DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 12

16.03.2008 08:32

 

EK sal julle rein maak sodat julle skoon sal wees van al julle sondes. Julle voel soms skuldig oor alles maar EK sal julle skoonmaak en dan moet julle glo dat julle skoon is, al lyk dit nie vir julle so nie. EK weet dat julle almal net mense is en dat julle tog sondes doen, en Ek weet ook dat niemand van julle volmaak is nie. Daarom het EK mos vir julle aan die kruis gesterf, nie waar nie? Maar dit beteken nie dat julle maar kan aangaan en kan sondig nie , want dit is sonde teen MY en beteken dan dat julle MY herhaaldelik vir julle laat sterf en dit is ook verkeerd. MY kinders, EK praat nou spesifiek van julle wat nie wil sondig nie, maar wat tog nog mens is. Ek praat van die opregtes van hart wat skoon wil wees en soms,af en toe, deur die bose verlei word sonder dat jy dit agterkom of so wil hê. EK sal julle almal rein en skoon was met MY bloed en julle sondes sal dan vir julle vergewe word omdat EK julle baie liefhet. Het julle al gedink hoe julle met julle kinders te werk gaan? Hou julle ‘n klein dingetjie wat hy of sy teen jou gedoen het vir ewig en altyd teen hom of haar? Nee, julle vergewe hulle, al is dit iets baie groots ook wat teen julle gedoen is. Nou, net so vergewe EK julle vir die dinge wat julle verkeerd gedoen het. Die liefde wat julle vir julle kinders het, is die liefde wat julle van MY af ontvang het vir hulle en dit is maar ‘n druppel in die emmer van wat EK vir julle het. MY kinders is die punt van MY hart en kan daarom nooit deur MY verwerp word nie, al doen hulle ook sondes teen MY. MY liefde is so groot dat julle dit nooit sal kan begryp of verstaan nie. Weet julle dat EK vir julle aan die kruis gesterf het, of het julle dit vergeet? MY kinders, dit sal goed wees as julle weer MY boeke oor MY kruising sal lees sodat julle weer kan onthou van MY grote liefde vir julle. EK alleen kon daardie groot las van julle skouers afhaal deurdat EK julle straf gedra het. Daardeur kan julle nou almal deur  MY verlos word en Een met MY word. MY dissipels kon nie met MY verenig voordat EK nie die kruising deurgemaak het en dit vir julle almal volvoer het nie.  Daarom kan julle vandag die eer te beurt val om deur MY gevul te word en heeltemal met  MY verenig. Dit sal julle kan doen omdat MY bloed julle rein gewas het. Niemand kan voor MY bestaan wanneer hy nie skoon is nie omdat geen onreinheid voor MY kan bestaan nie en wanneer jy onrein is, sal dit nie deug nie en daarom was EK julle almal rein deur MY bloed. Kom net na MY sodat EK julle kan was en julle sal deur MY opgetel kan word soos klein kindertjies wat nog nie sonde gedoen het nie. Kom na MY as jy verbrou het en moenie van MY af weghardloop nie en jy sal gewas word en skoon teen MY bors lê. Dit belowe EK julle almal.

Amen.

 

( Ek het vanoggend verslaap nadat Jahshua my herhaaldelike kere gesê het om op te staan en ek het baie sleg gevoel daaroor en nie werd om SY werk te doen nie. Jahshua het my in die gees na HOM geroep en HY het aan my ‘n glas gegee om te drink nadat ek HOM baie keer om vergifnis gevra het. In die glas was bloed en ek moes dit drink. Dit was Sy eie bloed. Nadat ek dit gedrink het, het HY vir my gesê ek is rein gewas deur sy bloed, maar nog het ek gevoel ek is sondig en om een of ander rede het ek gedink dat my kop nog vol onreinheid was. HY het ‘n spieël voor my gehou en ek het gesien dat ek van kop tot tone skoon was. HY het gesê dat ek moet glo HY het my skoon gewas en daarna moes ek hfst.12 kom tik. Louise.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205