|
Verskillende Slange 251 - 350 EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 26
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
276. Dat “om brood te eet in die sweet van jou aangesig” die afkerigheid teenoord dit wat hemels is, aandui, is duidelik uit die betekenis van “brood.” Deur “brood” word bedoel alles wat geestelik en hemels is, wat dan ook die voedsel van die engele is, waar die weerhouding daarvan sal lei tot die staking van hulle lewe net so seker as wat die mens sal sterf deur die weerhouding van voedsel op hierdie aarde. Want dit wat hemels en geestelik is in die hemel het ook `n korrespondensie met brood op die aarde, waardeur hulle verder verteenwoordig word, soos aangetoon in baie gedeeltes van die Woord. Dat die Meester “brood” is, is omdat uit Hom kom dit te voorskyn wat hemels en geestelik is. Hyself leer in Johannes: “Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het...wie hierdie brood eet sal tot in ewigheid lewe.” (Joh. 6: 58). Daarom word brood en wyn ook as simbole aangewend by die Pasga. Die hemelse word ook verteenwoordig deur die manna. Dat dit wat hemels en geestelik is die voedsel uitmaak van die engele, is duidelik uit die Meester se woorde: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God gaan.” (Matt. 4: 4), dit is, vanuit die lewe van die Meester, waaruit alles kom wat hemels en geestelik is. [2] Die laaste geslag van die Mees Antieke Kerk wat bestaan het onmiddelik net voor die vloed, en wat hier behandel word, het so totaal verlore geraak en was onderdompel in die sinlike en liggaamlike dinge, dat hulle nie meer gewillig was om te luister wat die waarheid van geloof, wie en wat die Meester was, of dat Hy sou kom om hulle te red nie; maar wanneer sulke onderwerpe genoem word, het hulle weggedraai. Hierdie onwilligheid of afkerigheid word beskrywe as “om brood te eet in die sweet van jou aangesig.” Net so ook die Israel, (en later die Jode) as gevolg daarvan dat hulle van so `n karakter was dat hulle nie die bestaan van hemelse dinge erken het, en slegs `n wêreldse Messias begeer, nie kon help om `n afkerigheid teenoor die “manna” te ontwikkel nie, omdat dit `n verteenwoordiger van die Messiah was, en noem dit “misrabele brood” op grond waarvan giftige slange tussen die volk ingestuur is. (Num. 21: 5, 6). Bowendien, die hemelse dinge wat hulle deelagtig geword het in tye van teenspoed en ellende, wanneer hulle in trane was, word deur hulle genoem “brood van teenspoed” die “brood van ellende” en die “brood van trane.” In die teks hier voor ons, word dit wat ontvang word in teenspoed genoem “die brood van die sweet van jou aangesig.”
|
|
|
|
|