DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 2

04.03.2008 15:57

 

Kom nou almal nader wat na MY wil kom en die ewige lewe uit MY hande uit wil ontvang en EK sal vir julle meer gee as waarop julle gehoop het. EK sal julle Een met MY maak en alles vir julle gee as julle MY bo alles liefhet. Die wat MY as beloning wil hê, sal MY as beloning ontvang en julle sal dan alles hê wat julle nog ooit kon begeer. In teendeel julle sal meer hê as dit wat julle in julle wildste drome ooit van kon droom omdat Ek meer is as alles waaraan jy kan dink. EK weet dat daar baie van julle is wat MY bo alles begeer en wat net vir MY wil hê en niks anders nie. MY kinders, EK ken elke een van julle se siele en weet dat daar geen bedrog in die is wat MY baie liefhet nie. Al kan jy nog nie MY stem herken wat hier in jou binneste praat nie, sal jy die grootste beloning  ontvang omdat jy na MY soek en jy MY sal vind. Glo net dat Ek ook met jou sal praat en wees verseker daarvan dat EK MY na jou sal haas sodat jy ook die vervulling kan ontvang wat almal ontvang wat MY kan hoor. MY kinders, hier is ‘n ander ding wat EK aan julle wil verduidelik en dit is die wedergeboorte self, wat julle nie mooi verstaan nie. Die wedergeboorte beteken dat jou wil heeltemal ingegaan het in MYNE. Jou wil is dan nie meer jou eie nie, maar jy het dan heeltemal oorgegee aan MY en begeer niks meer vir jouself nie. Die wedergeboorte beteken dan dat jy heeltemal nie meer jouself is nie, maar tog is jy nog steeds jouself, maar in ‘n nuwe gedaante. MY GEES sal almal wat graag wil en wat sy eie liggaam gekruisig het heeltemal oorneem en vul met MY krag sodat jy wonderwerk op wonderwerk kan doen. Dit sal julle binnekort self kan sien wanneer een van MY knegte wedergebore is. EK sal dit aan julle almal toon en julle sal hom sien en die wat van goeie wil is en vêr gevorderd in hulle geestelike lewe, sal dan deur net na hom te kyk, self wedergebore word. MY lig sal uit hom straal en almal omgewe wat hom graag wil ontmoet. Hy sal nie meer sy ou self wees, met al sy sondes nie en hy sal ‘n heel nuwe mens wees, maar nog die mens wat sy eie persoonlikheid het. Dit is vir julle nou baie moeilik te verstane, maar julle sal dit binnekort self sien. Dit waarvoor die engele in die hemele gewag het sal nou begin gebeur. MY engele kan nie meer wag vir die boodskappers om terug te keer na hulle nie omdat hulle mekaar al baie goed ken deur al die jare. MY boodskappers kan nie verstaan dat hulle die engele kan ken nie omdat hulle so sondig is, en omdat hulle net onvolmaakte mense is, maar EK sê vir julle dat dit werklik so is. Hulle is net deur MY na die aarde gestuur omdat dit hulle missie is om MY kinders na MY te lei en hulle op die groot stryd bedag te maak en hulle voor te berei. MY kinders, deur die eeue heen het dit nog nooit gebeur dat mense net wedergebore geraak het nie omdat dit iets is waarvan feitlik niemand ooit geweet het nie, maar noudat Ek weer na julle gekom het in die vorm van MY nuwe openbarings, het die tyd weer aangebreek vir julle om met MY EEN te kan word al is julle maar net onvolmaakte mense. Kom luister na MY woorde wat vol lewe is en jy sal verstaan waarvan EK praat. Julle kan nie dink dat die tyd so kort kan wees nie, maar EK sê vir julle dat dit werklik so is. MY seuns en MY dogters, julle kan maar verseker wees daarvan dat Ek vir julle nie aan ‘n lyntjie sal hou en beloftes sal maak wat EK nooit sal nakom nie. Julle moet weet dat Ek julle almal, waarvan EK al voorheen gesê het dat julle almal met MY EEN sal wees, beslis Een met MY sal maak omdat julle ernstig daarna soek en omdat MY werk nou vir julle begin het. Dit is nou tyd dat MY kinders moet uitgaan en vir MY werk met MY GEES aan die stuur van sake. Luister net na die persoon wat langs jou staan en jy sal MY woorde in sy binneste uit sy mond hoor stroom. EK praat met baie mense en hulle begin verstaan waaroor dit gaan en hulle sal dan ook die eerstes wees wat in die Gees wedergebore sal word. Dit is iets wat nog nooit weer gebeur het sedert EK MY dissipels en die wat saam met MY gewandel het, met MY Een gemaak het nie. Maar daar is sekere dinge wat gedoen moet word en daarom is dit broodnodig dat hulle nou met MY moet verenig en hulle werk moet begin. Die werk wat hulle vir MY moet doen, sal niemand kan doen sonder dat hy deur en deur met MY GEES vervul geraak het nie. Glo MY woorde omdat dit die waarheid is, al klink dit vir julle snaaks. MY kinders daar is nie meer tyd oor vir allerhande wêreldse dinge nie en EK wil hê dat julle die hele tyd net aan MY moet wy sodat EK julle Een met MY kan maak. Die een wat nog aan die wêreldse dinge vasklou is MY nie werd nie. Gooi dit van julle af en volg MY in alles na en jy sal baie vinnig met MY verenig en wedergebore word. Daar is baie wat daarvan afhang en dit is baie belangrik aangesien die dinge nie meer vêr is nie. Julle sal met MY verenig in die liefde en krag en alles waaruit MY GEES bestaan, met ander woorde as EK vol liefde is, sal julle ook so wees en as EK vervul is met krag, sal julle vervul wees met krag en sal julle julle werk, wat so kosbaar is vir MY, kan doen. Luister na MY, MY kinders en kom soek die Eenwording met MY met ‘n ernstige hart en jy sal dit ook bereik wat baie min kan bereik. EK gee dit net vir die opregte van hart wat dit so graag wil hê en wat bereid is om alles af te staan vir MY, sy enigste GOD en Vader. Die oes is groot en die arbeiders is min, kom gee jouself oor aan MY sodat jy ook deel van MY arbeiders kan wees wat MY oes vir MY insamel. EK sal alles aan die arbeiders gee wat hulle nodig het en niks sal hulle ontbreek nie omdat die oes baie belangrik is vir MY en die arbeiders nie net arbeiders is nie, maar MY kinders en MY vlees en bloed. EK gee dit vir julle almal wat dit begeer, verniet en vry en julle sal daardeur die grootste vryheid verkry wat julle nog ooit kon begeer. Gooi alles in die stryd en julle sal oorwin met MY krag en wanneer jy oorwin het, sal jy juig omdat jy dit bereik het wat baie min kan bereik. Net MY GEES kan dit vir jou moontlik maak om dit te bereik en daardeur sal jy die ewige lewe hê en alles wat daarmee saamgaan. Julle het nie ‘n benul van wat op julle wag wanneer julle Een met MY geword het nie omdat dit alles sal oortref wat julle nog ooit aan gedink het en julle sal ander mense wees wat die heletyd jubel en juig en dit sal vir die ander ook ‘n aansporing wees om dit te wil bereik. So, MY lieflingkinders, wees gerus en kom na MY wat alles in alles is en word Een met MY, julle Vader en Skepper wat julle baie liefhet en  wat verlang om julle teen MY bors vas te hou terwyl julle daarvan bewus is. Kom na MY en gee jou oor aan MY reiniging en jy sal skoon genoeg wees om MY GEES heeltemal te ontvang sodat die Eenwording met MY vervul kan word. Dit is nie meer vêr nie en sal eersdaags begin onder die wat MY baie liefhet.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205