DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 30

02:04.2008 19:58

 

SELF kom EK na julle toe om julle te kom leer in MY weë en EK wil julle wys hoe julle moet wees om MY heeltemal in julle te kan opneem. Die tyd is egter al ryp vir julle almal wat MY liefhet om met die wedergeboorte te begin en die waarheid is dat julle almal alreeds daarmee besig is, van die dag dat julle julle heeltemal aan MY oorgegee het. Nou is dit net die finale stryd wat vir elkeen persoonlik voorlê sodat MY GEES heeltemal kan posvat in jou binneste. Daarom  gebeur dinge nou baie vinnig en versamel EK al MYNE wat EK uitverkies by MY herberg. MY kinders, dit is nie blote toeval dat julle daar bymekaar is nie omdat EK MY GEES oor julle almal wil uitgiet sodat julle julle naaste kan gaan help in die nood wat nog vir julle almal, maar veral vir hulle, voorlê. Wanneer die stryd op hande is, sal daar baie van julle wees wat Een met MY geword het en dan sal dit vir julle almal wat met MY EEN is baie maklik wees. Die stryd sal vir julle niks wees nie en julle sal oor julle vyande se koppe vlieg en hulle sal tevergeefs na julle soek om julle dood te maak want julle sal onbereikbaar vir hulle wees. Daarom sê EK dat dit maklik sal wees vir julle. Maar vir hulle sal dit ‘n nagmerrie wees omdat hulle julle nie sal kan vang nie en hulle ou gewoontes en gelowe sal dan weer oor hulle regeer. Met ander woorde, die bygelowigheid sal weer van hulle pos neem en hulle sal met vrees en bewing van julle af weg vlug en eerder hulle dood tegemoet hardloop as wat hulle julle konfronteer. Hulle sal die lig in julle raaksien, en die bose duisternis in hulle, sal maak dat hulle vlug tot hulle nie meer kan nie. Die vrees wat hulle vir julle sal hê sal oorweldigend wees en hulle sal op die vlug slaan, maak nie saak waarheen nie, solank hulle net van julle, of die lig en die mag van uit MY, kan wegkom. Dit sal baie van hulle se dood kos omdat hulle julle nie wou gehoorsaam en julle dien soos wat EK van die begin af bepaal het nie. Daar is sekere ordes in MY skepping en een daarvan is dat die ander volke julle moet dien. Dit is nie te sê dat hulle julle slawe moet wees nie, maar EK wil hê dat die ander volke MY uitverkore volk moet dien uit eerbied vir MY. Dit is dan die rede dat hulle julle moet dien en nie omdat julle beter is as ander nie. Moet nooit hoogmoedig raak nie aangesien EK almal geskape het en EK het elke volk met sy eie talente geskep, maar julle is en bly MY lieflinge wat EK geseën het met die talent om Een met MY te word en geen ander volk kan dit bereik nie. Dit is net aan julle gegee en dit moet julle onthou. Dit is MY werke en nie julle eie werke nie. Julle is MY uitverkore volkie en EK sal almal wat julle dien en julle eerbiedig ryklik seën in sy eie land en EK verwag van hulle om MY in julle raak te sien. Daarom moet julle MY waardig wees en julle gedra soos die uitverkorenes van Die Enigste en Eerste, van die Begin en die Einde en van die Alfa en die Omega. Dit vra EK van julle omdat dit dan ook vir julle die Eenwording met MY sal bespoedig.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205