Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 6 Die kruie en nuttige plante van Saturnus. Mielies. Die Vloeiende Vaatjie en die lopende Bottelpampoen 1. Ons het alreeds geleer wat merkwaardig was met betrekking tot die struike. Ons sal nou ons aandag bepaal by die speserye en nuttige plante van hierdie land. 2. Hierdie land is die bergagtigste op Saturnus en daarom het dit die grootste hoeveelheid nuttige, gesonde en genesende plante en kruie van alle moontlike soorte. 3. As voorbeeld, julle landbougewasse soos graan, koring, gars ens. groei nie op Saturnus nie. Maar in die plek daarvan is daar `n veel meer bewerkbare graansoort wat ooreenkom met julle mielies, maar hierdie plant groei twintig tot dertig keer hoër as die mielies op aarde. Sy blare is dikwels 12 tot 21 voet lank en 5 tot 8¾ voet wyd. Hierdie blare het `n heeltemal hemelsblou kleur. Die kante is ongeveer 9 duim wyd, getint met `n ligte karmynrooi, waar die senter, wat ook 9 duim breed is, maar wat skuins afloop na die punt van die blaar, `n groenerige-goudkleur het. Die stingel van hierdie plant is aan sy onderkant so dik soos `n uitgegroeide eikeboom op aarde en het `n donker glinsterende gepoleerde goue kleur en word ligter soos wat jy hoër teen die plant opgaan. Die blomkroon, wat dikwels takke het wat 6 tot 9 voet uitsprei, lyk soos `n kroonkandelaar met die mees skitterende, pragtig gesny¬de kristalle. Die rede vir hierdie voorkoms is omdat alles op Saturnus op `n aansienlik groter skaal is. Sou julle die mielieblom onder `n goeie mikroskoop bekyk, sal julle dieselfde skittering bemerk, waar dit andersins net soos witterige stuifmeel lyk. 4. Op `n groter skaal kom die vrug van die plant ooreen met `n mieliekop, maar nie in smaak en gebruik nie. Op Saturnus proe hierdie vrug die heerlikste, gaan deur as `n lekkerny en kan in hierdie geval vergelyk word met `n pynappel. Wanneer hierdie vrug ryp is, kan die individuele bessies baie maklik verwyder en dadelik geëet word; - dit is nie melerig nie, maar inteendeel baie sappig, soos druiwe op aarde. Die gewig van een van hierdie bessies, volgens aardse maatstaf, is tussen twee en drie pond. Een kop verskaf maklik enigiets van 300 tot 500 bessies en `n enkele plant produseer 20 tot 30 sulke koppe; dit gee vir julle `n idee hoe ryk so `n oes kan wees. 5. Maar waar stoor die inwoners dan so `n oes? Julle het geleer van die goeie houers wat die tregterboom verskaf. Dit is waar die bessies gestoor word, sowel as die uitgeperste sap van die bessies. Die vrugte groei vier keer per jaar en is uiters gesond en versterkend. Die sap versterk die harte van die inwoners van Saturnus net soveel, indien nie meer nie, as die druif en sy versterkende nektar op aarde. 6. Nadat die vrugte ge-oes is, word die plant net so in die lande gelos totdat dit droog is. Dan dryf die Saturniete hulle groot trek- en pakdiere in hierdie velde in, waar hulle die blare eet, maar die stamme onbeskadig laat. Die inwoners sny dan hierdie stamme met `n spesiale saag. Hulle maak dan groot hope oral op die land en steek dit aan die brand en dit gee die grond die nodige bemesting vir die toekomstige groei en bewerking van plante. 7. Indien hierdie vrugte wil floreer, moet die grond klam wees. Maar aangesien dit baie selde reën en aangesien daar nie dou in hierdie matige klimaat voorkom nie, soos op ander plekke op die planeet waar die matige klimaat oorheersend is en aangesien lentes nie baie volop op die platteland is nie, wat staan die inwoners nou te doen? Hoe besproei hulle dan nou sulke lande? Hierdie lande beslaan gewoonlik 30 tot 40 vierkante geografiese myl. Sien, Ek, die Skepper het hierdie probleem opgelos met `n ander plant wat die besproeiing versorg. Hierdie plant word tussen die bruikbare plante geplant. 8. Hierdie plant word die vloeiende vaatjie genoem en hy het `n groot ooreenkoms met die gewone pampoen op aarde, maar op Saturnus word hierdie pampoene so groot dat selfs die Saturniete sukkel om oor hulle te kyk. Die plant self groei etlike duisende vadems (meters) vêr en wyd op die grond en sy ranke is 6 voet dik. Dit spruit voort uit sy wortels en ontwikkel honderde uitloopsels in alle rigtings. Die blare kom ooreen met die pampoenplant op aarde, maar is etlike honderde kere groter en die kleur is nie groen nie, maar in heeltemal violetblou. Hierdie blare het merke op soos silweragtige sterre wat die hele blaar oordek. Die stingel van die blaar is 12 tot 18 voet lank, rond en verskeie vadems (meter) in diameter. Die binnekant van die stingel is hol en in die dik wande van die stingel is daar baie duisende pypies in die rigting van die blaar en hulle voed die blaar met `n soeterige sap. `n Deel van hierdie vloeistof drup van die menige porieë aan die onderkant van die punte van die blaar af tot op die grond en benat die aarde op hierdie manier soos standvastige ligte reën. Die hoof besproeiingsfunksie van hierdie plant word egter verkry deur die eintlike vrug. Sodra die vrug halfryp is, maak hy in die nag sy porieë oop op die oppervlak en ook die kleinerige pypies wat uitsteek bokant die oppervlak, vir hierdie spesifieke doel, waardeur `n soet helder vloeistof gepers word en wat soos `n fontein versprei. So ontvang die grond konstante en genoegsame besproeiing elke nag. 9. Nou kan die vraag geopper word: Waarvandaan kry die vrug dan hierdie water? Die antwoord is dat hierdie plant `n ware kunstige artesiese waterput boorder is; hy stuur sy wortels vêr en diep na onder totdat hy iewers `n ondergrondse put vind. Daar trek hy die water wat hy gevind het, met die grootste ywerigheid opwaarts en stuur dit dan deur die beste waterpype, heeltemal gesuiwer, in al die rigtings van sy buite- en vinnig groeiende en uitgebreide area. 10. Gebruik die inwoners van Saturnus hierdie vrug vir enige ander doel as vir besproeiing? Ja, hulle gebruik hierdie vrug wanneer hy ten volle ryp geword het. Hulle sny hom in die lengte reg deur die middel. Die sade en vlees van die pampoen word verwyder; die sade word gehou en gebruik vir toekomstige aanplantings en die vlees van die pampoen word gebruik as voedsel vir die koeie, skape en bokke op Saturnus. Die vel of skil van die pampoen, wat 6 voet dik is, word gedroog, waardeur dit `n groot stewigheid verkry. Wanneer dit heeltemal droog is, word die onderste helfte van hierdie vrug algemeen gebruik as `n soort watervaartuig, waar die boonste helfte, wat poreus is met baie pypies, op `n baie eenvoudige manier gebruik word as `n soort wa. 11. `n Gat word in die middel van beide sye geboor en deur hierdie gate word `n sterk en goed voorbereide as gesteek en aan beide kante word `n wiel gemonteer. `n Ander gat word in die voorkant geboor waardeur `n sleepstang gesteek word wat na die as lei en word daar met `n spyker geheg. `n Dwarsbalk word dan aan die voorkant van die trekstang geplaas. Op die wyse is die wa byna gereed vir gebruik, behalwe vir die wiele. Hierdie wiele hoef nie deur mensehande gemaak te word nie, maar word gevorm deur die kunstigheid van die natuur, naamlik van dieselfde plant. Niks meer word verlang, anders as die volmaakte ronde stingel van hierdie pampoen nie, waaruit die wiele met `n saag afgesaag word. Hulle meet gewoonlik 18 tot 24 voet in diameter, maar sommige van hierdie wiele het `n diameter van 30 tot 36 voet. 12. Dit voltooi die werk aan hierdie wa. Al wat oorbly is om `n os aan die dwarsbalk vas te maak, óf, vir vinniger vervoer, word `n trekhond of trekbok ingespan en hierdie wa is gereed vir diens. So `n wa dra gemaklik vier Saturniete. 13. Hierdie tipe wa word slegs gebruik as `n ligter voertuig; - natuurlik het die Saturniete baie swaarder en groter waens, wat hulle kunstig uit hout vervaardig en net soos julle waens op aarde, word hulle ywerig toegerus met buigsame en kragtige metaal bybehore. Hierdie metaal kom ietwat ooreen met julle yster; alhoewel dit suiwerder, meer duursaam is en glad nie roes nie. Dit behou altyd `n goudglans op die oppervlak. Die kleur van hierdie metaal is soos platinum, wat `n mengsel is van suiwer goud en suiwer yster. Op aarde sal `n chemikus skaars daarin slaag, al volg hy chemiese prosedures, om so `n mengsel voor te berei. 14. Noudat ons van hierdie twee plante geleer het, sal ons ons aandag vestig op `n ander, wat baie amusant en terselfdertyd baie bruikbaar is. 15. Niemand op die aarde het al ooit van so ’n plant gehoor nie en daar is geen plant op aarde wat naastenby met hierdie plant ooreenkom nie, want die sogenaamde “lopende blaar”* van Suid-Amerika is inderdaad `n dier, eerder as wat dit `n plant is. Die plant op Saturnus wat ons nou gaan bespreek, is `n werklike lopende plant, selfs al loop dit van plek tot plek soos `n dier. Die motiveringskrag lê in sy wortel, wat die vorm het van `n misvormde menslike voet, maar natuurlik het dit nie enige ontwikkelde tone of `n hakskeen of enigiets anders wat `n deel van die menslike voet vorm nie. Die hele ding is 60 voet lank, het `n wortelsteel in `n reghoek gevorm wat `n groot aantal wortels aan alle kante het wat opvang soos tentakels en suigwortels. Hierdie wortels klou orals, soos die hegranke van `n varing, maar met een verskil; - hierdie wortels bly slegs op een plek, solank as wat hulle genoegsame voeding vind. Nadat hulle al die vogtigheid uit die grond getrek het, maak hulle hulself los van die grond en strek hulself verder uit na vore en beweeg oor die grond totdat hulle `n ander vogtige plek kry. Daar boor hulle ywerig in die grond in en omstrengel die vogtige lae grond en ander kruie en grasse. Deur hierdie omstrengeling dra hulle die hele plant saam met hulle. Deur die aktiwiteit van die lopende voetwortels, kan hierdie tipe plant `n redelike aantal geografiese myl in die loop van `n jaar aflê, in ooreenstemming met julle aardse mates. *Phyllium, `n genus van orhopterous insekte; deel van die Phasmida familie 16. Hoe lyk hierdie plant inderwaarheid? Die plant het `n stam wat 24 tot 30 voet hoog is en die takke en uitloopsels begin om vanaf hierdie stam te groei op `n hoogte van 6 voet vanaf die grond. Sommige van hierdie takke groei in alle rigtings afwaarts en op hierdie wyse keer hulle dat die plant omval. Hierdie takke is gewoonlik sonder blare; slegs die wat opwaarts groei in hul veelsoortige kromminge vanaf die stam, produseer blare, bloeisels en vrugte. In `n sekere mate kom hierdie plant ook ooreen met julle druiweplante, alhoewel die blare heelwat groter is met `n ligblou kleur en die onderkante is oortrek met klein rooi vratte. Die vrugte kom ooreen met die druiwesoort wat julle Gaisdutte noem, behalwe dat die kleur nie blou is nie, maar so geel soos `n lemoen en gedeeltelik deurskynend, soos groen druiwe. Daar is ook `n verskil in die grootte van hierdie druiwe¬korrels. Die meeste van hulle produseer een liter van die suiwerste sap, een tros het gewoonlik 50 tot 100 bessies en meeste plante produseer 10 tot 20 van hierdie trosse. Die smaak van hierdie vrug is gelykstaande aan die muskadeldruiwe wanneer hulle heeltemal ryp is. 17. Hierdie is die eienaardigste plant op Saturnus! Dit het `n groot voordeel, omdat dit nie bewerking of arbeid verg nie. Hierdie plant sien om na sy eie behoeftes, sodat daar onder die inwoners van hierdie planeet geen dispute sal wees aangaande die eiendoms¬reg met betrekking tot hierdie populêre plant nie, sou dit gebeur dat hy die eiendom van van die buurman betree (eiendomsreg word streng toegepas op Saturnus). Om hierdie rede plant die inwoners hierdie plant meestal in die middel van hul eiendom of rondom hul reënbome. Wanneer hierdie plant rondom die reënbome geplant word, bly hy daar en beweeg nie verder nie, omdat die wortels genoegsame voeding vind. En sou hierdie plante geforseer word om om een of ander rede te beweeg, sal hulle nie dadelik die eiendom van die buurman kan betree nie, omdat dit baie moeilik is, as gevolg van die afstand vanaf die middel van so `n eiendom na die buurman se eiendom. Soos wat Ek voorheen gesê het, hierdie eiendomme is dikwels twee maal so groot as sommige lande op aarde. 18. Die sap van hierdie bessies word deur die Saturniete vir dieselfde doel gebruik as wat julle op aarde doen. Hierdie sap is natuurlik baie sterker as die sap wat Ek voorheen genoem het. Dit word ook nie in dieselfde houers as die ander sappe gehou nie; dit word eerder in `n houer gestoor wat `n vrugtebottel is, spesiaal geskik vir hierdie tipe sap wat ook ooreenkom met die pampoenbottel. Hierdie vrugtebottel is egter heelwat groter as die gebruiklike wynvate (die sogenaamde Heidelberg wynvate). As so `n pampoenbottel volgroeid is, kan dit baie maklik `n duisend van julle houers vat. Hierdie vrugtebottels is ongelooflik solied. Die wand het `n dikte van 3 tot 6 voet. Sodra hierdie houers heeltemal skoongemaak is, wat deur `n Saturnusdier gedoen word, is dit gereed vir gebruik. In die volgende hoofstukke sal Ek, die Skepper, meer beskryf van hierdie eienaardige plante en kruie. Daarom, vir vandag sê Ek, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205