en jaag skadelike diere weg en snags hou hy wag oor die gehele huishouding en verrig nog baie ander klein takies! 3. Daarom het die mense op Saturnus hom die naam Fur gegee wat in ooreenstemming is met sy nuttigheid; en die betekenis in julle taal is, “getroue huisbediende”. 4. Nou weet ons wat hierdie dier doen en wat sy naam is. Waarmee kom hierdie bruikbare makgemaakte dier ooreen? Dit is natuurlik `n heel ander vraag. Is daar op aarde `n soortgelyke dier wat met sy vorm ooreenkom? Die antwoord is ja, op aarde is daar soortgelyke diere en hulle bestaan in groot getalle in alle soorte variasies. Op aarde is hierdie diere slegs wild, waar op Saturnus die teenoorgerstelde die geval is. Daar is die meeste diere van hierdie spesie mak en hulle leer so maklik dat hulle binne `n kort rukkie afgerig kan word, om allerhande menslike arbeid te verrig en hulle kan dan so in diens gestel word. Wat is die naam van hierdie dier op aarde, wat op grond van sy natuurlike aanleg en fisiese struktuur ook werksaam gemaak kan word vir die meeste van die alledaagse werkies, as ’n mens net geweet het hoe om hulle mak te maak en te leer om verskillende soorte menslike take te verrig? Op aarde word hierdie diere ape genoem en by uitstek daardie een wat julle ken as die orangoetang. 5. Soos voorheen gesê, is hierdie diere die bruikbaarste lede van die diereryk op Saturnus, want hulle kan in diens geneem word vir allerhande soorte werk. Kos dit baie om so `n dier te onder¬hou? Nee, hulle kos glad nie veel nie. Hulle is die goedkoopste bediendes vir die Saturniete, want hulle vereis niks anders as dat hulle behoorlik behandel word en om so af en toe vrugte uit die hand van ’n mens te ontvang. Dit is al wat hierdie werkers vereis van hul meesters. 6. Slegs wanneer hulle misbruik of wreed behandel word, neem hulle gewoonlik wraak deur onbetroubaar te word en verlaat die huis vir ewig. As hulle onder dwang aangehou word, dan is die eienaar in vir `n groot geveg, waar die dier altyd die oorwinnaar is deurdat hy weghardloop. Wanneer die mense die Fur te nagekom het sodat die dier wil wegloop, dan beduie hulle aan die dier, deur vir hom vrugte aan te bied as `n offer dat hulle jammer is oor die fout en dat hulle graag wil opmaak. Dan keer die dier wat aanstoot geneem het gewoonlik om en word weereens die getroue bediende vir sy baas soos wat hy voorheen was. 7. Watter soort kos eet hierdie bruikbare dier. Sy gewone voedsel is allerhande soorte laaggroeiende vrugte aan bome en struike, wat selde deur die mens geëet word en glad nie deur die vernames nie. Hieruit kan julle aflei dat sulke bediendes hul meesters byna niks kos nie. En as julle nog die feit daarby tel dat hierdie vrugte baie volop is en nie geskik vir menslike gebruik is nie en dat Ek nog sorg vir die onvernielbare kleredrag van hierdie werkers, dan moet julle baie duidelik verstaan hoe uiters goedkoop hierdie arbeiders vir die Saturniete is. 8. Omdat ons nou heelwat gepraat het oor die nut van hierdie diere, sal ons nou oorgaan na hulle vorm. Ek het voorheen gesê dat hierdie dier baie ooreenkom met die aap op aarde. Op hierdie planeet is alles egter baie meer ontwikkeld en meer volmaak in ooreenstemming met sy vorm. Daarom is hierdie pligsgetroue huisbediendes baie meer ontwikkeld en vervolmaak as ’n orangoetang op aarde. 9. Wat die Saturniniese orangoetang aanbetref, is dit dig oortrek met hare, behalwe die handpalms en `n klein gedeelte van die gesig. Ook is die hande en voete as `n reël heelwat skraler en daarom minder vleiserig as die van `n Saturniniese mens. Die mense op Saturnus is almal baie goed gebou en volmaak, sonder hare op hulle liggaam, behalwe vir die kop en die geslagsdele. Die kleur van die vel van die Saturniet is deurgaans sneeuwit en op die vlaktes raak die kleur aan `n rooierige bruin, waar die kleur van die hare van hierdie dier ligblou of somtyds grys is. Die dele wat sonder hare is, is te alle tye bleekrooi. 10. Hoe groot is so `n dier? Dit is byna so hoog soos `n Saturniniese vrou, maar niemand het nog ooit een gesien wat die hoogte van `n Saturniniese man bereik het nie. 11. Wat is die hoof habitat van hierdie dier? Indien julle in aanmerking neem dat al die kontinente op Saturnus almal in een en dieselfde klimaatsone is, sal dit maklik wees om te verstaan wanneer Ek sê dat hierdie dier ’n habitat het op byna elke kontinent en hoofsaaklik met die bergbewoners. Dit is van toepassing op die hele planeet met baie min afwyking in sy vorm en kleur. 12. Hierdie aapspesie is nie die enigste een wat op hierdie planeet leef nie. Daar is ’n byna `n onmeetlike verskeidenheid van hierdie spesifieke dierspesie, maar almal is wild. Op sommige kontinente is hierdie diere so talryk, dat hulle in groot troppe optrek na die berge en wanneer hulle daar is, spaar hulle nie die edelvrugte wat bedoel is vir die bergbewoners nie. 13. Wanneer dit gebeur, lewer hierdie getroue huisbediendes `n diens van onskatbare waarde, want sodra hulle hierdie hordes enigsins naby die vrugtebome van die Saturniete bespeur, laat staan hulle onmiddellik alles en hardloop ontstoke na hierdie ongenooide parasiete. Bewaar die oortreders wat gevang word! Hulle sal nie ontsnap nie; maar word onmiddellik in stukke geruk. 14. Omdat al die kleiner spesies van hierdie diergroep instinktief weet dat die ontvangs deur hierdie groter lede van hulle spesie alles behalwe vriendelik is, gebeur hierdie konfrontasies selde, slegs wanneer hulle deur noodsaaklikheid daartoe gedryf word. So `n waagstuk word altyd in die nag onderneem en nooit gedurende die dag nie, - ook slegs wanneer die area onder die skadu van die Ring is. (wat vir die Saturniete dieselfde is as winter op aarde) 15. Nou weet ons alles wat noemenswaardig is aangaande hierdie dier en daarom sal ons `n ander mak dier beskryf wat deur die Saturniete van die vlaktes en valleie ’n groot aansien het. 16. Watse soort dier is dit? In baie opsigte kom hy ooreen met julle mak hond op aarde. Wat sy bruikbaarheid aanbetref, op grond van sy sterkte en ratsheid, word hy gebruik vir enigiets waarvoor julle perde gebruik, behalwe om op te ry, want die Saturniete ry nie op diere nie. `n Saturniet beskou dit benede sy menswaardigheid om die liggaam van `n onedele dier te bestyg met sy edele liggaam en niks kan hom vinniger by sy bestemming bring as sy eie twee voete nie. 17. Hierdie dier het ook baie variasies of spesies, wat op die verskillende kontinente uit verskillende spesies bestaan en met die uitsondering van `n paar kleiner spesies, word almal vir dieselfde doel gebruik. 18. Hierdie is die minder mooi diere op Saturnus en hulle kleur is dieselfde as die kleur van die ander diere op Saturnus, maar hulle is nie so skoon en so lewendig nie. Daarom is daar tussen die honde op aarde en die op Saturnus nagenoeg geen ander verskille behalwe grootte nie. Die grootstes van hierdie spesie op Saturnus is 500 keer groter as julle grootste hond op aarde. Maar wat dit die res van hierdie honde aanbetref, word hulle, behalwe vir die ander aktiwiteite wat mag voorkom, gebruik as waghonde. Hulle blaf nie, hulle klink meer soos `n donderagtige gegrom. Die gegrom is natuurlik baie harder wanneer dit kom by die groter spesies, waar dit nie so hard is by die kleiner spesies nie. 19. Dit is omtrent al wat noemenswaardig is oor hierdie dier. As julle die vraag sal vra: Is daar een dier op Saturnus wat ooreenkom met ons edele perd op aarde? My antwoord op daardie vraag sal wees ja, daar is `n soort perd op Saturnus, maar dit was nog nooit getem nie, want op Saturnus behoort hulle tot die wilde diere. 20. Is daar enige skape op Saturnus? Ja, daar is, maar hulle is ook nie mak nie, maar word beskou as wild. En hulle word dikwels gejag vir hulle pragtige sagte velle. 21. Daar is ’n hele paar van hierdie spesies op Saturnus in die vorm wat op aarde mak is, maar op Saturnus is hulle nie mak nie, maar lewe as wild in die natuur. 22. Die hele diereryk op Saturnus is aan julle op die kortste moontlike manier beskryf en indien julle die kragte van julle verbeelding net `n bietjie uitoefen, sal dit maklik wees as gevolg hiervan, om `n behoorlike verteenwoordigende prentjie op te tower van enige dier wat hier beskryf is en hoe hy in sy natuurlike staat bestaan op hierdie planeet. Die groot veelsoortigheid sal aan julle `n nuwe bewys lewer van hoe wonderlik en oorvloedig My oneindige werk is. En aangesien hierdie werke alreeds op een planeet bestaan in so `n veelsoortigheid en skoonheid, - hoeveel meer wonderlike en grootse werke moet `n son dan bevat op sy groot grondgebied en hoe baie onuitspreeklike, wonderlik en groots en veelsoortige werke moet `n geestelike wêreld dan nie bevat nie, wanneer `n materiële natuurlike wêreld, in vergelyking, skaars meer voorstel as die eksterne dooie bas van ’n boom. 23. Inligting soos hierdie en baie ander vergelykbare dinge sal Ek aan julle openbaar wanneer Ek die mense van hierdie planeet bespreek, maar vir vandag sal ons hierdie hoofstuk afsluit.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205