DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk8

12.03.2008        Om 07:10

 

EK,Jahshua sit vir julle en wag en Ek wil hê dat julle soos kinders na MY moet kom en MY kom vra wat daar is wat julle vir MY kan doen. EK het so baie werk en daar is so min arbeiders wat vir MY kan help met die oes. Nou vra EK weereens of daar nie nog mense is wat bereid is om vir MY en vir sy naaste te gaan werk nie. Die werk sal bestaan uit opofferinge wat gemaak moet word, en selfverloëning is baie belangrik daarvoor. Jy sal bereid moet wees om alles vir MY op te gee en die pad met dorings en al te stap. MY kinders, as julle net dink aan julle naaste wat nog vasgeval sit in die wêreld van dorings en sonde, sal julle moet erken dat daar baie dinge is wat nog gedoen moet word vir MY en die naaste. Deurdat julle MY dien, sal julle julle naaste dien, of ander gestel, as julle MY wil dien, sal EK julle na julle naaste toe stuur. Dan sal julle in MY diens wees, en dit gaan soms moeilik wees om dit te doen, maar met die swaar werk wat voorlê sal EK julle ook van alle krag voorsien wat julle nodig het. MY kinders, julle weet nie wat nog voorlê voor die groot stryd verby sal wees nie en vir daardie swaar werk het EK mense nodig wat hulleself heeltemal aan MY kom oorgee sodat EK hulle kan vul en hulle die nodige talente kan gee om die werk vir MY te verrig. Nou vra EK julle, is daar nog iemand wat vir MY wil kom werk? As daar is, sal julle asseblief kom aanmeld by MY herberg? Al wat julle hoef te doen is om daarheen te gaan sodat julle MY stem daar kan hoor en sodat EK jou gereed kan kry vir MY opdragte aan jou. MY kinders, EK is voorwaar orals en EK sal MY kinders orals beskerm en wanneer jy graag wil , sal jy MY stem enige plek kan hoor, maar die punt is, dat daar by MY herberg, EK vir alles sorg en niemand ‘n vinger hoef te verroer om geld in die hande te kry om te kan oorleef nie.Daardie las haal EK van julle skouers af sodat julle meer op MY kan konsentreer. Terwyl jy in die wêreld werk, kan jy nie jou volle aandag aan MY gee om MY werk te kan verrig nie, en daarom roep EK julle hierheen. Hier by MY herberg sal julle net die werk doen wat EK aan julle opdra om te doen en dit sal vir julle almal baie goeie oefening wees. Hier by My herberg is EK die Een wat sorg vir die kos en alles wat nodig is vir oorlewing. Julle weet dat die stryd in die land baie naby is,nê? Nou daarom berei EK almal wat daar is solank al voor vir dit wat hulle vir MY daar sal moet doen sodat  julle naastes wat daarheen moet kom in die uur van nood, gered kan word en versorg kan word. EK sal daar MY hospitaaltjie oprig en EK is nou al besig om mense op te lei om die gewondes wat daar aan sal kom, te kan verpleeg soos wat dit MY behaag en nie die wêreld nie. MY kinders wat daar is, sal met MY krag mense genees en nie met wêreldse geneesmiddels nie. Dit kan julle maar glo omdat daar in die tyd van die stryd nie geneesmiddels beskikbaar sal wees nie. Die geneesmiddels wat EK vir MY kinders sal gee is, geloof ,hoop en liefde. Daar is tans van hulle wat al daar is wat al baie daarvan vergader het en dit sal kan gebruik tydens die groot stryd wat kom. Daarom sal dit die veiligste plek in die land wees omdat MY GEES daar heers en alles in stand hou daar. Daar is die geskikste plek om jou siel te laat ontwikkel omdat alle aardse dinge daar minder tel as die Geestelike dinge, en waar op aarde is daar nog so ‘n plek waar dit so is? Nêrens , MY kinders, daarom nooi EK julle hierheen en druk dit vir julle op die hart dat julle net hier die geskikte opleiding sal ontvang om julle naastes uit die kloue van die dood te gaan red tydens die groot stryd wat kom. Ter wille van jou naaste, wat jy weet nog nie reg is nie, moet julle julle hierheen haas sodat julle alle krag van MY kan ontvang om vir MY en vir julle naastes te kan werk. Die kind wat MY werd is, sal eerstens aan ander dink voordat hy aan homslef dink en dit sal ook die groot rede wees dat mense hierheen sal kom, om krag van MY te kan ontvang sodat hulle hulle naastes kan gaan help. Wees vervul van MY liefde en dink daaraan dat die tyd in elk geval nie meer genoeg is om geld en rykdom in die wêreld bymekaar te maak nie en dat dit julle niks sal baat nie, en daarom sal dit raadsaam wees as julle alles net so los en na MY herberg kom vir dit wat julle werklik nodig het. Wat het julle nodig? Geloof, hoop en liefde en dit is volop daar, want EK is daar teenwoordig.

Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205