DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 23

26 Maart 2008 07:13

 

Wees lief vir mekaar met die ware naasteliefde vanuit MY en julle sal lewe. Wanneer julle mekaar oordeel oor klein foutjies wat julle maak , sal daar niks van die liefde kom nie. MY kinders, wees nederig en moenie in mekaar twyfel nie omdat EK in elkeen van julle wat hier teenwoordig is, leef. EK is in elkeen en niemand moet kwaad wees vir die ander een nie. EK het gesê dat julle versigtig moet wees vir die kraaie en dit moet julle nog steeds wees omdat die kraaie waarvan EK hier praat, nie sigbaar en in mensegedaante na julle kom nie. Hulle kom in die gees en wil julle almal teen mekaar ophits sodat daar ‘n volskaalse bakleiery uitbreek en haat en nyd onder mekaar heers. Dit wil EK nie hê nie omdat dit sal beteken dat die herberg opbreek weens die eie ek van die mens. MY kinders, julle is met ‘n doel hier bymekaar gebring en EK leef in elkeen van julle. Wees nie met mekaar soos wat julle nie wil hê iemand moet met jou maak nie. Wees met mekaar soos wat jy wil hê jou naaste moet met jou maak omdat dit dan die ware naasteliefde na vore sal bring. Dit wat jy aan ‘n ander doen sal weer net so na jou toe terugkom en daarom moet jy net goeie dinge aan jou naaste doen en net goeie dinge sal van jou naaste na jou terugkeer. EK wil hê dat hier vrede heers omdat EK daar is waar vrede is en waar daar onrus en chaos is, is EK nie. Wil julle MY tussen julle hê, dan moet julle pasop vir die kraaie wat julle teen die ore wil kom pik. As EK tussen julle bly en julle net na MY stem luister, sal die kraaie nie hulle sê kan sê nie. Dit beteken dat julle julle dan nie sal steur aan kleinighede wat tussen julle kop uitsteek nie. Moenie MY kom vra of die een of daardie een reg was nie. Vergeet al julle stryd en kom na MY sodat EK julle met MY GEES kan vervul en wees lief vir jou naaste deurdat jy MY eerste liefhet. Kyk na jou naaste en konsentreer met liefde vanuit jou hart op hom of haar. Dan sal jy voel hoe daar ‘n warme liefde vir daardie persoon in jou hart ontstaan en jy sal verstaan waarom EK daardie mens liefhet. EK het almal ewe lief en sal nie die een bo die ander verkies nie en daarom moet julle dit ook nie doen nie. En vertrou net op MY, want EK het gesê dat EK net die daar na julle sal bring wat EK daar wil hê en wat deur MY gevul sal word. Daarom moet julle niks van mekaar sê nie want daardie persoon wat langs jou sit, is deur MY uit baie ander verkeis om hierheen te kom. Luister nou na MY teregwysings en vermanings en wees MY getrou deurdat julle die liefde uitleef soos wat EK dit aan julle voorgeskryf het. Wanneer julle voel dat julle mekaar nie kan liefhê nie, moet jy weet dat daar ‘n baie groot tekort is aan liefde vir MY, want EK is liefde en wanneer jy MY binne jou het in oorvloed, sal jy liefde in oorvloed ook hê. Moenie van mekaar by mekaar praat nie. Kom gee dit vir MY en EK sal dit uitsorteer soos dit MY behaag en niemand sal kan sê dat EK dit net so los nie. As iemand ‘n fout het, moet julle dit in julle harte aan MY kom oordra en EK sal julle help daarmee. Ek weet dat julle blind is vir julle eie foute en niemand sien ooit sy eie foute raak nie, maar daarom moet julle MY kom vra wat nog in julle binneste verkeerd is en EK sal julle wys. Die een wat nog nie MY stem kan hoor nie, sal deur MY gereinig word van sy sonde op die beste manier waarvan net EK weet, al is dit nou ook eers in die stryd wat gaan kom. MY kinders moet rein en heilig leef en dit kan net gedoen word deur die liefde vir MY. Dit sê EK vir julle omdat die kraaie nog wag om in te kom en hulle sal hulle ingang in elkeen vind deur die verkeerde gesindheid in die hart. Wat is die verkeerde gesindheid in die hart? Liefdeloosheid, hoogmoed en die eie ek wat gestreel moet word. Dit geld vir die oues en die jonges. Niemand word deur MY uitgesluit nie en elkeen moet na homself gaan kyk. MY kinders, maak nie ‘n ophef van iemand nie want daardie persoon kan ook val en EK kan nie deur iemand werk wat MY nie waardig is nie. So, as julle wil hê dat die kraaie deur MY weggejaag moet word, moet julle almal na julleself kyk en die een moet die ander liewer hê as wat hy homself het. Dit beteken nie dat julle mekaar se slawe moet wees nie. Kyk wat is vir jou die beste en gee of doen dit dan vir jou naaste en nie vir jouself nie. Wees vir mekaar lief met die broederliefde wat MY welgevallig is.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205