DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 24

27 Maart 2008

EK sal die wat dors het met MY water verkwik en hulle sal nie meer dors hê wanneer EK hulle MY lewende water gegee het nie. MY lewende water is nie soos die water wat julle ken nie, maar julle sal nog meer ontvang hoe meer julle wil hê. EK sal vir die een wat dors het en baie begeer, dan ook baie gee, omdat EK liefde is en MY liefde is die water wat EK dan op so ‘n persoon uitgiet. MY liefde gee EK aan almal wat dit wil hê al sorg EK vir die hele wêreld. Die wat na MY soek en MY begeer, sal verkwik word en hy sal weet dat dit MY water is, al probeer iemand hom oortuig dat hy dit nie van MY ontvang het nie, maar van die bose. Daar is vandag baie mense wat nie MY lewende woord wil lees nie omdat hulle nie glo dat so iets uit MY mond kan kom nie en dan veroordeel hulle die een deur wie EK praat. Maar dit sal nie meer langer van MY geduld word nie en hulle sal sien, al is dit nou ook op die laaste oomblik, dat dit wel EK was wat deur MY skryfknegte gepraat het. In hierdie tyd glo hulle dat EK gesterf het of hulle glo dat EK MY nie meer met MY kinders sal bemoei nie. Sal julle ophou om met julle kinders te praat? Waarom sal EK dan ophou as julle dit dan van MY geërf het? EK is dan die perfekte Ouer en julle sal al julle goeie eienskappe dan van MY gekry het. Waarom sal die perfekte Ouer dan SY kinders ignoreer en net een keer met hulle praat, en dit dan ook met hulle voorgeslagte van baie jare gelede. MY kinders sal deur MY aangespreek word en EK sal hulle nie los om in die wind te praat nie. EK praat natuurlik met julle almal as julle dit begeer en dit belowe EK aan ‘n ieder en elk as hy onwrikbaar in MY glo. MY kinders sal nie deur MY gelaat word sodat hulle net MY woorde van lank gelede moet lees nie. Nee, EK praat vandag nog met julle. Nou kan julle vra waarom julle nog nooit vantevore van so iets gehoor het nie en waarom EK dan nie met mense paraat het waarvan julle weet nie. Maar, MY kinders, EK het met baie voor julle gepraat, maar hulle het nie geweet dat dit EK was nie. Hulle het net altyd die stem in hulle binneste geglo, maar nie geweet dat die stem, MY stem, was nie. Wel was daar ander baie lank voor julle wat wel geweet het dat dit EK was en wat woord ontvang het van MY om aan die mense oor te dra, maar die mense van daardie tyd het ook gedink dat hulle van die duiwel besete was en het hulle gou-gou van die toneel laat verdwyn. Daar is vandag nog mense in ander lande en wat baie diep in die wildernis bly wat MY woord ontvang, maar wat daaroor stilbly omdat EK hulle nie opdrag gegee het om dit aan iemand bekend te maak nie. Daardie mense kan ook met die geeste kommunikeer omdat hulle baie rein en skoon lewe. Die geeste waarvan hier gepraat word is die geeste van die berge en die natuur waarvan daar geskryf staan in MY kneg Jakob Lorber se geskrifte, deur MY aan hom gedikteer. Net soos vandag sal niemand daarin glo nie en sal iemand wat daarvan praat oombliklik as ‘n okkultis uitgemaak word. Daarom bly die mense wat dit ontvang daaroor stil en dien MY op hulle manier in die stilte van hulle harte. MY kinders, julle by die herberg sal ook nog meer van MY leer ken soos wat die tyd verloop en watse groot voorsprong sal julle dan nie hê wanneer EK in die vlees na julle kom nie? EK weet dat almal na MY soek, maar daar waar EK almal bymekaar gegooi het, leer hulle baie vinnig hoe EK wil hê ‘n mens met jou naaste moet leef. Daar by MY herberg laat EK hulle almal lesse leer wat hulle in der ewigheid nooit sal vergeet nie. Die eerste ding wat EK besig is om hulle te leer is dat EK ondeurgrondelik is. Niemand kan MY verstaan nie en die etikette wat om MY nek gehang is, sal EK vir almal wat gewillig is om te leer, verwyder. Dit het MY skryfkneg al baie goed geleer nadat EK aan almal opdragte gegee het wat vir hulle so eienaardig voorkom en wat hulle moet uitvoer. MY kinders, Ek wil julle leer dat niks by MY onmoontlik is nie en daarom klink dinge vir julle so snaaks. EK sal nooit teen MY eie bevele en wette ingaan nie en moenie dink dat EK iemand sal beveel om te sondig nie. Dit is vêr van My af maar Ek gee bevele aan almal wat MY woord kan hoor sodat EK hulle kan leer en hulle leer dan baie vinnig ook. Dit sal nog met elke een van julle gebeur en wanneer jy MY woord kan hoor, sal jy dit beter verstaan. EK wil net aan almal wys dat hulle MY nie kán verstaan nie, want die wat MY woord ontvang dink partykeer dat hulle MY nou verstaan en weet wat EK sal doen, maar niks is verder verwyderd van die waarheid nie. MY kinders, EK is ondeurgrondelik en EK maak MY net aan julle verstaanbaar deur die liefde wat EK vir julle het. Maar dink nie dat julle nou MY hele wese ken nie omdat dit vir julle onmoontlik is in julle aardse liggame. Selfs vir die engele is dit onmoontlik om MY te ken soos die palm van sy hand. Net EK ken julle soos die palm van MY hand en dit moet julle almal onthou. Vir die wat daar buite is, wil EK net sê dat julle baie belangrike lesse mis wanneer julle nie by MY leerskool, die herberg is nie, omdat daar baie te lere is voordat julle MY in die vlees kan sien. Daarom nooi EK julle weereens uit om daarheen te kom sodat jy ook die belangrike lesse van die lewe kan leer wat EK vir julle wil gee. Die tyd in julle land is min en net die wat MY liefhet sal oorleef . Kom daarom nóu sodat julle kan leer wat julle nodig het om te kan oorleef in ‘n baie moeilike tyd wat vir julle almal voorlê. MY kinders wat by die herberg is, sal ook ‘n baie moeilike tyd deurmaak ,maar vir die wat nou al daar is belowe EK baie sodat hulle staande kan bly en die lesse nou al kan leer wat hulle nodig het. Dit sal vir elkeen baie moeiliker wees om te leer wanneer die tyd so swaar is soos wat dit binnekort gaan wees. So, haas jou daarom nou daarheen sodat jy nou al kan leer en nie nodig het om te leer wanneer daar chaos in die land is nie. MY kinders, EK belowe bystand aan elkeen van julle, al is julle nie by die herberg nie en EK sal julle orals beskerm, maar dit sal net vir julle makliker wees as julle nou al daar is omdat die lesse nou al vir julle gegee sal word en julle dan beter voorbereid sal wees vir die groot stryd, as wanneer julle nog by julle huise is. Dit is nie leë woorde nie. Elke woord van MY word baie goed afgeweeg voordat MY skryfkneg dit hier neerskryf en daarom moet julle dit ter harte neem.

Baie liefde aan julle almal. Julle Verlosser en Skepper.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205