Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

255. Dat die “saad van die vrou” geloof in die Meester voorstel, is duidelik uit die betekenis van “vrou” as dat sy die kerk is, wie se “saad” niks anders as “geloof” is nie, want dit is uit geloof in die Meester dat die kerk wel die kerk genoem word. In Maleági word geloof die “saad van God” genoem: “Waarom? Omdat Jahweh getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug [adolescentiarum] aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond. Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het `n geslag (saad) van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.” (Mal. 2: 14, 15). In hierdie aanhaling is die “vrou van jou jeug” die Mees Antieke en die Antieke Kerke van wie se “saad” (van geloof) die Profeet spreek. Ook in Jesaja met verwysing na die kerk: “Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal My Gees op jou kroos (saad) giet en My seën op jou nakomelinge.” (Jes. 44: 3). In Openbaring: “En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge (van haar saad) wat die gebooie van God bewaar en wat die getuienis van Jahshua, die Gesalfde hou.” (Openb. 12: 17). En in Dawid: “Ek het `n verbond gesluit met My uitverkorene, met `n eed aan Dawid, My kneg belowe: Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag (saad) bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor my. En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel...” (Ps. 89: 4, 30, 37), waar daar by Dawid bedoel word die Meester self; deur sy “troon” Sy koninkryk; deur die “son” die liefde en deur die “saad” geloof'.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205