Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

310. Elke besonderse uitdrukking in hierdie vers betrek soveel Arcana (geheime) van die diepste betekenis (toepaslik op die genius van hierdie mense wat vergaan het deur die vloed, `n genius totaal verskillend van hulle wat na die vloed gelewe het, dat dit onmoontlik is om hulle na vore te bring. Ons kan kortliks net noem dat hul eerste ouers (voorouers) wat die Mees Antieke Kerk uitgemaak het, hemelse mense was, en gevolglik was hemelse saad in hulle geplant; daarom het hulle afstammelinge hemelse saad in hulle gehad. Saad van `n hemelse oorsprong is so dat die liefde sy hele denke oorheers en maak dit een. Want die hemelse denke bestaan uit twee dele, nl. die wil en die intelligensie. Liefde, of die goeie, behoort aan die wil, geloof, of die waarheid behoort aan die intelligensie; en uit die liefde, of die goeie het die Mees Antieke mense dit waargeneem wat aan die geloof of aan die waarheid behoort, sodat hulle denke een was. Met die nageslag van so `n geslag, moet die saad van dieselfde hemelse oorsprong noodwendig oorbly, sodat enige afval van die waarheid en die goeie aan hulle kant totaal katastrofies is, siende dat hulle hele denke nou so verdorwe raak dat `n moontlikheid van `n restorasie in die ander lewe skaars moontlik is. Dit is heeltemal anders met hulle wat nie hemelse maar slegs geestelike saad besit, soos die mense na die vloed, en ook wat die mense vandag besit. Daar is geen liefde hierin nie, gevolglik geen wil tot die goeie nie, maar daar is nog steeds `n bekwaamheid van geloof of die verstaan van die waarhede, deur middel waarvan hulle tot `n sekere graad van naasteliefde gebring kan word, alhoewel op `n ander manier, naamlik, deur die inwerking van die gewete vanuit die Meester gegrond in die kennis van die waarheid en die daaruit afgeleide goeie. Hulle staat is daarom totaal anders as die “voor die vloed mense” waaroor ons later, met die Meester se genade, weer iets sal sê. Maar hierdie is Arcana (geheime) waarvan die huidige generasie totaal onbewus is, want tot op die huidige tydstip weet niemand wat `n hemelse mens is, ook nie eers wat `n geestelike mens is nie, en nog minder wat die kwaliteit van die menslike verstand is en die lewe wat daaruit spruit, en die gevolglike toestand na die dood nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205