|
Saturnus JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 22
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53. |
|
|
Hoofstuk 21
Die sangers bokant die riviere en mere
Die meesters van die kuns van die fuga*’
Die noordelike sanger van die lug
Die effektiefste musiek
*Fuga – meerstemmige musiekstuk waarin een stem die hooftema aangee en om die beurt deur die ander stemme volgens reëls in die tema beantwoord word.
1. Die voëlspesies wat ons nou gaan bespreek word genoem die ‘sangers bokant die riviere en mere’. Hierdie voëls was al voorheen genoem, as gevolg van hul genotvolle sang. Ons sal egter so `n bietjie meer aandag aan hulle skenk en eerstens gaan kyk na hulle vorm. Hierdie voëls kom byna ooreen met die swane van die aarde, maar slegs 20 tot 30 keer groter. Die nek is in verhouding nie so lank nie, maar heelwat dikker. Die kop is ook in verhouding heelwat groter as die van die swaan.
2. Hierdie voëls het baie buigbare larinks of stembande wat in kontak is met `n baie behendige tong en in verhouding tot die res van die liggaam het hulle baie groot elastiese longe met `n groot lug kapasiteit. Hulle is die ware musikante op hierdie planeet –wat die musiek aanbetref, is hulle die kunstenaars. Hierdie voël herhaal nooit iets wat hy alreeds gesing het nie. Selfs al sing hy vir jare aaneen, sal hy nooit `n melodie herhaal wat hy alreeds gesing het nie!
3. Dit is egter nie wat so verbasend is wat betref die musikale kuns van hierdie watersangers nie, maar wanneer verskeie van hierdie voëls vergader (wat gewoonlik gebeur, omdat hulle daarvan hou om in groepe te sing), sal julle nooit `n enkele disharmoniese akkoord hoor nie. Sou een van hierdie voëls begin sing, sal dit nie lank neem vir `n tweede, `n derde, `n vierde en so aan, om aan te sluit nie, maar dit sal nooit een en dieselfde melodie wees nie. Ten spyte hiervan sal elke voël sy eie besonderse melodie sing, maar en gelei deur sy baie sensitiewe gevoelens, sal die gesang van die ander voëls nooit in `n disharmoniese kontras wees nie, selfs al is daar dertig of meer bymekaar.
4. Die gesang van hierdie voëls sal `n fees vir die ore wees van elke vriend van die strengste en bekwaamste ‘fuga’. Nie net is daar `n deurlopende ontmoeting van nuwe idees nie, maar hierdie idees is gemoduleer en verander die fundamentele toon so skielik, dat selfs die grootste komponis op aarde nie in staat is om dit te bedink nie. En verbeel julle dat die suiwerste stemme hierby gevoeg word. Die stem van die beste sanger op aarde sal maar net ’n gegil wees in vergelyking hiermee. Dit sal julle `n idee gee watter genot hierdie voëls verteenwoordig vir die Saturniete, wie van geboorte af groot vriende van musiek is. Al wat Ek julle kan vertel is as dit moontlik was om slegs drie akkoorde van die keel van so ’n watersanger te hoor, sal alle musiek op aarde vir julle afstootlik wees vir die res van julle lewens.
5. Hierdie watersangers is ook die rede waarom die Saturniete self nie baie geïnteresseerd is in die tema van musiek nie, alhoewel hulle groot vriende van musiek is. Hulle sê: “Wanneer vergelyk word met hierdie sangers, is ons kele niks anders as lomp hout nie. En die klanke wat ons kan voortbring, is so sleg in vergelyking hiermee dat jy nie daarna kan luister nie. En solank as wat die Groot Gees van Geeste ons toelaat om hierdie sangers te hê, het ons die manjifiekste musiek in oorvloed.” Die Saturniete wat op hierdie oewers van hierdie mere woon, beoefen hoegenaamd glad geen musiek nie, maar hulle wat verder weg woon van hierdie waters en hulle in die berge, doen dit wel.
6. Kan hierdie voëls gevang en makgemaak word? Ja, dit kan gedoen word. Maar wanneer hierdie voëls in gevangenskap is, hou hulle op om te sing, selfs al is daar `n hele kudde. Maar sodra hulle losgelaat word en op die oppervlak van die water swem, begin die voëls weer te sing.
7. Hierdie is die singende voëls wat vroeër genoem was. Iemand sal sekerlik wil weet of hierdie sangers tuis is in baie van die groot lande van hierdie planeet en of hulle habitat oorwegend in die suidelike, noordelike, oostelike of westelike dele is. Hierdie voëlspesie het hulle habitat op die grootste dele van die groot hoofland of kontinente. Maar in die lande self okkupeer hulle merendeels die suidelike streke.
8. Die noordelike gedeeltes het baie min van hierdie spesie, inteendeel maak ander spesies hul woning hier, wat op `n manier hierdie buitengewone groep sangers vervang. Hierdie noordelike sangers van die lug sing egter nie melodieë nie. Wanneer `n paar van hierdie voëls saamsing, klink dit soos die wind wat deur die snare van `n harp blaas en verwek dus so aanloklike klanke. In hierdie streke is dit raar dat hierdie swakker musikante `n harmonieuse akkoord kan opbring. Maar vir daardie Saturniete wat nie die voorreg het om die beter sangers te hoor nie, is die liedere van hierdie voëls heel verheffend. Selfs al sing hulle nie so pragtig nie, is hulle meer inheems. Wat hulle vorm aanbetref, is hulle by verre die pragtigste en manjifiekste voëlspesie op hierdie planeet. Ons sal hulle voorkoms in die volgende mededeling bespreek. Maar vir vandag sal dit genoeg wees.
9. Hoe lyk hierdie noordelike sangers van die lug dan? Dit sal baie moeilik wees om `n behoorlike beskrywing aan julle te gee, want daar is geen voël op aarde wat met hulle ooreenkom nie. Ongeag sal ons probeer om aan julle `n idee te gee rakende die vorm van hierdie voël. Luister nou:
10. Hierdie voël is so groot soos `n volgroeide bees op aarde. Sy liggaam is regdeur bedek met groengoud vere wat meer wolagtig is as glad. Die klein vere op die boonste rante van die vlerke, beginnende vanaf die liggaam na die einde van die vlerke, lyk soos gepoleerde goud waarop `n helder skitterende rooi karmynkleur aangewend is. Die buite vere van die vlerke is ligblou; waar die rante van hierdie vere soos dowwe goud lyk. Die penvere is `n skitterende wit wat in verskeie kleure vonkel soos `n goue perlemoenskulp op aarde. Die stert bestaan uit lang vere wat in twee dele verdeel is, soos die van `n swawel op aarde. Hierdie vere is nie met reguit donse bedek nie, maar met lang en vloeiende donse. Die vloeiende donse het kleure byna soos die donse van `n pou se stertvere. Op die vêrste punte hang `n ruie maanhaar van hierdie vloeiende donse, wat met tye 90 duim lank afhang van die vere. Maar dit is so lig dat die totale gewig, volgens julle afmetings, nie eers 9 gram weeg nie. Hierdie dons-maanhare is multi gekleurd, sodat die kleure met elke beweging verander.
11. Die pote van hierdie voël is heeltemal wit en welgevorm, - hulle is nie soos die pote van die voëls op aarde nie. Die verskil is dat die pote van die aardse voëls gewoonlik kaal en baie dun is, terwyl die bene van die voëls op Saturnus, regdeur tot by die kloue, baie meer vleisagtig is en dit is bedek met die pragtigste veredos, wat presies so lyk soos die van die pensgedeelte, net `n bietjie ligter in kleur. Die sogenaamde klou aan die pote van die Saturniniese voëls het gewoonlik die vorm van die pote van `n welgeskape aap op aarde. Egter in hierdie geval het die voël `n poot wat soos `n regte menslike hand gevorm is, - behalwe dat die vingers tot by die gepunte naels bedek is met pragtige ligte vere.
12. Dit is hoe hierdie voël lyk van sy liggaam tot by sy kop, waar die kop die mees besonderse deel is. Hoekom is dit so? Kyk, hierdie voël (glo dit of nie) het twee koppe, maar nie op dieselfde wyse as daardie aardse prente van die tweekoppige arend nie. Instede daarvan is hierdie twee koppe een bo-op die ander. `n Nek soos die van `n swaan met `n kop verreis vanuit die kroon van die laer kop.
13. Die laer kop is redelik rond en het `n diameter vanaf die onderste gedeelte tot bo van ongeveer 2 voet en is 1½ voet wyd. Hierdie kop het `n vroulike, menslike gesig, byna soos die meerminne op aarde (wat natuurlik baie selde gesien word) en die bokant van die kop is bedek met die mooiste lang hare, wat oorgaan in `n donkerblou kleur. Vanaf die kroon van hierdie laer kop kom daar `n 30 duim lang nek uit met `n tweede kop wat in `n mate lyk soos die kop van `n swaan op aarde en wat hierdie voël op dieselfde manier dien as wat die slurp die olifant dien.
14. Die voël neem geen voeding op deur die tweede kop nie, want hierdie nek het geen keel nie. Ten spyte daarvan het hierdie kop wel twee oë en aangesien die nek baie buigbaar is, kan hierdie voël oral sien met die oë van die boonste kop, maar kan nie sien met die oë van die laer kop nie. Aangesien die oë in die boonste kop baie skerp is, laat dit die voël toe om alles te onderskei tot op die vêrste afstande. Die gesig van die laer kop is nie naak nie, maar is ook bedek met baie klein bleekrooi vere. Slegs die lippe en die opening van die redelike plat neus is kaal, die res is geveerd. Die oë van die laer kop is groot en ligblou en nader aan die voorkop gaan die tweede nek oor in `n verblindende wit kleur. Die nek van die boonste kop is ligpers, waar die kop heeltemal vuurrooi is. Die snawel is blouwit met `n baie sterk greep en goed toegerus om stewig aan voorwerpe vas te klou.
15. Hoe neem hierdie voël sy voeding op en hoe drink hy dit? Dit word op `n baie eenvoudige manier gedoen. Hy verwyder die vrugte van die boom met sy boonste kop en hou dit voor die bek van die laer kop, wat met sy skerp tande, soos die monde van ape op aarde, deur die vrug byt en dit dan verorber. Wanneer hierdie voël wil drink, gebruik hy sy boonste kop soos `n drinkglas. Hy skep die water met sy boonste kop op en hou dit in die groot holte van die boonste kop en laat sak dit na die laer kop en die laer kop drink dan so die water vanuit die boonste kop.
16. Dit was ons tweede sanger, maar ietwat onvolmaak, want hy kan slegs een toonhoogte sing. Maar hierdie toon is pragtig en melodieus. Dit sal die mense op aarde meer beïndruk as `n volledige orkes.
17. En julle kan my glo wanneer Ek sê dat die musiek in die hemel, wanneer dit die aangenaamste is, nie bestaan uit `n konflik van baie klanke nie, maar is in plaas daarvan slegs een enkele toon. Hierdie musiek is die gevoelvolste en effektiefste. Bewys dit aan julleself. Wat verkies julle:?`n Enkele helder, pragtige noot van `n manlike of vroulike sanger, of `n deur¬dringende akkoord wat deur `n musiekinstrument gemaak is. Wanneer iemand `n uitstaande helder en melodieuse stem het, sal dit nie `n jammerte wees wanneer so `n stem oordonder word deur ander klanke nie? Daarom is dit nie `n kwessie van die veelsoortigheid van klanke nie, maar dit is die kwaliteit van die individuele toon wat daardie hartverskeurende effek van musiek het. `n Perfekte toon is op sigself alreeds die suiwerste harmonie, aangesien `n toon nie individueel self tot `n waarneembare of hoorbare manifestasie kom nie, in plaas daarvan, wanneer die fundamentele toon tot lewe kom, bestaan daar alreeds binne hierdie toon die korresponderende tone wat afgelei word van die fundamentele tone in die korrekte verhoudings, byna soos die klank van `n suiwer klok.
18. Dit is hoe julle vir julleself moet indink hoe die toon van hierdie Saturniniese sanger moet wees, maar in `n taamlike lae oktaaf, soos byvoorbeeld die G, A en B wat op aarde bekend¬staan as die groot oktaaf. Dit sal julle `n idee gee van die sang van hierdie voël. Wanneer hierdie voël sing, begin dit met pianissimo (sagte noot), so kragtig as moontlik en hy verhoog die toon sonder om in die geringste graad af te wyk, of met ander woorde, sonder om die toon te verhoog of te verlaag, tot so `n desibel vlak asof julle direk langs `n klok staan wat gelui word. Die voël hou hierdie desibel vlak vir `n paar sekondes. Dan laat hy dit geleidelik verdof totdat julle dit nie meer kan hoor nie. Sou daar dan nou twee, drie of selfs vier van hierdie voëls tesame wees en as hulle toevallig goeie harmonieuse stemme het, gee dit `n verbasingwekkende wonderlike melodieuse akkoord, wat so geniet word deur die Saturniete.
19. Daar is egter nie `n verandering in die akkoord nie; met ander woorde, een en dieselfde akkoord bly oor. Al kan selfs hierdie musiek nie op enige wyse kompeteer met die musiek van ons welbekende hoofsangers op Saturnus nie, mis hierdie eenvoudige musiek nooit sy doel nie. Sou daar miskien twee Saturniete haaks wees met mekaar, wat op hierdie planeet maar selde gebeur, sal al wees wat nodig is, is om na hierdie eenvoudige gesang te luister en binne `n kort tyd word hierdie twee bittere vyande die grootste vredeliewende vriende. Dit is waarom hierdie voëls ook dikwels ‘die vredemakers’ genoem word.
20. Hierdie voëls kan ook makgemaak word en ook na plekke gebring word soos die poue op aarde en word beskou as ornamentele voëls. Hierdie makgemaakte voëls het sterker stemme, maar hul toon is ietwat growwer, terwyl dieselfde spesie in die natuur `n hoër, suiwerder klank produseer. Die makge-maakte spesies word somtyds na die suidelike streke geneem as `n rariteit, maar verloor daar hulle stemme as gevolg van `n verskil in die voeding wat hulle kry. Hulle word treurig en siek en sterf gewoonlik vinnig. Dit is waarom die noordelike mense nie graag afstand doen van hierdie voëls nie, as gevolg van hul gehegtheid aan hulle.
21. Die vroulike spesie baar haar kleintjies lewendig en voed hulle met baie vol borste wat onder die nek van die onderste kop sit, byna soos `n menslike vroulike wese; behalwe dat die borste van hierdie voël nie naak is nie, maar bedek is met ligte vere.
22. Nou weet julle alles wat julle moet weet aangaande hierdie voël. Hierna sal ons gaan kyk na sommige van die makgemaakte voëls en vervolgens sal ons ook kyk na die landdiere en daarna sal ons die Saturniete bespreek.
|
|
|
|
|