DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 1

04.03.2008 09:31

 

Nadat julle ontwaak het moet julle opstaan en in MY diens besig wees sodat Ek julle met MY GEES kan vervul en julle sterk kan wees. Ontwaak in MY Naam en wees sterk! Gaan na julle broeders waarheen EK julle stuur en waarsku hulle om in MY te glo en te weet dat EK julle sal beskerm tydens die nag van die lang messe waarteen EK julle al lankal waarsku. MY boodskapper sal ook vandag ontwaak en hy sal weet wat hom te doen staan sodat hy MY ten volle kan behaag. EK sal julle almal wys wat julle vir MY moet doen en julle sal weet wat reg en wat verkeerd is wanneer EK binne julle spreek. Die mense wat alreeds MY stem kan hoor, weet wat hulle moet doen en al klink dit vir julle asof daar niks gebeur nie, gebeur daar tog oneindig baie in die binnekante van julle harte. EK laat julle almal slaap sodat julle in die Gees lering van MY kan ontvang. EK praat met julle in julle slaap en julle sal weet dat dit EK is wanneer julle wakker geword het. Julle sal ontwaak en beter insig hê in dinge en dit is omdat EK julle SELF aanspreek en julle leer. MY kinders, niemand kan MY belemmer om lering te gee aan iemand wat dit bitter graag wil ontvang nie en niemand kan MY keer wanneer EK met iemand wil praat nie. Almal van julle is vol sondes en kan nie alles reg doen nie, maar EK het in MY groot genade met baie van julle wat ook vol sonde is begin praat en hulle op die regte weg begin lei. Dit is die rede dat EK met party van julle praat wat in die oë van die ander nog heel onvolmaak is en nie geskik is om MY woorde te kan hoor nie. EK praat reeds met die onvolmaaktes ook sodat EK hulle reg kan lei en niemand moet iets daaroor sê nie omdat EK die Een is wat kies met wie EK wil praat of nie. EK sal op die ou einde van die dag met almal praat en almal sal MY kan hoor en sien in die GEES, maar die wat MY die liefste het sal voorkeur geniet, al het hulle baie sondes. EK sal eerste met die praat wat My die liefste het en dan sal die ander MY daarna kan hoor. Julle moet nie hieraan twyfel nie omdat dit weereens EK is wat hier spreek en EK julle nooit sal belieg nie. MY kinders, julle moet minder tyd aan die aardse dinge wy en MY die heletyd aanroep terwyl jy besig is met net die belangrikste dinge. Moenie planne maak om dit of dat te doen nie maar maak planne om meer en meer af te sonder. Gaan in die stilte van jou hart in en kom soek MY daar sodat jy MY stem kan hoor en wanneer jy MY stem kan hoor, sal EK vir julle sê wat nodig is om gedoen te word en wat nie. Daar waar EK is sal niemand misverstande hê nie omdat EK met elkeen sal praat en dit aan elkeen bekend sal maak wat EK wil hê. In daardie orde sal julle ook julle land reinig van alle onreinheid omdat julle presies sal weet wat julle te doen staan in die groot stryd. MY kinders, julle moenie dink dat julle MY kan verstaan en MY kan deurvors nie omdat niemand MY kan verstaan nie. MY weë is nie julle weë nie en nie eers MY engele verstaan MY heeltemal nie. MY engele staan nog stom van verbasing oor al die dinge wat EK doen. MY hand is uitgestrek oor julle om julle te help en julle in te wy in MY wysheidshemele maar julle moet alles opgee vir MY en dan sal EK julle laat ontwaak en julle sal in MY diens wees nadat julle wedergebore geword het. MY kinders moenie MY versoek deur nie te glo wat EK vir julle sê nie, glo onwrikbaar en weet dat alles wat Ek vir julle tot dusver bekend gemaak het, wel so sal uitloop en daar sal nog baie nuwe openbaringe kom wat julle tot in julle siele sal skok en ook bly maak met die vreugde wat uit MY hande uit kom. Al wat EK van julle vra is julle Liefde aan MY en niks sal vir julle in die weg gegooi kan word nie. Gaan nou en doen soos wat Ek gesê het sodat julle almal wedergebore kan word in die kortste tydjie moontlik. Die wedergeboorte sal EK vir elkeen gee wat opreg en met groot liefde daarna verlang. EK het baie werk vir julle en wanneer julle wedergebore is, sal julle dit met die grootste gemak kan doen en nie moeg of mat raak nie. Julle sal alles kan doen vanuit MY en niks sal vir julle ‘n hindernis wees nie. Het julle al ooit gewonder waarom EK so baie oor die wedergeboorte praat en waarom EK julle so aanspoor om die hele tyd aan julleself te werk? Dit is omdat die tyd so min is dat julle nie meer lang tyd het om julleself in nuwe mense te omskep nie. Nee, My liefde sal julle verander en nuwe mense van julle maak. Gaan en glo net wat EK vir julle sê sodat julle almal vir MY kan werk nadat jy wedergebore geword het. EK sal julle daarmee help en julle die krag daarvoor skenk. Weet net dat MY weë ondeurgrondelik is en niemand MY weë kan verstaan nie. Wees egter van MY liefde verseker en gaan in vrede na julle naaste met MY liefde wat in julle harte sal groei totdat julle hulle ook na MY gebring het, deurdat julle wedergebore geword het. Dit is MY woorde aan julle vir vandag. Kyk maar na die lug, as die wolke opsteek sal dit reën. Kyk na MY en julle sal wedergebore word want dit is nou die tyd daarvoor. MY tyd het nou gekom om MY vegters in die wêreld in te stuur sodat hulle lewe kan bring na die dooies deur MY GEES wat in hulle gegroei het totdat hulle heeltemal deurdrenk daarvan is. Kyk maar, julle sal binnekort alles sien gebeur.

Amen.


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205