DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 17

20 Maart 2008 om  08:20

 

Weet julle, MY kinders dat EK net so uitsien na julle Eenwording met MY as wat julle daarna uitsien? Julle dink dat EK nie daarna uitsien nie omdat EK alles al vooruit weet, maar Ek sien daarna uit omdat EK vir julle alles wil wys en leer soos wat Ek niemand in baie jare iets geleer het nie. EK wil die verwondering op julle gesigte sien wanneer EK julle alles wys wat julle beërwe het. EK wil die geloof en liefde vir MY op julle gesigte sien en daarom is EK net so opgewonde soos julle. In teendeel, EK is nog meer opgewonde as julle omdat EK weet wat vir julle wag en julle nie. EK wil so graag al MY kinders teen MY bors vashou en wanneer EK net ‘n paar kan vashou is MY Vaderhart al klaar bly. MY skryfkneg het eenkeer gesien hoe EK MY emosies nie kan terughou van blydskap oor julle nie, en dit sal sy self nog ervaar ook. MY liefde vir julle is so groot dat EK skaars kan wag vir julle Eenwording met MY. Maar EK is geduldig en kan baie lank wag omdat EK die siel van elke mens ken en weet dat die tyd eers reg moet wees daarvoor. Daarom sal EK nooit oorhaastig iets doen nie. EK sal liewer te lank wag as wat EK oorhaastig iets doen en julle siele daardeur skaad. Maar wanneer die regte tyd aangebreek het, sal julle in verwondering staan oor alles wat EK vir julle sal gee en wys en julle sal dan baie bly wees oor al die lyding wat julle moes deurmaak om deur MY volmaak genoeg gemaak te word sodat jy MY GEES in al SY volheid kan ontvang. MY kindertjies, hou net ‘n klein bietjie uit want die einde is die moeite werd. Dit sal alles die moeite werd wees as julle aan die eindpunt aankom en julle sal dan nie meer aan die pyn en lyding dink wat julle moes deurgaan om volmaak te kon word nie. Dit is ook ‘n belofte van MY en EK wil julle van krag voorsien hierdeur en julle moed inpraat sodat julle die ekstra myl vir MY sal stap en daardeur die hoogste lot op aarde kan verwerf. Dit sal elkeen se lot wees as julle bereid is om vir MY te ly. Gaan vandag en wees gelukkig in julle harte, want EK het behae in julle almal wat die eenwording met MY nastreef. EK sal julle die geluk skenk wat julle verloor het op die pad na MY en die geluk sal baie meer werd wees as die geluk wat julle voor die tyd gehad het. Al MY liefde aan MY kinders wat na MY soek en die eenwording nastreef.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205