DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 9

14 Maart 2008  07:07

 

As jy voel jou hart is vol smart, kom na MY en EK sal dit vir jou wegvat. In jou hart, waar EK is, sal jy vind dat daar nie meer pyn is wanneer jy MY daar soek nie. EK sal jou hart versterk sodat jy kan aangaan sonder die hartseer wat aan jou knaag. EK maak alle harte wat na MY soek sterk sodat hulle vol van MY kan wees en die smart daaruit kan verdryf. Kom na MY, MY kinders en EK sal julle sterk maak sodat jy nie onder die las van die hartseer beswyk nie. Daar is baie mense wat daarvan kan getuig omdat dit die waarheid is en omdat EK getrou is. Weet julle nie dat niks onmoontlik by MY is nie? EK kan alles doen,tot die grootste hartseer sal EK tot niet kan maak as jy net op MY vertrou. Dit is wat EK al vir MY skryfkneg gedoen het en sy kan getuig daarvan. Sy kan vir julle vertel hoe EK haar grootste hartseer in die grootste vreugde verander het. Dit sal elkeen van julle te beurt val wanneer julle MY julle eerste maak en MY die heeltyd in julle harte aanroep. Dink daaraan en vertrou net op MY Almag om die grootste probleem vir julle te verander in die grootste vreugde. Daar is niks op hierdie aarde wat EK nie kan doen nie en daarom sal EK enigiets doen vir MY kinders wat MY liefhet. Baie keer is daar probleme wat jy nie self geskep het nie en dit is dinge wat EK oor jou pad gebring het om jou sterk te maak in MY en ook sodat jy kan sien hoedat EK dit vir jou sal kan oplos. Die probleme en die oplossings wat EK vir julle bring, sal dan meebring dat julle MY grote liefde en getrouheid vir julle raaksien. Daarom bring EK dit oor julle en na die tyd juig julle as julle besef hoe julle daardeur gegroei het. Dit is alles toetse vir julle en dit maak julle sterk, al voel dit vir julle of julle geloof eintlik daaronder skipbreuk lei. Maar in der waarheid maak dit julle net sterker en sterker en dit laat tog julle liefde vir MY groei. MY kinders, julle almal het ‘n waterval in MY ryk wat julle liefde vir MY voorstel. Soos wat julle liefde vir MY groei, groei die waterval ook en verskyn daar dinge wat julle grote liefde vir MY aandui. EK het al aan sekere mense getoon hoe hulle watervalle lyk en ook na ‘n sekere tyd en veral na probleme wat hulle ondervind het, sien hulle dit weer, maar dan lyk die waterval anders en kan hulle dit dikwels self nie herken nie, omdat hulle liefde intussentyd vir MY gegroei het en die waterval dan nou anders daaruit sien. MY kinders, julle sal baie dinge nie nou verstaan nie omdat julle nog babas in die gees is, maar soos wat julle groei, sal julle al hoe meer en meer verstaan. Dit is MY manier om julle groot te maak tot volwassenes in die gees wat MY in MY volheid sal kan aanskou. MY seuns en MY dogters, dit is alles deel van die proses van die wedergeboorte en julle sal baie bly wees daaroor as julle eens julle lewens afgelê het en MY in MY volle glorie kan aanskou. Julle weet dat daar baie dinge voor nodig is voordat julle ten volle wedergebore kan word en net so is dit nodig vir julle om baie dinge deur te maak voordat julle in die ryk hierna, na MY kan kom. Maar as julle julle lewens afgelê het, en nie reg is nie, sal julle ‘n baie langer tyd nodig hê om julleself gereed te kry om MY te kan aanskou en daarom wil EK almal op aarde wat bereid is om deur MY geleer te word, nou op aarde leer en brei en gereed kry vir die wedergeboorte wat voorlê. MY kinders, die wedergeboorte is nie ‘n maklike proses nie en niemand gaan dink dat dit ‘n grap is, as hy eers daardeur gaan nie, maar niks is maklik in die lewe nie,behalwe wanneer julle MY in julle harte het. Dan sal alles vir julle maklik wees en julle sal oor al die probleme en dinge wat EK oor julle pad bring, vlieg en niks sal julle dan van MY kan afdwing nie. Al wat EK wil hê is ‘n hart wat bereid is om voort te gaan met die wedergeboorteproses en ‘n hart wat oorloop van liefde vir MY en sy naaste. Net die liefde sal julle deur die prosesse kry en julle sal heel en volwasse aan die anderkant uitkom. Dink hieroor na en kom verklaar jouself bereid om deur MY geskool te word vir die wedergeboorte wat sal plaasvind wanneer jy alles geleer het wat jy moet.

Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205