DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk32

02.04.2008 21:09

 

Daar sal binnekort iemand wees wat heel eerste met MY een geword het en wanneer hy na julle sal kom in MY naam, sal daar wonderlike dinge met julle gebeur. Hy sal met MY krag dinge vir julle laat plaasvind waarin julle net MY krag sal kan sien. Ook sal hy vir elke een wat opreg na MY soek, hoop en vreugde bring omdat hy MY voorloper is en net soos Johannes die doper wat MY koms voorspel en wat MY voorgegaan het, sal hy weer wees en mense sal nie weet wie hy is voor hulle hom ontmoet het nie. Daar is al ‘n hele paar wat weet wie dit is en die wat nog nie weet nie, sal deur MY SELF in kennis gestel word wanneer die tyd reg is. Julle mag MY kom vra en EK sal aan julle sê wie dit is, maar moenie ‘n ander mens kom vra nie. EK sal dan elkeen SELF sê wie dit is en wanneer daardie mens dan Een met MY is, sal julle dit aan hom kan sien aangesien sy gelaat sal verander van donker na helder lig. Dit beteken nie dat hy nou vol duisternis is nie, maar bloot dat hy nog meer mens as engel is. Baie van julle is ook op dieselfde pad as MY voorloper en wanneer dit gaan gebeur dat hy dat hy een met MY is, sal al die ander mense die een na die ander die eenwording met MY bereik. Hy sal eerste ingaan soos voorheen, en almal sal volg. So, julle moet hom baie opdra sodat hy vinnig met MY kan verenig want dit gaan teweegbring dat daar baie wonderlike dinge onder julle gaan gebeur. Wonderwerk op wonderwerk sal dan voor julle oë plaasvind, maar dit sal net voor die gebeur wat heeltemal ryp is daarvoor. Niemand wat Een is met MY sal of mag daaroor spog nie omdat dit nie die doel is van sy Eenwording met MY nie. Die rede dat MY voorloper wonderwerke sal verrig, is om julle wat daarop wag en wat die Eenwording met MY nastreef, met nuwe moed te besiel en julle meer ywerig te maak. Gee vir MY julle beste en EK sal julle daarvoor beloon sodat julle nooit spyt kry nie. Gee alles op vir MY en julle sal ook die Eenwording met MY bereik. Dit is die hoogste sport wat julle kan bereik op aarde en julle beloning in die hiernamaals sal dan te wonderlik vir woorde wees. MY kinders, EK het julle so onbeskryflik lief en die wat MY al in die gees kan aanskou, kan daarvan getuig omdat hulle MY aangesig kan sien en kan sien hoe MY oë van liefde vir julle, getuig. EK maak nie leë beloftes nie en wat EK sê gebeur werklik en daarom moet julle nie laat slap lê nie want dit sal julle bitterlik berou, nie omdat julle gestraf sal word nie, maar omdat julle dan sal sien wat julle verbeur het en dit julle oneindig hartseer sal maak. Werk hard aan julleself, MY kinders en julle sal die beloning daarvoor al op aarde ontvang, want wat kan beter wees as hemel op aarde? En sal dit nie vir julle hemel op aarde wees wanneer julle Een met MY is en alles kan aanskou nie? Sal dit nie vir julle hemel op aarde wees wanneer julle die hele skepping met al sy werke kan aanskou en MY eerstehands kan ontmoet nie? Dit sal vir julle die grootste saligheid beteken en dit sal vir julle die wonderlikste seëninge bring. Dit sal alles vir julle nog meer duidelik word wanneer julle Een met MY is en julle sal so bly wees oor alles wat met julle gebeur het, en wanneer julle die eindproduk van ‘n nuwe omvormde mens sal sien, sal dit vir julle almal tot aansporing dien. Veral omdat EK MY voorloper van alle tye al, eenkant gehou het. Hy bly eenkant sodat die wonderwerk wat EK in hom gaan verrig, soveel groter sal wees. Julle sal dit sien en almal wat hom ken sal stom van verbasing wees omdat hulle die verandering in sy wese sal herken en nie dieselfde mens van vroeër in hom sal sien nie. EK het ook MY redes daarvoor en dit is nie asof EK sy persoonlikheid sal verander nie, maar sy ware persoonlikheid sal dan eers na vore tree. Hy sal almal wat hom ken verbaas en die liefde sal uit hom drup. Dit sal dan as aansporing vir almal wat die Eenwording met MY soek, dien en dit is dan waarom Ek so ‘n groot wonder werk vir MY voorloper beplan. Onthou, hy is net ‘n mens soos julle en hy loop ook ‘n baie swaar pad, wat net sal verander deur MY liefde wat EK op hom sal uitstort, maar wanneer dit gebeur, sal almal wat hom sien juig oor MY groot liefde vir elke mens en julle sal dan éérs hard werk om dit te bereik. MY liefling kinders, kom na MY sodat EK en jy weer Een kan wees en jy hemel op aarde kan hê en EK gelukkig kan wees omdat EK weer MY geestes vonkie teruggekry het.

Amen.

 

Dit is die einde van die boek “Die wedergeboorte”.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205