Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

253. Dit is uit die deugde van die hemelse en die engele se Eie dat die kerk in Openbaring `n “vrou” genoem word en ook `n “getroude,” `n “bruid,” `n maagd” en `n “dogter.” “`n Vrou wat met die son beklee was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof `n kroon van twaalf sterre. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar....en sy het `n manlike kind gebaar...en toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het.” (Openb. 12: 1, 4-5, 13). In hierdie gedeelte word deur die “vrou” bedoel die kerk, deur die “son” die liefde; deur die “maan” die geloof; deur die sterre, net soos tevore, die waarhede van die geloof, en dit alles word deur die bose geeste gehaat en tot die uiterste vervolg. Die kerk word `n “vrou” en ook `n “getroude” genoem in Jesaja. “Want jou maker is jou Man; Jahweh van die leërskare is Sy Naam; en die Heilige van Israel is jou verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. Want soos `n verlate vrou en `n bedroefde van gees het Jahweh jou geroep, en soos `n vrou uit die jeugtyd [adolescentiarum] as sy versmaad was, sê jou God.” (Jes. 54: 5-6), waar die “Maker” ook as 'Man” beskou word omdat dit verenig is met die “Eie” en “`n verlate vrou” en “`n vrou uit die jeugtyd” dui spesifiek op die Antieke en Mees Antieke Kerke. Net so ook in Maleági: “Omdat Jahweh getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het.” (Mal. 2: 14). Sy word `n “vrou” en `n “bruid” genoem in Openbaring. “En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos `n bruid wat vir haar man versier is. Kom hierheen, en ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.” (Openb. 21: 2, 9). Die kerk word `n “maagd” en `n “dogter” genoem, reg deur die Profete.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205