Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 14 Die Stokslak Die Piramideslak Die Skyfslak wat salwe en tuinornamente produseer vir die patriarge se jasse. 1. Na die reuse bloumossel, sal ons nou die slak behandel; eerstens met hulle wat in die waters is en dan met, na aanleiding van hulle liggaamsbou, die wat meer ontwikkel is en op land leef. 2. In die water is daar duisende verskillende spesies slakke wat agtereenvolgend in so `n orde voorkom, in `n biologiese verhouding, dat die een vanuit die ander voortkom, alhoewel dit beter sal wees om te sê; ‘m.b.t. voortplanting van lewe’. 3. Sovêr as wat dit die voorafgaande spesies van slakke betref, is hulle van minder belang vir julle nuuskierige oë, alhoewel ’n mens volumes boeke kan skrywe oor hierdie spesies. As julle egter `n poging wou aanwend, sou julle nooit in staat gewees het om almal te lys nie. Daarom sal ons slegs daardie skaaldier spesies beskryf wat op die hoogste trap van ontwikkeling staan en wat `n spesiale belang by julle sal wek. Ons sal die vyf hoogste spesies beskryf, as gevolg van hulle wonderbaarlike statuur. 4. Die eerste hoogsontwikkelde slakspesie is die Stokslak. Dit is `n besonderse eienaardige tipe slak, omdat die winding van die skulp `n langwerpige skroef voorstel. Dit is dieselfde as om `n 60 voet lange stomp tot `n skroef te kerf, of, in `n beter beskrywing, om `n lang tou rondom hierdie stomp te draai, op so `n manier dat `n ander winding stewig vanaf die top af ingeskroef kan word tot op die bodem van hierdie stomp. Moet nie dink dat hierdie stomp te dun is nie, want aan die onderkant het die dikste deel `n diameter van 5 voet en van daar af loop dit na `n spits en die winding word ook in verhouding dunner. Op aarde kan julle so `n slak `n soort van kronkelende obelisk (gedenknaald) noem. Die rede waarom ons dit `n ‘Stokslak’ noem, is omdat dit so deur die Saturniete genoem word. 5. De buitenste kleur van hierdie slak is absoluut pragtig. Die dikste gedeelte is heeltemal roosagtig rooi, asof julle `n fyn lagie gepoleerde silwer daaroor gedek het. Nader aan die punt word die rooi donkerder, met dieselfde metaalagtige uitstraling, sodat die roosagtige verkleuring begin met `n baie fyn rooi en eindig in die donkerste rooi. Maar die kleur is nie die prag van hierdie slak nie –daar is nog die rand van die skroefdraad. Die lang draaiende maagband van hierdie slak is regdeur versier met die pragtigste kleure, met groter en kleiner pêrels. Die groef wat tussen die windings loop is versier met `n goue lint wat pragtige arabesk afbeeldings toon. Dit is hoe die huis van hierdie slak versier is. 6. Die dier wat binne-in hierdie skulp leef, is minder interessant; dit is meer `n poliepagtige wurm wat toegerus is met vier slurpe. Sy voedsel bestaan uit klein slakke en kleiner mossels, wat hy met sy laer tentakels gryp, dit fynkraak en die fyngekraakte voedsel in sy onderste slurpe plaas. Met die ander twee slurpe voel hy sy weg om hom heen met die doel om iets te soek om te eet en om te bepaal of daar nie dalk ander opponente in die nabyheid is wat hom wil aanval nie. Indien dit so is, trek hy homself in sy pragtige skulp terug en sluit die uitgang met `n witterige kors. Maar baiekeer is hierdie voorsorgmaatreël totaal vergeefs, omdat sy vyande die swaardkrewe is, wat Ek later sal beskryf. Die swaardstert skaaldiere (van die xiphosura orde) het die vermoë om hierdie kors te penetreer. Hulle gaan hierdie hulpelose en weerlose slak se skulp met krag binne en verorber hierdie weerlose dier bietjie vir bietjie, totdat daar niks oorbly nie. Dan word hierdie krewe ook die prooi `n ander groter slak, wat ons later sal bespreek. 7. Die inwoners van Saturnus vergader die skulpe van hierdie Stokslak en versier hulle tuine daarmee. Soms gebruik hulle hierdie skulpe as waterpype op die volgende manier: Waar daar ookal fonteine in die berge is, vang hulle die water op met die bekgedeelte van die skulp, maar sny eers die punt van die nouerwordende gedeelte af en dit veroorsaak `n opbou van drukking sodat die water met krag uitstroom deur die dunner gedeelte. Onder hierdie een plaas hulle weer `n ander skulp wat weer die water met die groot bek opvang en so gaan dit voort teen die berg af vir verskeie myle. Dat so `n waterpypleiding `n baie indrukwekkende skouspel afgee, kan julle wel vir julself indink. 8. Die volgende slakspesie is die Piramideslak. Sy kleur is deurgaans `n goue grasgroen, die buikgord gedeelte is proporsioneel versier met groot sneeuwit elliptiese vorms en die kante is op so `n wyse afgewerk, asof julle `n wit marmerplaat wou raam binne `n gladde gepoleerde goue raam. Hierdie slak is baie groot. As julle sy grootte met iets op die aarde wou vergelyk en sy wydte wou meet, sal hy heelwat hoër wees as julle StadtschloBerg.* Die kleur van die dier wat hierbinne lewe is donkergrys en dit het `n slurp, so groot soos `n enorme groot olifant s’n. Hierdie slurp is vêrreikend en ongelooflik sterk. Aan beide kante van hierdie slurp is daar twee addisionele slurpe wat heelwat swakker is en aan die ent van elkeen van hierdie slurpe is daar `n skerpsiende oog. Aan die onderkant van die slak is `n sterk paar witagtige paddavoete wat die slak in staat stel om redelik vinnig oor die ysoppervlakte te beweeg, wanneer die oseaan se oppervlak ookal mag vries. Wanneer hierdie slak op die oseaan beweeg, word sy huis opwaarts gekeer en indien julle hierdie bewegende slak vanaf `n afstand sou beskou, hy soos `n swemmende piramide sou lyk. * `n koppie (475 m hooog) in die dorp Graz, Styra 9. Hierdie slak het `n gewelddadige natuur en val mense aan deur sy slurp om sy slagoffer te kronkel, vergruis hom en plaas hom in sy groot bek. Maar die Saturniete is goed bewus daarvan en is daarom voorberei wanneer hulle so `n slak wil vang. Hulle gooi `n vangstrik oor sy groot slurp en trek dit vinnig styf en die slak is dan so goed as gevang. Omdat die slak `n lug asemhalings dier is en sy lug deur die uitstekende slurp intrek na binne, sterf hy vinnig wanneer hy nie meer lug deur sy slurp kan inasem nie. Die Saturniete weet wanneer die slak dood is, deur die `n wit vloeistof by sy mond uitkom, want die wit vloeistof is alreeds `n eerste aanduiding van sy interne ontbinding. 10. Die mense van Saturnus vang hierdie wit vloeistof op, as gevolg van sy buitengewone geur, wat by verre dié van amber¬grys* op aarde oortref. Sodra die dooie slak ophou om die vloeistof uit te skei, laat hulle hom oor aan die natuur. Vinnig neem die aasdiere van die oseaan oor en verorber die hele slak binne `n paar dae, dit is, slegs die slak self, nie sy harde en ferm skulp nie. By sy wye opening is die dikte van die skulp baie dikwels enigiets van 24 tot 30 voet. Sodra die skulp op hierdie manier skoongemaak is, verwyder die Saturniete tydens laagwater die skulp uit die oseaan en dit word na sy bestemming gebring op dieselfde manier as die groot mossel. *’n wasagtige substansie wat sy oorsprong het as ’n uitskeiding in die derms van die spermwalvis, wat in tropiese oseane gevind word en wat in die vervaardiging van parfuum gebruik word. 11. Die slak se hoofdis is die swaardstert skaaldiere wat vroeër genoem is, wat uit verskeie groottes en in groot hoeveelhede bestaan. Nie een is groter as die sogenaamde seekrap nie (makrocheirie), maar die meeste van hulle is heelwat kleiner, dikwels nie eers groter as `n sprinkaan op aarde nie. Maar hoe maak hierdie tweede slakspesie, hierdie Piramideslak, `n groot vangs van hierdie swaardstert skaaldiere? Hierdie slak vang sy prooi wanneer hierdie skaaldiere op hulle besigste is, naamlik wanneer hulle aandag gevestig is op hulle eie verorbering van die Stokslak. Wanneer die Piramideslak in aanraking kom met `n Stokslak wat gevul is met hierdie skaaldiere, slaan hy sy groot slurp rondom die slak en neem hom na die oewer en plaas die slakhuis op so `n manier dat die wye kant ontbloot is. Sodra hierdie skaaldiere uit die water is, begin hulle uit te beweeg, die een na die ander en dit is dan die Piramideslak se kans om hulle op te vreet. Hierdie skaaldiere is daarom terselfdertyd `n lewesopnemer middelklas dier, waardeur die lewe van die een slak versterkend oorgaan in die lewe van ’n ander. Tussen twee groter diereklasse is daar altyd `n kleiner diereklas wat kwaadgesind is teenoor die vorige groter klas, maar wat spoedig verorber word as `n sappige happie deur die groter klas wat volg. 12. Die derde tipe seeslak op Saturnus is die Skyfslak. Hierdie slak kom in `n sekere mate ooreen met die Nautilusslak* op aarde, maar met die verskil dat julle nautilus natuurlik baie kleiner is, maar baie dikker in verhouding tot sy platforms op beide kante, as die slak op Saturnus tot sy platforms. Die skyf van hierdie slak het baie dikwels `n diameter van 600 tot 720 voet, maar die totale dikte van onder tot bo is selde meer as 18 voet. Ten tye van hooggety is hierdie slak op die bodem van die see, maar tydens laaggety swem hy altyd op die oppervlak. *Baie groot roofdier in die see van die Ordovician Periode, 510 miljoen jaar gelede. Dit word gevind in die tropiese waters van die Indo-Stille Oseaan. 13. Wanneer die slak op die seebodem is, stoot hy sy geweldige groot slurp vêr bokant die oppervlak van die water uit, met die doel om asem te haal. Sy posisie kan dan maklik hierdeur bepaal word en hy word gewoonlik gevang wanneer hy in hierdie posisie is. Dit moet natuurlik verstaan word dat dit net gedoen kan word gedurende medium gety, omdat gedurende hooggety geeneen van die inwonende Saturniete dit sal waag om op die see te gaan nie. Hierdie dier kan nie gevang word terwyl op die oppervlak nie, want hy beweeg teen `n geweldige spoed en kan nie sonder groot inspanning gevang word nie. En indien iemand hom wel sou vang, sal niemand in staat wees om aan sy skyf vas te hou nie, want hierdie andersins saggeaarde kreatuur sal by die geringste aanraking al sy uiterlike tentakels onmiddellik terugruk en, deur middel van een van sy paddapote wat tot in die water strek, so vinnig teen so `n spoed in die rondte begin tol sodat niemand dit sal waag om hierdie sneldraaiende skyf aan te raak nie. 14. Hoe lyk hierdie baie uitsonderlike slak dan nou eintlik? Ek sal julle inderdaad nou vertel en julle kan julleself in allerhande soorte van wonderlike fantasieë dompel, maar julle sal nie daarin slaag om die skoonheid van hierdie slak behoorlik vir julleself voor te stel nie. En dit is die rede waarom die Saturniete begeer om so `n wonderbaarlike slak te besit, heel dikwels onder uiterste omstandighede en tot groot gevaar vir hulleself. 15. Wat sy huis aanbetref, vorm die slak `n volkome sirkel waar die opening grens langs die plat warrel en beslaan omtrent een derde van die totale sirkel. Die opening waardeur die Skyfslak sy liggaam en sy wonderlike uiterlike ledemate willekeurig projek¬teer, is nie wyer as 3 voet nie en die tregtervormige rand van die verlengde opening is so pragtig en fyn gerond, dat dit die totale skoonheid van die huis enorm verhoog, in plaas van om dit `n gedisorganiseerde en onvolledige voorkoms te gee. 16. Hoe lyk hierdie huis? Kyk self en wees verstom in julle verbeelding! Wat die buitekant van die huis aanbetref, het dit `n wonderlike voorkoms. Dit kan vergelyk word met `n huis waar `n baie kunstige en bekwame juwelier dit versier het in ’n mees veelsoortige, goed geordende fatsoen met al die verskillende soorte kosbare edelgesteentes. Daar is een ry van diamantagtige edelgesteentes reg rondom, met `n gewig van een pond elk. `n Ander ry wat volg is `n ry robyne met dieselfde gewig en die ander een met smaragde en so aan, met al twaalf hoofsoorte van die kosbare edelgesteentes. En tussen elke ry is `n klipgrens – `n vrye spasie – wat die voorkoms het van `n wye goue lint! Hierdie lint bevat, in `n verhewe vorm, die wonderlikste tekeninge van die vorige groep dierspesies, wie se lewe in hierdie slak verenig is en wat hier getrou uitgebeeld word . 17. Die einde van hierdie slak se huis is afgewerk met `n gallery van regopstaande klein goue kolomme van 6 voet in hoogte. Dit lyk asof `n bekwame beeldhouer so `n reling rondom die skyf uitgekap het, wiel of rondeel, en waar die stawe kunstig uitgekap is, is daar klein Stokslakke wat op die top verbind is met fyn omgesoomde boë. Hierdie kolomme is in ooreenstemming met hul soort, - hulle is goudkleurig, soos die goud van die Stokslak self. Die boogwindings het `n uiters pragtige afwerking van skitterende gepoleerde goud. Bokant elke boog sal julle in kunstige vorm ’n miniatuur Piramideslak met sy eiesoortige kleur vind. Die reling begin laer by die begin van die opening van die skulp en verdwyn uiteindelik heeltemal waar die dier se hoofledemate uitsteek vir `n afstand van ongeveer30 voet. 18. Dit is hoe die boonste gedeelte van hierdie slak lyk. Soos voorheen genoem, is die kantmure nie hoër, wyer of dikker as 18 voet nie en dit lyk soos `n kolonnade van kolomme van 12 voet hoog. Die kolomme is deurgaans wit en het nie `n basis of `n pilaarkop nie. Inderwaarheid rys hulle vanuit die laer uitstekende oppervlakte tot by die boonste plafon. Die agtergrond agter die kolomme is ook liggies gekleurd en stel `n reënboog voor. Die langwerpige kanaal, of eerder die langwerpige opening van die slakskulp, is totaal rooi, soos wat die wolke soms met sonsondergang op aarde rooi gekleur word en terselfdertyd het dit sy eie fosforagtige skittering wat, veral in die nag, nie minder verlig is nie en dit lyk soos `n wolk wat verlig word deur die aandson. 19. Hoe lyk die uitstekende dele van die slak? Hierdie slak steek `n soort ronde seil uit, net soos `n pou met sy lang oogvormige regopstaande vere. Wanneer daar `n wind op die oppervlak van die oseaan is, dan dien die seil om die slak op die oppervlak vorentoe te laat beweeg teen uiters vinnige snelhede. Gedurende `n kalm wind waai die slak die lug met sy groot wielagtige seil so vinnig dat dit snel oor die oppervlak van die oseaan beweeg. Hierdie beweging word versnel deur die laer uitstekende dele wat onder die water is. 20. Wanneer hierdie wielagtige seil uitgesteek word, is dit baie pragtig. Sy kleur is ligpers (violet). Die rand reg rondom is skitterend rooi en self verligtend, soos wolke in die gloeiing van die ondergaande son. Die hele wiel is in kompartemente verdeel met gereëlde intervalle, elkeen versier met `n uitstekende tekening van ’n Stokslak, met die spits toelopende gedeelte wat na onder wys. Hierdie kompartemente is op die agterkant versier met die swaardstert skaaldiere, in `n volmaakte orde, vanaf die kleinste tot die grootste en hierdie tekeninge is in die pragtigste goud-karmynrooi kleur. Elke kompartement vorm sy eie boog by die rand. Aan die voorkant word hierdie boog versier met `n ware reproduksie van die Skyfslak en ook aan die agterkant op `n ligblou agtergrond, die van die Piramideslak. Die buitekantste rand van die boog op die agterkant is `n skitterende wit en het ook sy eie aandrooi wolk se glimmende skynsel, net soos aan die voorkant. 21. Die lang slurp wat die slak gebruik om mee asem te haal is ook heeltemal wit, maar met `n kronkelende rooi band en al langs die middel van hierdie band is daar klein liggroen sterre. Hierdie slurp dien ook as `n arm vir die slak om aan hom sy voedsel te verskaf. Die slak se voedsel bestaan uit `n soort seegras wat op die strande groei. In die gras is daar ontelbare klein goue wurmpies wat vir die slak dien as aanvullende voedingstowwe. Deur hierdie aanvullende voedingstowwe bekom die slak die lewe van al die voorafgaande dierspesies. 22. Hierdie slak is alreeds in besit van sy eie kragtige instink en produseer somtyds genoeg intelligensie sodat daar deur mense in sekere lande `n goddelike verering aan hierdie slak geskenk word. Dit word veroorsaak deur die feit dat hierdie slak, wanneer hy nie uitgelok of vervolg word nie, `n voorwerp sal red wat per ongeluk in die see beland, hetsy die voorwerp nou `n dier of `n mens is. Wat hierdie slak nou ookal hulpeloos op die oppervlak van die water vind, sal hy met sy sterk slurp optel, dit plaas op sy pragtige en ruim skyf en sal daarmee na die naaste land seil en die voorwerp met sy slurp op die land neersit. Dit is ook waarom hierdie uiters pragtige waterdier soveel verskillende name gegee word deur die Saturniete in die verskillende lande. Sommiges noem hom die ‘oseaan-veër’, want hy verdra nie dat daar iets op die oppervlak van die water moet dryf nie; ander noem hom ‘lewensredder’; ander weer ‘oseaan-lig’; ook ander die ‘lewende-skip’ of die ‘wonderwiel’ en daar is nog baie ander toedigsels vir hierdie dier. 23. Behalwe vir die mens, het hierdie dier nagenoeg geen ander vyande nie. Sodra dit `n sekere ouderdom bereik, sterf hy. Maar wanneer hy sterf, verloor die huis die meeste van sy prag. Daarom probeer die Saturniete om hierdie dier lewendig te vang en dan dood te maak, sodat die prag van hierdie huis behoue kan bly. Wanneer hierdie dier doodgemaak word, dryf hy op die oppervlak van die oseaan. Die inwoners neem hom nou vinnig met hul bote op een van die riviere na hul woning. Sodra hulle daar aankom, verwyder hulle die vleis versigtig en bedrewe, sodat die kompartemente van die groot waaier of seil nie beskadig word nie. Die seil word dan versigtig van die stewige liggaam van dier slak verwyder en word versigtig uitgesprei. En wanneer dit behoorlik uitgedroog het, word dit behandel met kragtige geurige olies waardeur dit sag en buigsaam word. 24. Hulle verwerk hierdie seil tot `n soort jas. Maar hierdie jasse word slegs gedra deur daardie Saturniete, veral in Herrifa, wat hoog in aansien gehou word soos die patriarge. So `n waaier behou al sy kleure en tekeninge, maar verloor sy eie ligkrag. 25. Die oorblywende vlees is byna alles ghries, daarom kook hulle dit uit. Hierdie vet word dan gemeng met geurende kruie en die Saturniete berei `n buitengewone voortreflike salf wat slegs deur die patriarge gebruik word. 26. Maar wat gebeur nou met die pragtige huis? Dit word versigtig op die land getrek en word stewig horisontaal geplaas op `n grondwal wat spesiaal vir hierdie doel gebou word en meestal in die tuin van een van die patriarge. Dit is `n baie aangename gesig. Baie Saturniete geniet dit om daarna te kyk en by spesiale geleenthede loop hulle selfs daarop. Om egter op die huis van die slak te loop, word baie selde gedoen, omdat die meeste patriarge `n hoë agting vir so `n tuinversiering het, omdat rykdom op Saturnus bepaal word deur die prag van jou tuin. Om die prag van so `n tuin te verhoog, word die skulp van `n Piramideslak aan die kant van die dop van die Skyfslak geplaas. Dit is nie ongewoon vir `n patriarg om tot eenhonderd van hierdie versierings in `n reguit lyn in sy tuin te hê nie, - dit is dieselfde aantal van beide spesies! 27. Dit behoort voldoende te wees om aan julle te sê dat al wat julle hoef te doen, is om die krag van julle verbeelding te laat ontwaak en julle sal verstom staan deur die grootsheid en prag van so `n tuin. Want een ry van hierdie diamante waarmee die oppervlak van `n slakhuis mee versier is, is meer werd is as die hele skatkis van `n keiser op aarde, om nie eers die ander kosbare edelgesteentes en skitterende goud, asook die ander prag wat in so `n tuin van die patriarge is, te praat nie. 28. Ons sal die ander twee slakke bespreek in die hoofstukke wat sal volg. Vir vandag sê Ek egter, Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205