Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 36 Die metaalindustrie en ander ambagte of bedrywe Ware sosialisme van naasteliefde in die bedryf en handel 1. Daarbenewens behoort die vervaardiging van die noodsaaklike metaalgereedskap, wat benodig word by die kap en snoei van bome, die vervaardiging van huis gerei, om die grond los te maak en om hul voedsel en ander dinge te sny, alles aan die wettige grondwet van die mense op Saturnus. 2. Waar word hierdie gereedskap vervaardig? Daar is sommige fabrieke op hierdie planeet, veral teen die voetheuwels van die berge, waar `n bruikbare metaal, soortgelyk aan julle yster op aarde, gebruik word om allerhande soorte verskillende gereed¬skap en ander gerei te vervaardig. 3. Wie besit hierdie fabrieke? Sodat elke naburige familiegemeenskap die reg het om van hierdie produkte van die fabriek te neem, in ooreenstemming met hulle behoeftes, stuur elke familie alternatiewelik werkers na die fabriek om hierdie metaal te produseer, onder die toesig van ’n fabriek oudste. In die fabriek self word die metaal nie gevorm tot gereedskap nie; in plaas daarvan word die metaal slegs smeebaar gemaak en voorberei vir verdere gebruik, soos wat staafyster op aarde geproduseer en voorberei word vir verdere gebruik. 4. Nadat `n werker in die fabriek gewerk het vir die vereiste tyd van 100 dae, en as byvoorbeeld, die fabriek 100 werkers het, dan word die geproduseerde metaal in 100 dele verdeel. Na verstryking van die werker se tyd in die fabriek, ontvang elke werker sy regmatige deel, wat na sy woonplek teruggeneem word as gemeenskaplike eiendom. Die gedeelte wat `n werker ontvang, weeg enigiets vanaf 1,000 tot 1,500 ton, volgens julle aardse terme. 5. Wat maak die Saturniete met hierdie metaal? Indien die familie nog genoeg bruikbare gereedskap het, word die metaal in blare toegedraai en die patriarg word die kurator van hierdie metaal. As die gereedskap vervang moet word omdat hulle verouderd is en nie meer die werk behoorlike kan verrig nie, sal hulle voortgaan om nuwes te vervaardig onder die leiding van die patriarg. 6. Hoe word dit gedoen? Dink julle dit word deur `n gebruiklike vuur gedoen soos op aarde? Die antwoord is nee! Dit word gedoen op `n baie eienaardige manier en tog is dit `n baie een¬voudige prosedure. Die Saturniete maak gebruik van `n pam¬poenagtige vrug wat `n reëlmatige boog het, soos `n konkawe lens (holrond) aan die onderkant, waarvan die diameter enigiets van tussen 120 tot 180 voet is. Die buitekantste bas van hierdie pampoen vrug, veral die onderste gedeelte, is ingekrom, het `n glinstering en is glad soos die blinkste gepoleerde staal. Met hierdie konkawe deel van die vrug reflekteer die Saturniete die sonstrale en rig dan die fokuspunt op die metaalstawe. Dit neem nie veel meer as `n oomblik om `n groot hoeveelheid van hierdie metaalstawe witwarm te maak nie. 7. Wanneer dit gedoen is, word die benodigde stuk afgesny van hierdie witwarm stawe en word met `n metaal hammer gesmee tot een of ander stuk gereedskap waaraan hulle `n behoefte het. Dit word op `n baie gladde aambeeld gedoen wat glad en so hard soos `n diamant is. 8. As dit vir `n grofsmid op aarde `n halfuur neem om `n sekel te smee, kan `n Saturniet in dieselfde tyd tenminste tien smee, al weeg `n voltooide sekel nagenoeg 110 pond volgens julle aardse mates. As julle dit in aanmerking neem, kan julle besef hoe ervare `n grofsmid op Saturnus in sy kuns moet wees. 9. Hier moet `n ander vraag beantwoord word. Wie is bekwaam vir hierdie tipe werk? Dit is nie baie moeilik daarom te beantwoord nie, omdat onder die mense van Saturnus is dit `n deel van hulle grondwet dat elke man in alle ambagte bekwaam moet wees, sodat daar geen verskil bestaan wat sy stand in die samelewing betref nie en een ambagsman nie teenoor `n ander kan sê: “Ek is van groter waarde as jy en my produkte is meer belangrik as joune.” In stede kan elkeen doen wat sy broer kan doen. Daarom kan die een persoon tot voordeel van van die ander wees in alles wat benodig word. En sou die een of die ander in lyn wees om die oudste in die familie te word, dan het hy die ervaring en die bekwaamheid om te lei en om behoorlike leiding te gee in al hierdie dinge. 10. Wanneer dit kom by die benodigdhede van die lewe, aangesien almal bekwaam is wat vakmanskap aanbetref, is daar so te sê geen perde vir knolle verkoop of winsbejag betrokke nie, veral onder die bergbewoners. Hulle produseer ook geen surplus produkte nie, sodat hulle nie kan verkoop of ruil met hulle bure nie. Alle produkte wat hulle produseer, is in ooreenstemming met hulle eie huishoudelike vereistes. 11. Desnieteenstaande, indien `n buurman in die nood is en iets benodig wat hy self nie het nie, omdat hy nie dieselfde vermoë het as iemand anders nie, word hy nie gevra: “Wat sal jy my gee vir dit wat jy benodig nie?” – maar die enigste vraag wat hy in so `n geval gevra sal word, is aangaande die Wil van die Groot Gees. Indien hy hierdie getuienis besit, wat die enigste ding is wat op Saturnus geldig is en wat ook die enigste geldige geldeenheid is, sal dit wat hy verlang vir die taak, onmiddellik aan hom gegee word en dit word dan sy eiendom en niemand word toegelaat om eers te dink aan enige vergoeding nie. 12. Dit gebeur as gevolg van `n politieke wet onder hulle, wat as volg lui: “Wie is meer as die Groot Gees? Wat het ons die Groot Gees gegee vir die gebruik van hierdie groot wêreld wat oorvloedig voorsien is van ontelbare dinge? Dit is egter net gepas dat ons die Groot Gees dank vir enige gawe. As ons net een enkele dankie van ons broeder aanneem, hoe sal ons verskyn voor die Groot Gees, as ons dit van ons broeders eis waarop slegs die Groot Gees geregtig is?” Daarom, wee die man wat sal toelaat dat hy deur sy broer bedank word vir ’n gawe, waar hy in der waarheid die Groot Gees moet bedank wat aan hom die eer gee om sy broer te dien. 13. Op grond van hierdie waardige rede, sal ’n mens op Saturnus nie wetend die geringste dank aanvaar van sy broer, nog minder sal hy enige ander vergoeding aanvaar nie. Daarom is al die handel tussen Saturniete op hierdie beginsel gebaseer. 14. Op Saturnus is daar nie wisselkantore nie, geen doeane- en aksynskantore, geen belasting op goedere, geen inspektoraat van goedere nie en winsbejag is onbekend op Saturnus. 15. `n Gereedskapstuk wat in deurlopend gebruik word op aarde is die skaal. Hierdie artikel is heeltemal vreemd vir die Saturniete. Die enigste soort skaal wat hulle ken, is die alleenlike Wil van die Groot Gees en die behoeftes van hulle broers. 16. `n Tweede stuk gereedskap wat op aarde `n el* genoem word, is ook vreemd vir die inwoners van Saturnus. Niks word met die el gemeet soos op aarde nie. Die mees onfeilbare maatstaf vir die inwoners van Saturnus is die woord van hulle broer in ooreenstemming met die Wil van die Groot Gees. Daarmee meet hulle dit wat die naaste broer van hulle vra. *El - `n maatstaf 17. Handel gebaseer op hierdie beginsels sal `n baie beter oplossing wees vir al die inwoners op die aarde as al die aandele- en geldmarkte, banke, wisselkantore, kettingwinkels, kroeë en drinksale. `n Ietwat beter intellektuele krag sal julle vertel: “Wat het ons aan God gegee vir al die produkte op aarde en hoeveel het ons Hom betaal vir die aarde, aangesien ons op aarde regeer asof ons die direkte eienaars daarvan is?” 18. Soos voorheen gesê; as julle net `n bietjie meer intelligensie gehad het, sal julle hierdie bostaande vrae vir julleself uit noodsaak moet afvra. Al julle aksies sal julle duidelik vertel hoe onregverdig julle is ten opsigte van My eiendom, vanuit My oogpunt gesien. Ek alleen het produkte geskep en dit gelykmatig gevestig vir elkeen, sodat almal toepaslik kon ontvang vanuit My liefdevolle hande, maar uit jaloesie, gierigheid en geweld¬dadigheid verwerk julle dit vir sekere doeleindes en verkoop dit aan jul broer vir `n buitensporige prys wanneer hy in nood is, of wanneer hy `n behoefte daaraan het. 19. Maar kom ons laat hierdie skreiende skande op aarde agter en keer weer terug na Saturnus, waar die mense nog steeds in besit is van daardie skatte wat nie deur roes aangeval en nie deur motte opgevreet word nie en laat ons nog `n paar bladsye ondersoek vanuit hulle baie klein politieke wetboek, wat in hulle harte geskryf is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205