DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 4

06.03.2008 11:45

 

Kyk na my in oomblikke van vrees en julle sal krag van MY af ontvang vir die stryd wat vir julle voorlê. Julle sal julle krag alleen van MY  af ontvang sodat julle sterk kan word deur net in MY gesig te kyk. EK sal elkeen wat onwrikbaar op MY vertrou, met krag vervul en hulle sal dan die stryd met ope arms tegemoet kan gaan en weet dat EK aan die stuur van sake is. Daar is baie mense wat ‘n stryd het in hulle harte of ‘n fisiese stryd, maar EK wil vir julle sê dat niemand julle van MY af kan wegvat as julle net op My vertrou nie. EK sal die skeidsregter wees en EK sal die sake vir julle skik in die guns van die een wat MY liefhet. As daar ‘n stryd tussen twee broers is en hulle altwee het MY lief, sal EK hulle altwee help en vir hulle die saak afhandel sodat hulle in vrede en liefde bymekaar kan woon. MY kinders, MY opdragte moet nagekom word ten spyte van wat iemand anders vir jou sê. Luister heel eerste na MY en wanneer jy dan in die moeilikheid kom daaroor, sal EK jou uithelp op die manier wat vir MY die beste is. Daar is niks wat vir MY te groot is nie omdat EK die Koning van die heelal is en niks te ondeurgrondelik of te wys vir MY is nie. Moenie vrees nie, want as julle vrees, belemmer julle MY werke in en om julle. Menigmaal het julle die verkeerde ding gedoen deur te vrees vir die uiteinde van ‘n saak net omdat julle nie geloof en vertroue in MY het nie, maar EK wil vir julle weereens gerusstel deur te sê dat niks gebeur buiten dit wat EK toelaat nie. EK laat ding toe en EK keer dinge. EK is ten volle in beheer van elke liewe dingetjie, al is dit hoe klein. Niks kan voor MY standhou nie, nie eers die grootste woede nie, en deurdat julle vrede soek met julle naaste en MY bo alles liefhet, sal EK vir julle die saak in julle guns rig. Die ander partye sal ook deur MY gehelp word sodat altwee gelukkig en tevrede is. Los dit net in MY hande en vertrou net op MY, want dit is ook ‘n stap in die rigting van die volle wedergeboorte wat sal plaasvind die oomblik nadat jy heeltemal oorgegee het aan MY en alles in MY hande toevertrou. Leer dit nou, MY kinders, dat julle alles vir MY moet los en die stryd nie uit julle eie moet veg en dink wat julle moet sê en doen nie, maar alles vir MY moet gee want EK is die Alleenwyse en net EK alleen weet wat om te doen. Julle sal almal by MY leer en julle sal sien hoe die ergste ding vir julle opgelos word op die mooiste manier denkbaar, wanneer julle dit vir MY gee. EK weet waarom sekere dinge in julle lewens nodig is en waarom julle die stryd moet hê wat julle tans het. EK sal ook die uitkoms gee terwyl julle nie die ligpunt sien nie. Die lig is EK en as julle net julle oë onafgewend van MY hou, sal julle die sukses smaak van ‘n goedopgeloste saak. Daarom moet julle julle geen sorge maak van alles nie en in die volste vreugde vir MY ‘n lied sing want dit is wat nodig is om die saak vir julle te skik. EK ALLEEN HET GEPRAAT .

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205