Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 42 Die diepste innerlike godsdiens van die Saturniete Die betekenis van die getal sewe Sabbatsviering Die doop of inseën van `n nuutgebore kind Die tempel maaltyd Die leerrede van die oudste ondersteun deur geestelike aanskouing Die wysheid van die Saturniete 1. Die godsdiens van die Saturniete het baie min eksterne sere¬monieuse vertoon en omstandighede, maar is inteendeel meer innerlik en geestelik. 2. Die seremoniële gedeelte, soos julle weet, bestaan uit `n goed geordende en lewende tempel, waarin gebede van danksegging en smeking vir die Groot Gees aangebied word aangaande allerbelangrike sake. 3. Die heilige getal vir die Saturniete is 7 en elke getal wat deur 7 gedeel kan word, soos 14, 21, 28 ens. is almal heilige getalle. Dit is waarom `n periode van sewe dae, met ander woorde, die sewende dag, gevier word as `n heilige dag 4. Die onderhouding van hierdie heilige dag vorm die tweede seremoniële deel. Op hierdie dag vind alle godsdienstige seremonies plaas wat betrekking het op hierdie dag. 5. Die eerste tipe van seremonie is alreeds bekend aan julle. Die seremonie van die heilige dag bestaan daarin dat al die lede van die familie voor sonsopkoms na die tempel moet gaan. Al die mans loop voor, terwyl die vroue agterna volg. In die tempel staan die mans aan die regterkant en die vroue staan aan die linkerkant. Wanneer hulle almal in die tempel vergader het, lei die oudste die gemeente in gebed totdat die son opkom en offer dankgebede tot die Groot Gees en dank Hom vir al die seëninge wat hulle ontvang het. Hierdie gebede word altyd met die diepste emosies vanuit hulle harte gebid. 6. Wanneer die son opkom, verlaat almal die tempel en geniet die uitsig van die komende dag en die baie mooi panorama van hierdie hemelliggaam. Wanneer die son baie hoog sit op die horison, keer hulle terug na die tempel en dank die Groot Gees vir die terugkeer van die dag. 7. En wanneer `n vrou geboorte gegee het, word die nuutge¬borene na die kant van die innerlike heiligdom gebring. Daar plaas die oudste sy hande op die kind en spreek die volgende woorde uit oor die nuutgebore kind: 8. “Jy het in hierdie wêreld gekom as `n swak gas, gebonde in al jou kragte in ooreenstemming met die Wil van die Groot Gees, Wie heilig is bo alle heiligheid en krag het bo alle mag, wat beheer het oor alle magte en wat uitermate getrou en standvastig is in elk van Sy woorde en in al Sy beloftes. Slegs Hy is die volmaakte Een en die hoogste Meester oor alle dinge wat hierdie aarde en die hele oneindige uitspansel vul. Daarom is dit Sy Wil, want Hy is heilig en heilig bo alle heiligheid. Dit is hoe jy sal moet leef op hierdie aarde tot aan die einde, volkome in ooreen¬stemming met die Wil van die Een deur Wie jy in hierdie wêreld gekom het en dan as `n man (of in die geval van `n dogtertjie, as `n getroue vrou) hierdie wêreld verlaat in die waaragtige waardigheid en heerlikheid van die mees volkome deugsaamheid! 9. Dit is waarom ek jou hier seën in die innerlike heiligdom in die Naam van die Groot Gees, Wie jou geskep en jou geseën het, jou ouers en ook vir my. Word groot in hierdie seëninge en verme¬nigvuldig hierdie seëninge binne-in jouself deur streng die uiters heilige en hoogste Wil te volg! Dit sal te alle tye gebeur, nou en tot in ewigheid! 10. “So klein as wat jy nou is, bly altyd net so klein voor die Groot Gees, voor ons, jou vaders en broeders en voor jou eie self! En dit moet te alle tye so wees in hierdie lewe en in die lewe in die hiernamaals! Amen.” 11. Nadat hierdie woorde deur die oudste gespreek is, blaas hy oor die kind, dan laat die oudste die ouers toe om die kind te seën en huis toe te neem. Op so `n heilige dag is die ouers nie verplig om na die tempel terug te keer nie. Instede kan hulle by die huis bly en hul kind versorg wat nou geseën is. Maar indien hulle dit verkies, kan hulle in die tempel bly. 12. Indien daar geen nuutgebore kind is nie, dan sal, in plaas van die kind se seëning, die mense onmiddellik begin met hul oggendmaal in die tempel. Die Saturniete neem hulle oggendete, sowel as hul middag- en aandete, vroeg in die oggend in die tempel in. Dit verg geen verdere verduideliking dat hulle dank¬gebede tot die Groot Gees bid voor en na maaltye nie. 13. Na die oggendmaaltyd, bestyg die oudste die kansel en spreek die redelike groot familiegemeenskap toe, wat in die berge selde meer as honderd tel. Dit is anders in die laaglande, waar so `n gemeenskap dikwels `n paar duisend kan beloop. 14. Waaroor spreek die oudste in die tempel? Hy het nooit ’n tekort aan onderwerpe nie. In hierdie geval, soos ook by alle ander geleenthede, staan `n gees te alle tye aan sy sy en deel hom mee wat om te sê. 15. Gewoonlik gaan hierdie lesings oor die wonderlike leiding van die Groot Gees, hoe Hy die menslike ras vanaf die dageraad van die geskiedenis op hierdie hemelliggaam geplaas het en hoe die Groot Gees hul gelei het tot by die teenswoordige tyd in ooreenstemming met Sy wysste en heiligste Wil. By hierdie ge¬leentheid vertel die oudste dikwels `n storie uit vanmelewe se tye. Met tye verduidelik die oudste die struktuur van hulle wêreld en somtyds die struktuur van die Ring of mane. By tye mag hy hulle vertel van die een of ander verskillende konstellasies en hy toon aan sy luisteraars die leiding van die Groot Gees op daardie hemelliggame en tydens hierdie geleenthede mag hy af en toe ook die aarde noem. 16. Maar sodra die oudste die aarde noem, val al die luisteraars onmiddellik op hul aangesigte – nie omdat hulle vol eerbied vir hierdie planeet is nie, maar omdat hulle hoor van die oneindige liefde van die Groot Gees en hoe die inwoners van die aarde Hom aanspreek en roep as Vader, wat vir die Saturniete iets onbeskryflik heilig is, sodat hulle altyd bewend van nederigheid en ootmoed neerval, veral as die oudste hulle herinner van die ondankbaarheid van die inwoners van hierdie planeet. 17. Tydens ander geleenthede gee hy hulle inligting aangaande die geestelike wêreld en lewe in die hemele. 18. Na elkeen van hierdie lesings, veral wanneer die onderwerp die struktuur van hulle wêreld, die Ring, die mane en ander planetêre konstellasies is, transpondeer die oudste sy luisteraars, somtyds baie en somtyds net `n paar, tot `n innerlike aanskouing waarin hulle alles self kan sien, asof hulle self fisies daar teenwoordig is. 19. Dit is waarom die Saturniete, veral die wat in die berge woon, so uitermate wys en verryk is met aansienlike kennis. Die grootste geleerdes op aarde sal vinnig agterkom hoe onbedui¬dend hulle eie kennis is, wanneer hulle in `n wetenskaplike bespreking sal kom met die mins kundige mens op Saturnus. 20. Hulle ken nie net hulle eie hemelliggaam tot in die kleinste besonderheid nie, soverre dit noodsaaklik en voordelig is, maar hulle ken ook ander hemelliggame beter as wat julle op aarde die eilande in julle oseane ken. Die Saturniete ken nie net die geskiedenis van hulle eie planeet goed nie, maar ken ook die geskiedenis van verskeie ander wêrelde. 21. Geen taal is vir hulle vreemd nie. Dit is waarom hulle die geeste kan verstaan, ongeag van watter hemelliggaam hulle kom (want elke gees neem saam met hom na die hiernamaals, in groter of kleiner mate, die eienskappe van die taal van die wêreld waar hy in die liggaam gewandel het). Dit is hierdie verstaan van die tale wat die geeste op julle aarde nie besit nie, alvorens hulle nie heeltemal wedergebore is in die gees en gereedgemaak is vir die hemele nie. 22. Dit gebeur dikwels dat die geeste van die aarde die geeste van Saturnus ontmoet na hulle fisiese afsterwe, veral wanneer hulle hierdie verlange het. Die geeste van Saturnus verstaan die geeste van die aarde onmiddellik. Dit is egter nie so in die teenoorgestelde geval nie, veral as hulle nog onryp geeste van die aarde is. Ook kan die geeste van die aarde nie die geeste van Saturnus sien nie, behalwe as hulle deur hulle gesien wil word. Die rede vir hierdie hoër gesag lê binne die groot en ware innerlike wysheid van die Saturnus geeste. 23. Dit is die vrugte van die instruksies en onderrig van die prediker in die tempel na die oggendmaal.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205