|
Verskillende Slange 251 - 350 EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72. |
|
|
264. Dat die “swangerskap en baar van kinders” in die Woord in die geestelike sin gesien word; “swangerskap” vir die gedagtes of denkbeelde en die oogmerk van die hart, en “kinders” vir die waarhede, is duidelik uit Hosea: “Efraim – sy heerlikheid sal wegvlieg soos `n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis (swangerskap) meer nie. Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek sal hul kinderloos maak, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.” (Hos. 9: 11-12), waar “Efraim” die intelligente aandui, of die verstaan van die waarhede, en “kinders” die waarhede op sigself. Dit word ook iewers van Efraim gesê, of een wat intelligent is, wat onverstandig geraak het: “Barensweë sal hom oorval, hy is `n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.” (Hos. 13: 13). En in Jesaja: “Staan beskaamd Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie. As die tyding na Egipte kom, beef hulle daar van angs by die tyding aangaande Tirus.” (Jes 23: 4-5), waar “Sidon” beteken hulle wat in die kennis van die geloof was, maar wat dit verwoes het deur geheuekennis [scientifica], en het so onvrugbaar geword. [2] Weer in dieselfde profeet wat die wedergeboorte behandel, en waar die waarhede van die geloof weereens uitgebeeld word as “kinders”: “Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van `n seuntjie verlos. Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word `n land in een enkele dag gebore? Of word `n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar. Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? Sê Jahweh. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? Sê jou God.” (Jes. 66: 7-9). Die goeie en die waarhede wat gebore en ontvang word vanaf die hemelse huwelik, word daarom “kinders” genoem deur die Meester in Matt: “Hy wat die goeie saad saai, is die seun van die mens en die saailand is die wêreld. Die goeie saad – die kinders van die koninkryk...” (Matt. 13: 37-38). En die goeie en die waarhede van `n reddende geloof noem Hy “kinders van Abraham” (Joh. 8: 39); want “saad” (soos gesê in n. 255) geloof aandui, daarom is die “kinders” wat van die “saad” is, die goeie en die waarhede van die geloof. Daarom noem die Meester Homself “Seun van die mens,” siende dat Hyself “saad” is, dit is, die geloof van die kerk.
|
|
|
|
|