DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 26

30 Maart 2008   09:55

EK wil julle alles wees en met die komende pasga wil EK vir julle ‘n paar dinge daaromtrent sê. MY kinders, wat is die ware waarde van die pasga? Is dit nie dat julle MY brood moet eet en MY wyn moet drink nie? Wat is MY brood en MY wyn? Dit is EK SELF wat julle in julle moet opneem. Dit is MY woorde en MY liefde vir julle almal wat julle aan mekaar ook moet uitdeel. Daar is baie mense wat nog glo dat hulle ‘n paaslam moet slag en daardeur bewys hulle dan dat EK nie vir hulle geslag is nie.  Het MY bloed dan verniet gevloei op Golgotha? Nee, MY kinders die ware pasga wat Ek wil hê is die eet van MY woorde en die beoefening van MY liefde. Wanneer jy elke dag met MY gemeensakp het en jy dan vir jou naaste dinge doen uit die diepte van jou hart en jy vir hom of haar ook lief is, sal jy dan mos MY vlees en bloed eet en drink, nie waar nie? Dan deel jy dit ook uit soos wat EK dit verlang. Moet daarom nie bekommerd wees oor die komende pasga nie. Maak julle nie besorg oor iets wat vir MY klein is nie. Het EK julle nie beveel om mekaar met julle hart lief te hê nie? EK het gesê, wees vir MY lief met alles wat binne jou is en wees vir jou naaste lief soos wat jy jouself liefhet. Dit sê EK nou weer vir julle. Dit is die ware viering van MY nagmaal en die pasgalam wat julle dan slag, sal MY liefde wees wat julle oor mekaar uitgiet. MY kinders, julle het nie nodig om ‘n fees te vier ter herdenking van MY kruisiging nie, leef dit elke dag uit. Dit is vir MY as julle Vader nutteloos wanneer julle een dag in die jaar uitsonder en dan ‘n fees ter herdenking van iets hou. Hou liewer elke dag fees en dra MY so in julle hart aan ander oor. Dit is die ware viering van MY feesdae. Dra mekaar in liefde en wees net vir mekaar lief omdat Ek julle so liefgehad het dat EK vir julle gekruisig is en dat julle mekaar dan ook so lief moet hê soos wat EK vir julle lief is. MY kinders, EK weet daar is die onder julle wat nog voel dat hy ‘n vleisie of ‘n vissie wil braai en dit kan julle maar doen as julle so voel. Braai dit dan uit liefde vir mekaar en berei vir mekaar iets lekkers voor in die liefdesvuur van julle harte, maar moenie dink dat jy sondig wanneer jy nie aan die verrigtinge deel sal neem nie. Dit is nie sonde in MY oë wanneer iemand die pasga elke dag in die gees vier nie. Dit is eintlik hoe EK dit wil hê en laat niemand die ander een verkwalik vir die manier hoe hy dit wil herdenk nie. Laat elkeen doen soos sy hart vir hom sê en wanneer iemand vir ‘n ander ‘n stukkie vleis uit die liefde van sy hart wil braai, dan is dit ook welgevallig in MY oê. Laat daar net liefde heers en nie tweedrag oor die regte manier van die feesviering nie. EK wil daar by julle teenwoordig wees en EK kan net daar wees wanneer die liefde daar heers. Los mekaar uit om die pasga te herdenk soos wat elkeen in sy hart voel. Laat niemand vir die ander een sê wat om te doen nie omdat dit dan net ongelukkighied sal bring wat nie daar mag wees nie. Bring die dag wat julle uitkies om te vier net in liefde deur en EK sal daar wees om julle verrigtinge te seën. En dit sê EK ook vir julle almal uit die diepste liefde wat EK vir julle het in MY Vaderhart. Gaan sê dit ook aan almal wat nou in ‘n tweestryd gewikkel is en leef vir Die Liefde, wat EK IS.

Amen 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205