DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 19

22 Maart 2008 06:28

 

Daar sal die tussen julle inkom wat julle probeer vasvang in hulle web en hulle sal probeer om julle uit mekaar uit te probeer dryf, maar MY GEES wat tussen julle is, sal almal wat van goeie wil is daar by MY Herberg hou en niemand van MY kinders sal daar weggaan nie. Die satan sien julle krag wat vanuit MY kom en hy poog om julle te breek omdat julle nie self besef watse enorme krag julle van MY af ontvang het nie. MY kinders, bly in MY krag want dan kan satan julle nie verlei nie, maar wanneer julle in die sonde en hoogmoed verval,sal dit nie vir julle maklik wees om by MY te bly nie. Gehoorsaam MY in alles en jy sal leef. Gehoorsaam MY en EK sal in julle midde bly. MY kinders, dit is nie MY wens vir julle dat julle die grond van die Herberg verlaat nie omdat die wolwe en die jakkalse daarbuite op loer is om julle te verslind en hulle sal dit met smaak doen, die oomblik dat julle daar uit gaan en nie sterk genoeg is nie of wanneer julle nie deur MY gestuur is nie. Julle verstaan dikwels nie wat om julle aangaan nie, maar sien nie julle eie foute in nie. As EK sê moenie daar uitgaan nie, dan bedoel EK dit en dan moet julle MY nie agterna kom vra of julle daar uit kan gaan nie. Dit is nie MY wens nie en julle moet MY nie vra nie, want dan sal EK vir julle altyd ‘n positiewe antwoord gee omdat EK jou dan aan jou begeertes sal oorgee. EK weet dit gaan soms moeilik daar by julle en dit voel vir julle of party mense julle nie verstaan nie, maar dit is ook deel van die verdeemoediging van almal. EK weet ook dat sekeres nie MY woord kan hoor nie en dit is nie hulle eie skuld nie, dit is so vanuit MY bepaal sodat daar nie altyd vrede kan heers nie en daardie “onmin” julle julle foute uitwys. Hoe sou dit gewees het as EK al die slegte dinge uit die wêreld geneem het sodat daar niks meer verleiding op aarde meer vir julle was nie? Sou julle dan kon roem op oorwinning oor julle vlees? Nee, julle sou nie en daarom gebruik EK die wat nog nie MY stem kan hoor nie ook as ‘n klip waaroor julle kan struikel as julle nie wakker is nie. MY kinders, EK is ‘n regverdige Jah en daarom moet EK vir julle, waar julle so uit die wêreld is, ook iets gee wat in julle pad is sodat julle dit met MY krag kan oorwin. Wanneer julle dit oorwin, sal julle ten volle oorwinnaars wees en dan eers kan julle Een met MY word. Daar is struikelblokke in julle pad gegooi sodat julle kan leer om nederig te wees en ook sodat julle julle eie ek kan afsterf. Die van julle wat julle daaroor vervies, moet weet dat daar nog baie foute in jou binneste is en dat dit net met die nederigheid kan regkom, maar dit wil EK vir julle almal sê, en dit is, sterf julle eie ek so gou as moontlik af, en julle sal bly wees want die stryd in julle land is so bitterlik naby dat daar nie meer tyd is vir iemand wat homself nie wil verdeemoedig nie, en na MY kom vir hulp nie. EK weet dat julle almal na MY kom  vir hulp. Dat julle almal tot MY bid en vra vir krag en wysheid en dat EK ook baie dinge aan julle toestaan wat eintlik teen dit is wat EK vir julle beplan en daarom moet julle eers baie mooi seker maak dat dit regtig MY wil is, voor jy ‘n ding doen. EK het ook al vir My skryfkneg gesê dat sy maar iets kan doen wat teen MY wil is en dit is dan vir haar baie lekker om dit te kan doen, maar op die ou einde is dit nie goed vir haar siel nie en dan , nadat sy ‘n paar trane gestort het, besef sy dat sy die een was wat die fout gemaak het, deurdat sy MY iets gevra het wat Ek ook aan haar toegestaan het, maar  wat nie  MY wil was nie. So leer julle elkeen en dit sal vir julle siele baie beteken as julle dit so gou as moontlik leer. MY kinders, EK wil dat elkeen van julle wat vandag hier is, na MY sal kom met julle planne en eers vir MY vra of dit regtig MY wil is en of EK dit nie maar net toestaan omdat jy MY daarom vra nie. Kom vra MY of EK nie vir jou iets beters het om te doen voordat jy jou eie planne aan MY voorlê nie. Wanneer EK julle ‘n direkte opdrag gee, voordat jy MY eers self daarom kom vra, is dit ‘n ander saak. MY kinders, EK is so baie lief vir julle en wil julle almal gelukkig sien, en as julle nie gelukkig is nie, moet julle MY kom vra en EK sal julle SELF julle foute uitwys. EK weet dat julle baie graag ook dinge vir mekaar wil doen en dat julle nie selfsugtig is nie,maar EK wil hê dat julle  nou vir eers op MY moet konsentreer voordat julle aardse dinge vir mekaar doen. Hier praat EK van groot dinge soos wanneer jy iemand wil oorlaai met aardse goedere. Dit is nie nou MY wil nie en EK wil eerder hê dat julle mekaar met liefde oorlaai en ook moet julle gereeld vir daardie persoon bid. Wanneer julle tot MY vir iemand bid, beteken dit oneindig meer as die aardse goedere wat jy vir daardie persoon wil gee. MY kinders, dink ‘n bietjie na voordat julle dinge sommer net wil doen en kom vra MY eers deeglik voordat jy dinge doen. Dit word in alle liefde aan julle gesê.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205