Saturnus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53.

Hoofstuk 47 Meer aangaande die inwoners van die laaglande Besigheid en handel Verbanning van oneerlike mense Lewenswyse, huwelik, voortplanting en begrafnis 1. In die laaglande, veral in die gedeeltes van die mere en groot riviere, beoefen die mense ’n tipe ruilhandel. Hulle ruil gewoonlik die soort handelsware waarmee vrouens hulleself versier op die wyse wat voorheen beskryf is. 2. Dit gebeur wel dat `n handelaar doelbewus iets wil inwin om `n voorsprong oor `n ander persoon te hê. Maar hy beland in groot moeilikheid indien iemand hierdie bedrog blootlê. Die vrouens sal die handelaar met met allerhande skerp voorwerpe krap. Indien hy weer gevang word, nadat hy hierdie les geleer het, dan sal `n skip gereedgemaak word en die swendelaar en sy familie sal na `n vêrafgeleë plek geneem word. Hy sal op daardie plek bly vir `n gespesifiseerde periode, wat gewoonlik baie lank is, of hy sal vir ewig daar moet bly, afhangende van die omvang van sy tweede bedrog. Op Saturnus is hierdie straf bekend as ‘purak’ of “ewige verbanning”. Wie ookal vir `n spesifieke tydperk verban is, is slegs toegelaat om `n sekere hoeveelheid “skip vrugte¬sade” (chaiaba) saam te neem, sodat hy hierdie sade in die land van sy verbanning kan saai en om dan uiteindelik `n skip te kan voorberei van hierdie vrugte. 3. Hulle wat gevonnis en lewenslank verban word, word nie toegelaat om sade van die chaiaba met hulle saam te neem nie. Dit gebeur gewoonlik dat die bergbewoners van een of ander land deur die geeste ingelig word van die bejammerenswaardige toestand van die bannelinge. Die bergbewoners mors dan nie baie tyd nie – hulle reis tot waar hierdie mense verban is, verwelkom hulle en neem hulle na die berge, waar hulle gewoonlik die beste mense uit hulle maak. 4. Baie dikwels word hulle ’n woonplek in die berge gegee om te hou as hul eiendom. Met tye gebeur dit dat dieselfde mense van die laaglande wat hierdie mense gevonnis het tot lewenslange verbanning, mag reis na die berge en hulle vind dan skuiling, gasvryheid en leiding in die ware geloof. Wanneer die gaste hul gasheer herken, is dit gewoonlik die een verassing op die ander, waarby die gaste nie kan verstaan hoe hulle huidige gasheer die lewenslange verbanning ontsnap het en na hierdie plek in die berge gekom het nie. 5. In hierdie geval wys hulle hul verbaasde gaste daarop dat die Groot Gees in staat is tot baie dinge, waarvan die wyses van die mense wat lewe in die streke van die mere en oseane baie min weet. Wanneer die verbaasde vraestellers so `n antwoord ontvang, wring hulle gewoonlik hul hande en bekla bitterlik die dwaasheid wat gebruiklik is in die laaglande, waarop hulle weer ernstig vermaan word dat wanneer hulle huiswaarts keer, hulle sal moet bydra tot die beste van hulle vermoë om baie, of die meeste van hierdie dwaashede te elimineer. 6. Deur hierdie benadering het dit in baie van die groot kontinen¬tale lande gebeur dat die mense van die vlaktes nou op dieselfde vlak as die bergbewoners is. Maar daar is nog lande waar daar `n groot verskil bestaan tussen die mense van die laaglande en die mense in die berge. 7. Wat hand bekwaamheid en handel aanbetref, is die laaglande en die hooglande vergelykbaar dieselfde, behalwe vir `n paar luukse handelstransaksies wat nêrens in die berge of hooglande te vinde is nie, waar selfs die kleur (dyeing) van `n draad as `n sonde beskou word. 8. Die voeding (met die uitsondering van die melk van die groot koei) is dieselfde in die laaglande as in die berge. Slegs sommige van die patriarge-families het die pragtige groot wit rotse op die mere voorberei as plesier kastele (soos genoem in een van die vorige hoofstukke). Terwyl hulle hierdie plesier kastele beset, prikkel hulle hul verhemeltes met menige heerlike lekkernye wat bietjie meer kunstig voorberei is. Maar mettertyd boet hulle vir hierdie onbesonnenheid en op grond van hierdie gedrag, het vele wyse mediese dokters baie werk. 9. Onthou, julle het dieselfde probleem op aarde! As julle `n baie eenvoudige lewe sou geleef het, in ooreenstemming met die natuur en die vrugte van die aarde geëet het op die manier waarop Ek dit voorberei het – met slegs `n paar uitsonderings waar hulle eenvoudig net versag moes word deur dit op `n vuur te kook – dan sou julle taal vier woorde minder gehad het, een daarvan sou “dokter” wees en nog minder sou julle geweet het van “medisyne” of “apteek”. Julle sou die voorafgaande drie woorde nie geken het nie, want die eerste woord, “siekte” sou nie bestaan het nie. Ten eerste het julle baie knap kokke, gevolg deur die mediese dokters en aptekers met hulle selfs meer gesofistikeerde kombuise. En van hierdie kombuise verkry julle `n heeltemal perfekte soort gereg (medisyne) waardeur die siekte in die liggaam van die pasiënt `n permanente gas word. 10. Dit is hoe dit gaan in die laaglande van Saturnus, maar nie in dieselfde graad as op aarde nie. Dit is waarom die mense van die laaglande nie naastenby so oud word as die mense van die hooglande nie. 11. Betreffende huwelike: In die laaglande verbind die patriarg man en vrou in die huwelik, net soos op die berge, behalwe dat daar gewoonlik baie meer uiterlike vertoon in die laaglande is. 12. Voortplanting is dieselfde as in die hooglande, maar in die laaglande gebeur dit dat as `n man nie genoeg wilskrag en geloof besit nie, hy `n reis met sy vrou moet onderneem na die berge met die doel om sy wilskrag en geloof te versterk. Op hierdie punt hoef Ek nie die doel daarvan te noem nie. 13. Die begrafnis van `n mens in die laaglande word gedoen op twee verskillende maniere. Vir diegene wat op `n hoër geestelike vlak is, is die begrafnis dieselfde as in die hooglande, maar vir hulle wat ietwat meer heidense nasies is en wie die ligring as `n soort godheid aansien, is die begrafnis heelwat anders. Hulle plaas hulle dooies op een van hulle skepe en seil met hulle na die oseaan, veral waar die oseaan nie vêr van hul woning af is nie. Wanneer hulle vêr genoeg geseil het, word die lyk onseremonieel in die water gegooi en tydens hierdie geleentheid vind hulle onmiddellik `n “lewende graf”, waar baie die lyk gretiglik opvreet! Sodra so `n “begrafnis” plaasgevind het, keer die sogenaamde “graf grawers” terug en die oomblik wanneer hulle in hul tuisland voet aan wal gesit het, is die hele begrafnisseremonie beëindig. 14. Dit is tot aanvulling van wat julle alreeds weet van die sosiale inligting aangaande die merkwaardigste en noemenswaardigste tradisies of gewoontes van die vallei- en vlakte-mense op Saturnus. Ons sal nou die bewoonbare lande van Saturnus verlaat en met die kortste roete oor die sneeu en ys gebiede van die planeet reis na die Ring. En dit voltooi vandag se inligting.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205