Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 43 Diepgaande geestelike waarnemings in die natuur Kommunikasie met engele en die Meester Self 1. Wat gebeur na so `n diens? 2. Die mense bedank die Groot Gees vir hierdie voorligting vanaf die oudste. Die oudste bedank ook die Groot Gees en seën alle luisteraars nadat hulle die gebed van danksegging gedoen het. Dan verlaat almal die tempel en gaan vir staptoere of wandelings in die pragtige heuwels. Hulle bespreek die lesing wat hulle so pas gehoor het, maar bespreek ook die waarnemings wat hulle maak aangaande ’n sekere voorwerp in die natuur wat onder hulle aandag gekom het gedurende hierdie uitstappies. Almal word geïnspireer deur `n groot vriendelikheid en `n wedersydse deelneming in alles wat die een of die ander mag vind en die kommentaar van die een of die ander aangaande die bewon¬dering en prysing van die Groot Gees. 3. As voorbeeld, een persoon sal die aandag van die ander vestig op die struktuur van `n blom, `n ander op die beweging van `n wolk, `n derde op `n dier of die vlug van `n voël, terwyl die ander die aandag van sy buurman vestig op `n voël wat sing en `n ander ontdek die glimmer van `n vêrafgeleë meer of rivier iewers. Daar is ontelbare voorwerpe waarop die Saturniete hulle aandag kan vestig tydens sulke geleenthede en hulle kyk na hierdie voorwerpe soos wat man van My hart dit op `n tyd gedoen het, toe hy My werke aanskou het! 4. Op hierdie punt vertel Ek julle ook: Wie ookal My werke met nederige oë aanskou en dit respekteer, sal altyd groot genoeë daarin vind. Maar wie ookal My werke met kritiese en geleerde oë ondersoek, is beter af om in sy ydelheid te bly as om My werke te ondersoek met sy ongewyde, oneerbiedige oë, soos `n galwesp wat `n akker deurpriem om haar verderflike gebroedsel daarin te plaas. Hierdie vrug, wanneer dit kom by sy slegte volwassenheid, kan vir niks anders gebruik word as vir die voorbereiding van `n swart vloeistof nie. Hierdie vloeistof kan dan gebruik word om `n wit of ligte oppervlak swart te kleur, maar dit kan nie meer gebruik word vir die skoonmaak vir dit wat vuil of swart geword het nie. 5. Maar kom ons keer terug na ons wandelende mense. Hoe lank neem so `n wandeling? Tot die middag. Hulle kom weer almal bymekaar by die buitenste hof van die tempel. Daar bied hulle hul dank aan die Groot Gees en geniet hulle middagmaaltyd in die buitenste hof. 6. Sodra die maaltyd afgehandel is, dank hulle weer die Groot Gees en sommige bly daar agter, terwyl ander op die pragtige wandelpaaie rondom die tempel gaan stap en hulle geniet die veelkleurige prag van die lieflike blomme wat geplant is in die lieflike blombeddings in die buitenste binneplein en al langs die wandelpaaie van die tempel. Die vroue liefkoos hulle mans en kinders en hulle vertel met hulle pragtige stemme wat hulle waargeneem en verkry het uit die lesing van die oudste, sowel as wat hulle geleer het vanuit die wandeling van wat goed en waar, pragtig en edel is. 7. Tydens sulke geleenthede, sluit daar somtyds geeste en engele by hulle aan en hulle sal enige saak rakende die Meester met enigiemand bespreek. 8. Somtyds verskyn die Meester Self tydens sulke geleenthede, in die vorm van `n engel. Solank as wat die Meester tussen hulle is en met die een of die ander gesels, is nie eers die oudste daarvan bewus dat dit die Meester Self is nie. Maar wanneer Hy op die punt staan om so `n byeenkoms te verlaat, openbaar Hy Sy identiteit net voordat Hy uit hul gesigsveld ontsnap. Maar dan verlaat Hy hulle onmiddellik, want die Saturniete sal dit nie kan verdra dat die Meester nog langer met die kennis sit dat Hy die Meester is, aangesien hulle respek vir Hom so geweldig is dat nie een van hulle dit sou waag om Sy naam te noem terwyl hy regop staan nie! Daarom word die gebod, (wat nie letterlik aan die Saturniete gegee is nie), “Julle sal die Naam van julle God nie ydellik gebruik nie” tot in die akkuraatste, mees eksakte en heiligste manier gehoorsaam. 9. Hoe lank duur hierdie besprekings in die buitenste hof? Tot sonsondergang. Daarna gaan almal weer die tempel in en verheerlik die Groot Gees en sing ook lofprysinge tot hom. 10. Die oudste klim weer op die kansel en wys op die groot seëninge van die dag, seën hulle en sluit die seremonie van die heilige feesdag af. Daarna keer hulle almal huiswaarts met `n dankbare en vrolike gemoed. 11. Indien daar iets oorgebly het van die middagmaal, verdeel hulle dit onder hulself en eet dit met dankbaarheid. As niks oorgebly het nie, dan nuttig hulle hul aandete by die huis. Hulle offer dank aan die Meester op `n algemene manier en die feesdag is oor en daarmee saam alle seremonie, wat in werklikheid uit niks bestaan as wat voorheen beskryf is nie. 12. Dit voltooi ook ons dag. Die volgende hoofstuk handel oor die geestelike aspek van die godsdiens.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205