Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 41 Die inwoners van die laaglande besoek die berge Hulle ontvangs deur die bergbewoners Half-heidene en hul bekering Hofmaking in die laaglande 1. Dit gebeur af en toe dat families van die valleie en graslande, as gevolg van liggaamlike gesondheid, na die berge reis. In die geval het die bergbewoners `n reël waarby hulle hierdie “soekers na gesondheid” hartlik ontvang en hulle gee of kry vir hulle wat hulle ookal nodig ag vir hul gesondheid. 2. Sou hierdie soekers na gesondheid besluit om permanent in die berge te woon, dan wys die oudste van die bergfamilie `n leier aan vanuit daardie familie om die mense van die laaglande wat wil vestig, te help. Sou die mense van die laaglande so `n persoon as leier wil behou in die toekoms, is hy verplig om aan hulle wens te voldoen. 3. Indien hierdie leier getroud is, sal hy die nuwe setlaars net so lank los as wat hy nodig het om sy vrou en kinders by die huis te gaan haal en om tydens hierdie geleentheid die seëning van die oudste te ontvang vir sy nuwe amp. Sodra hy alles in orde gekry het, trek hy saam met sy vrou en kinders, saam met daardie voorraad wat hy nodig het, na die nuutgestigte familie. 4. Eenmaal daar, begin hy om die familie te onderrig in al die wette en gebruike van die bergbewoners en moedig hulle aan om `n tempel te bou. Ook in ooreenstemming met die hoeveelheid mense en behoeftes, word `n stoorgebou en leefbare wonings gebou, want dit is ook wette wat die bergbewoners moet gehoor¬saam! 5. Dit gebeur ook dat hierdie vallei- en grasland bewoners slegs na die berge trek vir die pragtige uitsig daarvan. Wanneer die reisigers `n bergfamilie ontmoet, word hulle gestop en op `n baie beleefde wyse ondervra aangaande hulle bedoelings. Gewoonlik antwoord hulle hierdie vrae ook op `n beleefde wyse, omdat, as `n reël, hulle bedoeling gewoonlik is om ’n hoë berg te klim, as gevolg van die ongelooflike uitsig en dan sal die oudste van die bergbewoners hulle inlig watter van die bergpieke geen gevaar vir die klimmers inhou nie. Sou enige van hierdie bergpieke enige gevaar inhou, dan word hierdie vakansiegangers beleefd verhoed om die onderneming deur te voer en die bergbewoners lig hulle in detail in oor die gevare waarmee hulle te kampe sal hê, indien hulle nie hulle planne verander nie. Gewoonlik word die raad aanvaar en die planne word gewysig, waarop die reisigers terugkeer na hul wonings. 6. Indien hierdie bergpieke egter toeganklik is en sonder enige gevaar vir die klimmers, sal die bergbewoners `n gids voorsien aan hierdie reisigers. Die gids is verantwoordelik vir drie dinge: Ten eerste, hy moet hierdie groep lei tot op die spits via die beste en veiligste roetes. Tweedens moet hy hulle voorsien van voedsel en drank, wat gewoonlik deur die huisbediende, Fur, gedra word en derdens moet hy alles aan hulle verduidelik en terselfdertyd hulle aandag vestig op die Groot Gees in alles wat hy doen. 7. Die gids mag niks vir sy arbeid in hierdie transaksie vra nie, behalwe dat, nadat hulle hulself versterk het in die grootheid van die Groot Gees, hy die groep kan vra vir hulle versekering dat hulle die Groot Gees te alle tye sal volg en om nooit iets te onderneem sonder Sy uitdruklike wil nie. 8. Nadat hy hierdie versekering verkry het, herinner die gids hulle dat hulle die Groot Gees moet bedank vir alles wat hulle geleer en ondervind het en terselfdertyd moet hulle Hom vra dat hulle hul land veilig sal bereik. Nadat dit afgehandel is, keer hulle huiswaarts. 9. Die groep word egter eers vooraf geneem na die woning van die gids vir voedsel en drank. Nadat hulle hulself behoorlik verfris het, word hulle hoflik herinner om dankie te sê aan die groot en heilige Skenker. Hulle word dan ook deur die oudste gegroet en geseën en keer dan terug na hul wonings in die laaglande. 10. In sommige van die bergsplete leef die “gepunte-voet vlees¬dokters”. Die mense van die laaglande word vooraf deur die bergbewoners gewaarsku oor hierdie kwaksalwers. Dit word uitgewys dat hierdie mense oortredende vlugtelinge van die laaglande is wat hulself nou hier in die bergsplete gevestig het vir louter hebsug, deur die inwoners van die laaglande te bedrieg met allerhande soorte waardelose en oneffektiewe dinge. Die bergbewoners waarsku hierdie liggelowige mense van die laaglande op die volgende manier: 11. “Die Groot Gees het duisende heilsame en helende kruie en vrugte in die grond geplaas vir die onderhouding van ons liggaamlike gesondheid, sodat hulle kan groei om ons te versterk. Hy het skoon water regoor die hele wêreld geskape en het reuse bome in die aarde geplant om al die giftige dampe aan te trek en om dit te omskep in geurige, suiwer lug. En die Meester wat uitermatig liefdadig is in al Sy onbeperkte mag, het `n wonderbaarlike son in die uitspansel geplaas, wie se strale die heilsaamste energie laat ontwaak in die sterrelelies wat so heil¬saam is dat hulle kragte tot so vêr as die strale van die son reik. En dit is hoe die Groot Meester die uitspansel gerangskik het met die ligte wit band* wat die nag vir ons so genoeglik verlig nadat die son gesak het, dat dit byna net so heerlik soos die dag is. Selfs gedurende die nag word ons versterk deur die sterk strale van hierdie band. Buiten hierdie band, het die Groot Werkmeester sewe groot ligte** daar geplaas, wie ons alternatiewelik behaag gedurende die nag, selfs ten tye van die vol skaduwee! *Net `n naam vir Saturnus se ringe, **Saturnus se mane 12. “Die Groot Gees was uitermatig welwillend en het liefdevol na ons almal omgesien. En ons, die inwoners van die berge, het dit te alle tye ondervind. Omdat dit so is, was ons nog nooit geteister deur `n siekte nie. Wanneer iemand sterf, sal dit nooit as gevolg van siekte wees nie, slegs as gevolg van die feit dat hulle gees heeltemal volmaak en ryp geword het, wat in alle ewighede nooit meer kan sterf nie, maar sal leef tot in alle ewigheid! Ons is getuies van die voortbestaan na die dood. Ons kan dit te enige tyd reg voor julle oë bewys. 13. Daarom is dit `n groot dwaasheid om te poog om `n geneesmiddel te soek wat aan julle die ewige lewe kan voorsien en dit van `n mens wie se oë vol misleiding is, aangesien hy homself vêr verwyder het van die lewe van die Ewige Gees. Die geneesmiddels waarmee die Groot Gees ons so oorvloedig geseën het, word egter deur hierdie gepunte-voet dokters as onvoldoende gereken en nie geskik vir gebruik nie. 14. “Geliefde broeders van die laaglande, ek sê aan julle dat julle in die toekoms nie julle welstand moet soek by hierdie kwaksalwers nie, inteendeel, soek julle welstand ernstig in die Wil van die Groot Gees, dan sal julle gesond bly totdat julle gees ten volle ryp geword het. 15. Wanneer julle gees heeltemal rypgeword het, wat beteken, wanneer hy heeltemal `n meester van die lewe geword het, vanuit die Wil van die Groot Gees, sal julle nooit meer die dood proe nie, want julle sal in staat wees om uit julle vlees en bloed te stap sonder pyn en sonder beperking met die helderste en volste bewuswording en julle sal hierdie swaar gewaad van vlees en bene afgooi met die grootste dankbaarheid teenoor die Groot Gees.” 16. Na hierdie lesing word hierdie sogenaamde “lang-lewe geneesmiddel soekers” vrygelaat met seëninge om na hul tuis¬land terug te keer met `n baie beter lewensgeneesmiddel. 17. Op sommige plekke op die vlaktes en in die valleie, veral langs die mere en riviere, is daar sekere heidene wat die wit Ring aan die uitspansel beskou as `n goddelikheid. Ander beskou die Ring as die pad waarop die Groot Gees heen en weer loop en waarvandaan Hy neerkyk op die planeet om te kyk wat die mense doen. Hierdie half-heidene beklim somtyds die berge in die geloof dat hulle nader sal wees aan die wit Ring en dat hulle dalk selfs die Ring kan bereik. 18. Die bergbewoners voel `n soort liefdesverpligting om hierdie reisigers op die regte pad te lei en om aan hulle te toon wat die Ring en die mane werklik is en wat hul doel is. Hulle bereik hierdie doel deurdat hulle hul ferm wil gebruik om hierdie verlore mense in `n staat van heldersiendheid te plaas, waarin hierdie reisigers in staat gestel word om die Ring en die mane te ondersoek vanaf begin tot einde. 19. Sodra hierdie heidene dit ervaar het, kom hulle tot die besef hoe verkeerd hulle was, waarna hulle op `n liefdevolle, maar wyse en ernstige manier onderrig word in die ware kennis van die Groot Gees en Sy Wil. Dit word aan hulle diskresie oorgelaat indien hulle die res van hulle lewens in die berge wil deurbring, of terugkeer na die grasvlaktes waar hulle voorheen geleef het. 20. Indien hulle besluit om in die berge te bly, word hulle voorsien van woongeriewe. Indien hulle egter verkies om in die laaglande te gaan woon, word hulle geseën en van voedsel en drank voorsien en weggestuur in die Naam van die Groot Gees. 21. Maar solank as wat hierdie heidene van die laaglande nie hulle verkeerde weë laat staan nie, is daar geen hoop dat die sterk bergbewoners hulle sal laat gaan nie. Sou enige van hierdie heidene ’n hardnekkige of `n rebelse ingesteldheid hê en hy neem die inisiatief om te ontsnap, of hy probeer om iemand seer te maak, sal hulle aksies tot niks uitloop nie, want eers sal daar dreigemente wees en dan sal `n straffende engelgees teen¬woordig wees wat, met die eenvoudigste metodes, so `n hard¬koppige en rebelse persoon laat verstaan hoe min hy gaan bereik met sy afwykende gedrag. Na so `n les verander die hardnekkige persoon gewoonlik sy houding. Sou hy volhard met sy hard¬nekkigheid, gebeur dit dat hy deur die wraakengel gestraf word deur, óf hewige buikpyne óf ekstreme omstandighede, selfs ook met liggaamlike vernietiging. Die gevolge van hierdie straf is so dat `n persoon vir `n baie lang tyd `n wag van die nag en die koue sal wees. 22. Een van die belangrikste reëls van die bergbewoners is die volgende: Sou die oorgrote meerderheid van die familie manlik, in plaas van vroulik wees, dan is die manlike meerderheid vry om na `n vrou te gaan soek tussen enige ander naburige families. Indien hy ook nie `n vrou daar vind nie, kan hy na die laaglande gaan. Indien hy ook daar nie `n vrou vind nie, kan hy selfs verder reis. Dit gebeur wel dat die bruidegom met tye reis na twee, drie of selfs vier kontinente op soek na `n vrou. 23. Sou hy `n vrou op hierdie vêrafgeleë plekke vind, is dit die reël dat daar nie teenkanting sal wees indien daar `n vroulike meerderheid is nie. Die bruidegom is vry om daar te bly met sy vrou en dit is gewoonlik die geval, of hy kan met sy vrou terugkeer na sy vaderland, maar hy is onder verpligting om haar ouerhuis elke drie jaar te besoek solank die ouers nog lewe. Wanneer hulle nie meer lewe nie, dan is die verpligting volbring. 24. Indien die meerderheid van die lede van `n familie vroulik was, word boodskappers uitgestuur om die naburige families in te lig oor die toedrag van sake. In hierdie geval sal een of meer minnaars oorweeg word. 25. Die oudste beroep hom op die Gees van Lig om aan hom te toon wat die Wil van die Groot Gees is aangaande wie van die minnaars die waardigste is en dit gebeur onmiddellik. Die een wat gekies word as die bruidegom, neem dan sy bruid huis toe na afloop van die huwelikseremonie, soos hierbo beskryf. 26. Sou daar meer as een hubare vrou uit een familie wees en slegs een minnaar, dan beroep die oudste hom op die Gees van Lig om die mees geskikte een aan te wys. Daarna trou die twee en hou ’n seremonie soos hierbo beskryf, waarna die bruidegom sy bruid na sy huis neem. 27. As daar net soveel hubare vrouens is as minnaars, dan kry elkeen ’n reg om te kies. Nadat hulle gekies het, moet die minnaars die oudste inlig rakende hul keuses. Die oudste raad¬pleeg dan die Gees van Lig vir bevestiging van korrekte keuses en of dit die goedkeuring van die Groot Gees wegdra, al dan nie. Indien dit bevestig word, word die huwelikseremonie onmiddellik uitgevoer sonder tierlantyntjies. Sou die Gees van Lig nie hierdie keuses goedkeur nie, dan vra die oudste aan die Gees van Lig om aan te dui wat die korrekte keuses in die naam van die Groot Gees moet wees. Dit word onmiddellik gedoen en die paartjies stem met groot dankbaarheid saam in hul harte. Daarna word die paartjies onmiddellik in die huwelik bevestig en die bruidegom kan sy bruid huis toe neem. Dit is voor die hand liggend dat die besonderhede van die seremonie wat in die vorige hoofstuk beskrywe was, insluitende al die gewoontes, ook hierop van toepassing sal wees. 28. Buiten hierdie reëls is daar `n paar onbelangrike huis¬houdelike reëls wat nie genoem sal word nie, want om dit te ken sou geen doel dien nie. In die volgende hoofstuk sal ons die godsdiens van die Saturniete bespreek.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205