Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

308. Deurdat die betekenis van die “ooste” en van die “Tuin van Eden” hierbo gegee is, is dit nodeloos om langer by hul stil te staan; maar dat “gérub” die voorsienigheid van die Meester aandui, uit vrees dat die mens in sy waansinnigheid binne die geheime van die geloof mag tree en dit deur middel van sy Eie, en deur middel van die sinlike en deur geheue- kennis [sensuali et scientifico], en dit sodoende ontheilig, en homself vernietig, is duidelik uit al die gedeeltes in die Woord waar melding gemaak word van “gérub.” Siende dat die Jode van so `n karakter en kwaliteit was dat, het hulle enige suiwer kennis van die Meester se koms gehad het, en betreffende die verteenwoordiging van die tipe van dinge in die kerk wat aanduidend van Hom is, ook aangaande die lewe na die dood, ook aangaande die interne mens en die interne sin van die Woord, sou hulle dit belaster het, en sou daarmee vir ewig vergaan het; daarom was dit verteenwoordig deur die “gérubs” op die “genadetroon” en versoendeksel oor die ark, op die gordyne van die tabernakel, op die voorhangsel, en ook in die tempel; en dit was aangedui dat die Meester dit in Sy bewaring het. (Ex. 25: 18-21; 26: 1, 31; 1 Kon. 6: 23-29, 32.). Want die ark, waarin die getuies was, dui op dieselfde as die boom van die lewe in hierdie behandelde gedeelte, nasamlik, die Meester en die hemelse dinge wat slegs net aan Hom behoort. Daarom word die Meester ook genoem die “God van Israel as sittende op die gérubs” en daarom het Hy met Moses en Aäron gespreek “vanaf die versoendeksel tussen die twee gérubs” (Ex. 25: 22; Num. 7: 89). Dit word duidelik in Eseg. beskryf, waar dit gesê word: “En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die gérub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. En JHWH sê vir hom: Trek dwasdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak `n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; slaan dood grysaards, jongmanne, en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe;....verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word.” (Eseg. 9> 3-7). En weereens: “En Hy het die man aangespreek wat met die linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die gérub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole.... en strooi dit oor die stad; en hy gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; en dié het geneem en uitgegaan.” (Eseg. 10: 2, 7). Uit hierdie gedeeltes is dit duidelik dat die voorsienigheid van die Meester hier aangedui word deur die “gérubs” en daarom word hulle in hulle eie waansinnige hebsugte gelos, wat ook hier aangedui word deur die “gloeiende kole wat oor die stad gestrooi word, en dat “niemand gespaar moet bly nie.”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205