DIE WEDERGEBOORTE
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50.

Hoofstuk 20

22 Maart 2008 06:50

 

Gister het julle gesien hoe die bose ‘n slim plan het om julle uit te vang en daarom wil EK net vir julle sê om almal wat daar aankom, eers met MY GEES te toets en wanneer hulle nie aan die standaarde voldoen nie, moet julle hulle nie daar toelaat nie. EK wil net die opregtes van hart daar hê en daarom moet julle dag en nag daaroor bid. Bid dat EK die hekke sal sluit vir alles wat nie daar hoort nie en dit sal gebeur. EK sal die hekke sluit vir die goddeloses, maar julle moet oplet dat julle nie self iets doen wat hulle daar kan laat inkom nie. Wanneer julle nie bid voordat julle by die hekke inkom nie, maak julle ‘n pad oop vir die bose en dan kan julle niemand behalwe julleself blameer nie. Ook wil EK hê dat julle na julleself moet kyk en MY gedurig kom vra waar die foute en sondes lê. EK wil hê MY kinders moet onberispelik lewe en niemand moet verkeerde dinge doen nie. Die van julle wat verkeerde dinge doen terwyl julle daarvan bewus is, moet weet dat julle die ander wat niksvermoedend saam met julle daar by MY herberg is, se lewens ook in gevaar stel deur julle sondes. MY kinders, baie mense weet nie eers dat hulle sondig nie, maar EK sal dit aan hulle uitwys wanneer dit die regte tyd is. Leef onberispelik sodat julle geseënd kan wees in MY. EK kan julle nie seën terwyl julle bewustelik sondig nie en daarom wil EK hê dat julle mooi moet kyk voordat julle ‘n ding doen wat al die ander ook in gevaar stel. MY kinders, die sondes waarvan EK praat is dinge wat julle weet, julle doen en wat die bose beslis nader trek. Moenie dink dat EK regverdig is en dat EK net die sal straf wat die verkeerde ding gedoen het nie, maar EK sal ook die bose toelaat om in te kom aangesien elkeen aan sy naaste moet dink voordat hy ‘n sonde begaan. Die verantwoordelikheid rus op elkeen se skouers om na sy naaste om te sien. Voordat jy ‘n sigaret aansteek moet jy dink dat jy die bose ‘n vat kans op jouself gee en dan mag hy by jou wees. Wanneer jy dan die herberg se grond betree, kom hy saam met jou daarin en saai verwoesting en bring stryery en bakleiery tussen almal. MY kinders, dit is dan ook hoekom EK sê dat julle almal wat daar wil inkom eers met MY GEES moet toets. Die wat werklik van MY is, sal nie kwaad wees daaroor nie omdat hulleself nie vir ander ‘n struikelblok wil wees nie. Die wat nie daar hoort nie, sal deur MY SELF uitgegooi word omdat EK net die reines van hart daar wil hê. Maak nie ‘n fout nie, elke liewe een van julle wat hier is maak nog foute en doen sondes, maar dit is gering en EK sal dit vergewe omdat EK weet dat dit nie aspris gedoen word nie. EK praat nie daarvan nie omdat niemand nog volmaak geword het nie, maar EK praat van dinge wat daarbuite gedoen word en wat dan die bose inbring. Dink daaroor na voordat julle weer iets doen en hier praat EK spesifiek met die jonges. Hulle sal weet waarvan EK praat en ook weet hulle wie hulle is, maar almal kan in ‘n strik trap van die bose en daarom oordeel Ons niemand nie. Kom net tot inkeer en EK sal dit nie teen julle hou nie. Dit sê EK weereens vir julle met al die liefde in MY Vaderhart.

Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205