DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 29

02.04.2008 19:20

 

Baie van julle is al besig met die wedergeboorte en dit maak van julle nuwe mense. Daar is baie veranderinge in julle binneste en julle staan partykeer verstom oor die veranderinge wat julle bespeur diep binne julle. EK maak elkeen bewus van die verandering in sy binneste omdat EK wil hê dat julle moet weet dat julle deur MY omskep word in nuwe mense. EK omskep julle in nuwe mense omdat EK van julle die mense maak wat MY behaag. Nadat jy jouself oorgegee het in MY hande om omvorm te word tot die beste wat jy kan bereik, doen EK dan dinge aan jou wat jou baie verander. Dit verstaan julle soms nie en dan raak julle moedeloos omdat daar baie snaakse dinge in julle lewens begin gebeur. Ek bring dinge oor julle wat julle tot die uiterste toets en wat julle baie seer maak. Dit doen Ek nie omdat EK ongenadig is nie, maar omdat EK die genadigste Wese is wat bestaan. EK weet waarom EK julle deur die ergste toeste en beproewinge sit om daardeur van julle die mooiste mense te maak. Daarby moet julle berus wanneer julle julleself aan MY oorgegee het en van MY gevra het om julle te omskep in die mens wat EK wil hê julle moet wees. Wanneer jy jouself aan MY oorgee, sal EK met jou werk soos wat Ek weet, die beste is en dan moet julle nie daaroor huil nie want die beste goud word gelouter onder die swaarste temperature en so ook met julle. Wanneer jy deur die smeltkroes gegaan het, sal jy geskik wees om MY GEES in al MY volheid te ontvang , maar nie ‘n sekonde voor die tyd nie. EK sal MY GEES bietjie vir bietjie oor elke een van julle uitgiet en wanneer jy dan gereed is, sal EK MY volheid oor jou uitgiet want dan sal jy dit kan verdra en hanteer. Die volle wedergeboorte sal dan voltooi wees en op aarde het jy dan die hoogste sport bereik wat jy kan bereik. Dit wil EK vir elkeen gee wat MY daarom kom vra, maar voor dit kan gebeur, moet jy eers deur die vuur en die hel vir MY gaan. Dit is nie om te bewys dat jy dit sal doen nie aangesien EK elke mens se hart ken en dit nie nodig is vir MY om te sien of jy werklik sal nie, maar dit is vir jou eie sielsontwikkeling die belangrikste ding wat jy moet deurmaak sodat jy volwasse kan word in die gees. Dit moet vir elke mens wat MY wil dien voldoende wees en julle moet net MY woord hiervoor vat omdat EK nooit vir julle sal lieg nie. EK wil werklik met elkeen een word omdat dit sal beteken dat EK van MY GEES weer teruggekry het en daarom is dit vir MY ook baie belangrik dat julle Een met MY word. Julle is nie vir MY net geskapenes waarvan EK vergeet nie, nee, julle is MY GEES wat EK terug ontvang en waaroor EK baie bly is. MY kinders, die stryd wat gaan kom is om die draai en nog nie een van julle is Een met MY nie en daarom werk EK baie hard daaraan om julle te omvorm in MY liefde, en dit is dan ook die rede dat daar sulke kwaai dinge oor elke een se pad kom. Daarby moet julle berus en weet dat Ek net die grootste en mooiste diamante sal kies om vir MY te werk. Hoe swaarder jou pad dus, hoe vinniger sal jy omvorm word in iemand wat MY GEES heeltemal kan bevat.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205