DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 15

19 Maart 2008 08:15

 

Die wedergeboorte is nie ’n proses wat in een dag se tyd afgelê word nie en dit behels baie ander aspekte waarvan julle nie eers bewus is nie. Die struikelblokke wat EK vir julle in julle pad gooi, dien net om julle te ontwikkel en nie om julle af te breek nie. MY kinders, dit voel soms vir julle of julle geestelik nêrens kom nie en of julle net verder en verder terugval, maar in der waarheid groei julle by die dag. Dit voel nie vir julle so nie en julle voel vêr van MY af ook. Hoe kan julle dan nader aan MY groei as julle so vêr van MY af voel? Dit is iets wat nie te verduidelik is aan mense in hulle aardse liggame nie en daarom sal EK dit nie vir julle nou verduidelik nie, maar julle sal die verduideliking van MY ontvang die oomblik dat julle heeltemal Een is met MY omdat julle dit dan eers sal verstaan. Ook sal julle agterkom dat julle ‘n baie groot verlange na MY het wanneer julle vêr van MY af voel en julle sal voel dat julle nader aan MY wil kom. Dit is een van die redes dat EK MYSELF so bietjie vir julle verberg en julle moet dan harder stry om MY te vind. Dit maak julle sterk en ook versterk dit julle geloof in MY omdat jy dan volgende keer, wanneer jy weer vêr van MY af voel, sal onthou van die vorige keer wat jy ook so gevoel het en jy sal dan onthou hoe EK MY oor jou ontferm het en jy daarna baie meer geestelik geseënd was as voor die tyd. Dit is een rede dat EK MYSELF vir jou verberg, al voel dit nie so nie. MY kinders, julle dink dat EK julle verlaat as julle iets gedoen het, maar inderwaarheid laat EK MY net harder soek sodat jy jou sonde sal haat en die oorsaak van jou val sal verwerp en dit nooit weer doen nie. Jy sal dit wat jy gedoen het blameer vir jou verwydering van MY en jy sal dit nie weer doen nie, want jy sal onthou hoedat EK vêr van jou af was toe jy in daardie spesifieke sonde verval het. Daarom moet julle MY altyd in alles sien, selfs in MY verwydering van julle harte. EK is altyd daar en sal nooit van julle af weggaan nie, maar skep net daardie indruk sodat julle daaruit kan leer. EK noem dit verwydering maar inderwaarheid is EK die hele tyd met julle, net soos die dag van gister en die dag van môre. Nooit sal EK van julle af weggaan nie en al soek julle baie hard na MY, sal julle agterkom dat EK nie weg is nie. Dit sal julle harte elke keer verbly omdat jy na elke sonde of “af tydperk” nog sal agterkom dat EK wel teenwoordig is in jou hart. Dit belowe EK julle, dat EK nooit van julle af weg sal gaan nie en dat EK altyd by julle sal wees want julle is kosbaar in MY oë. Hoe kan EK MY kind verlaat net omdat hy ‘n oomblik van swakheid beleef het? Kan julle dit aan julle kinders doen? Sekerlik nie, en nog minder kan EK dit aan julle doen. Onthou, EK het die volmaakte liefde in MY hart vir julle en daarom het julle ook liefde vir julle kinders, omdat julle dit van MY geërf het. Streef net elke dag uit julle harte na MY en EK sal julle help en julle oprig sodat jou verhouding met MY weer die wolke sal bereik.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205