Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

305. Vers 23. Toe stuur Jahweh God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Om “uit die Tuin weggestuur te word” is om ontneem te word van alle intelligensie en wysheid; en om “die grond te bewerk waaruit hy geneem was” is om liggaamlik-sinlik te word, Dat om “uit die Tuin weggestuur te word” is om ontneem te word van alle intelligensie en wysheid, is duidelik uit die betekenis van `n “tuin” en uit “Eden” soos hierbo; want `n “tuin” dui op intelligensie, of die verstaan van die waarhede; en “Eden” is aanduidend van liefde, en dui verder op wysheid, of die wil van die goeie. Om “die grond te bewerk waaruit hy geneem is” dui daarop om liggaamlik-sinlik te word, soos wat hy was vóór sy wedergeboorte, en was alreeds hierbo aangetoon was (vers 19), waar soortgelyke woorde voorkom.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205