Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

303. `n Mens verkry `n lewe deur al die dinge waarvan hy oortuig is, dit is, wat hy erken en glo. Deur dit waardeur hy nie oortuig is nie, ook wat hy nie erken en glo nie, het nie `n invloed op sy denke nie. En daarom kan niemand die heilige dinge ontheilig tensy hy so oortuig is dat hy dit erken, en op die ou einde tog die waarhede ontken. Hulle wat nie erken nie, mag dit dalk weet maar is asof hulle nie weet nie, en is soos hulle wat dinge weet wat glad nie bestaan het nie. So was die Jode ongeveer die tyd met die Meester se koms, daarom word in die Woord gesê dat hulle “verwoes is” of “totaal vernietig” dit is, om nie langer meer `n geloof te hê nie. Onder hierdie onstandighede doen dit die mens geen kwaad aan om die innerlike inhoud van die Woord aan hulle te openbaar nie, want hulle is soos persone wat sien, maar tog nie sien nie; wat hoor, maar tog nie hoor nie; waarvan die Meester in Jesaja sê: “Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie. Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hulle oë en met hulle ore nie hoor en hulle hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.” (Jes. 6: 9-10). Sodat die geheime van die geloof nie openbaar gemaak word totdat die mens in so `n staat is, dit is, dat hy so “verwoes” (innerlik) is dat hulle nie meer langer glo nie (ten einde, soos voorheen gesê, dat hulle nie meer in staat is om dit te kan ontheilig nie), die Meester verklaar ook baie duidelik in die opvolgende verse van dieselfde Profeet: “Toe sê ek: Hoe lank, JHWH? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot `n wildernis, en JHWH die mense verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.” (Jes 6 11-12). Hy wat erken en wys is, word `n mens genoem, of wat erken en glo. Die Jode was dus “verwoes” soos alreeds gesê, ten tye van die Meester se koms, en vir dieselfde rede word hulle in so `n “verwoesting” gehou deur hulle hebsug en begerigheid, en veral deur hulle gierigheid, en alhoewel hulle `n duisend keer van die Meester hoor, en dat die verteenwoordigings van hulle kerk op Hom betrekking het in elke besonderheid, maar tog erken en glo hulle niks nie. Dit was waarom die mense van voor die vloed uit die Tuin van Eden “gegooi” en verwoes was totdat hulle nie meer langer in staat was om enige waarheid te erken nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205