DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 25

30 Maart 2008   09:32

Kyk MY kinders, in hierdie lewe is daar baie dinge wat julle nie verstaan nie en een daarvan is die banvloek waarmee volke in die ou tyd getref is. Die banvloek het behels dat elke mens en dier dood gemaak moet word omdat daar geeste is wat die diere  ook beïnvloed het en wat gemaak het dat die diere , nadat hulle na die volgende fase oorgegaan het, al die ander siele teenwoordig in die nuwe liggaam, verkeerdelik beïnvloed het. Daarom moes die diere ook gedood word sodat daardie slegte geeste wat in die diere teenwoordig was, hulle kon verlaat voordat hulle verder kon gaan na die volgende fase van die diereryk of selfs na ‘n mens. Dit was dan die rede vir die banvloek in daardie dae en waarom selfs die diere daaronder moes ly. Die mense het dan ook baie baat daarby gevind omdat hulle siele daarna baie verbeter het, al was dit dan nou eers in die ryk hierna. EK het aan MY kneg gesê dat dit dan ook die rede is waarom julle land binnekort in bloed gedompel gaan word. EK tref eintlik julle land met die banvloek en net die wat opreg en vol liefde vir MY is sal dit oorleef. Selfs die diere van die wat MY nie liefhet nie, sal dood gemaak word. MY kinders, as julle MY liefhet en by MY bly, sal niks julle oorkom nie en julle sal in vrede in julle land , na alles verby is, woon en EK sal julle weer alles terug gee wat julle ter wille van MY opgegee het. Weet julle dat EK dit raaksien en dat julle al baie dinge bygekry het wat julle verloor het? EK het in MY alwysheid aan julle elkeen sy loon uitgewerk en wanneer EK na julle sal kom en tussen julle sal wandel in die vlees, sal elkeen dit self van MY ontvang. Dit belowe EK aan julle almal en EK wil julle sê om ook alles in die stryd te werp vir MY sodat julle alles wat julle opgegee het vir MY kan terugkry. Dit sluit julle diere in. EK weet dat daar baie van julle is wat julle diere moes agterlaat omdat julle na MY herberg moes kom, en omdat julle dit uit liefde vir MY gedoen het en daarom sal EK julle seën en ook daardie vreugde aan elkeen wat dit opgegee het, teruggee. MY kinders, weet dat EK die kleinste dingetjie wat julle vir MY opgegee het, aan julle sal teruggee, al is dit jou troeteldiertjie waarvoor jy baie lief was. EK het immers die diere vir julle gegee sodat julle na hulle sal omsien en ook MY skepping op so ‘n manier kan liefhê en eer. Dit moet julle weet en weet ook dat EK nie ‘n ongenadige Vader is nie. Ek ken elkeen se hart en weet wat daarin aangaan en elke hart wat pyn wil EK vertroos deur dit wat Ek vir julle na die stryd sal teruggee. Daar is baie diere wat sal omkom saam met hulle base , maar daar is ook baie diere wat gespaar sal bly omdat EK dit so wil. Elke een van julle wat MY bo alles liefhet, sal sy diere weer terugkry omdat EK hulle vir julle al spaar. Ek sal hulle aan die lewe hou, al lyk dit vir julle ook hoe onmoontlik. Die diere moet ook ‘n mate van lyding deurgaan omdat dit ook goed is vir hulle siele. Dit sê nie dat julle julle diere moet mishandel nie, maar wanneer Ek so iets oor ‘n dier bring moet julle daarby berus omdat EK die beste weet waarom EK dit aan daardie betrokke dier doen. Julle moet onthou dat ‘n dier ook deel is van ‘n mens se siel en dat hy net soos julle mense, ook lyding nodig het om sy sieledeel te vervolmaak. Wanneer daardie deel van die mensesiel dan volmaak is, of wanneer hy gereed is om verder te gaan, sal EK hom op ‘n manier wat vir MY die beste is, gaan haal en hom verder laat gaan. Dit belowe EK vir julle dat dit altyd uit die grootste liefde in MY Vaderhart geskied en dat EK nooit iets oor iemand, hetsy ‘n mens of dier, bring vanuit woede in MY hart nie.  EK sal nooit so iets doen nie omdat EK nie woedend kan word en iemand daardeur dood nie. MY kinders, berus daarby dat EK julle almal deur ‘n baie swaar tyd sal dra sodat julle weer met julle diere wat oorleef het, verenig sal word. EK weet dit is vir julle en julle diere moeilik, maar EK sal dit nie langer laat geskied as wat nodig is nie. MY kinders, wees net gerus en wy elke oomblik aan MY en julle sal leef en saam met alles wat EK vir julle sal gee na die tyd, sal julle vrolik leef terwyl EK tussen julle sal rondloop. Dit sal julle nog almal sien. Laat MY toe om julle lewens te rig en julle sal nooit spyt kry nie. Dit belowe EK vir elkeen wat vandag hartseer is oor sy diere wat hy moes agterlaat. Dit sal alles aan julle teruggegee word.

Merk MY woorde.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205