Verskillende Slange 251 - 350
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72.

300. Ten opsigte van die eerste arcana (geheim) – dat deur “Jahweh God” word bedoel die Meester en terselfdertyd die hemel – en moet daarop gelet word dat in die Woord, en altyd vir `n geheime rede, word die Meester somtyds net “Jahweh” genoem, en somtyds “Jahweh God” somtyds die “Meester Jehovih” somtyds die “God van Israel” en somtyds net “God”. Dus in die eerste hoofstuk van Genesis, waar dit ook in die meervoud gesê word; “Laat ons mense maak na ons beeld” word Hy net “God” genoem en word nie “Jahweh God” genoem nie, tot in die volgende hoofstuk waar die hemelse mens behandel word. Hy word genoem “Jahweh” omdat slegs Hy Lewe, dus uit die Essens (wesenlike); en “God” omdat Hy alle dinge kan doen, dus uit Krag; soos wat dit duidelik is in die Woord, waar hierdie onderskeiding en verskil gemaak word in (Jes. 49: 4, 5; 55: 7; Ps 18: 2, 28, 29, 31; 31: 14). Op grond hiervan was elke engel of gees wat met die mens gepraat het, en wat veronderstel is om enige kragte te besit, “God” genoem soos dit voorkom in Dawid: “God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode.” (Ps. 82: 1), en op `n ander plek: “Want wie kan in die hemel met Jahweh vergelyk word? Wie is soos Jahweh onder die hemelinge (onder die seuns van gode).” (Ps. 89: 7). Weereens: “Loof die God van die gode...” (Ps. 136: 2-3) Ook die mens wat krag besit word “gode” genoem soos in Ps 82: 6; Joh. 10: 34, 35. Van Moses word ook aan die Farao gesê dat hy `n god is. (Ex. 7: 1). Vir hierdie rede is die woord “God” in die Hebreeus in die meervoud naamik “Elohim.” Maar omdat die engele nie die minste krag uit hulleself besit nie, soos wat hulle ook inderdaad erken, maar alleenlik uit die Meester alleen, en siende dat daar maar net een “God” is, word daar in die Woord deur “Jahweh God” bedoel die Meester alleen. Maar waar enigiets deur die bediening van engele bewerk word, soos in die eerste hoofstuk van Genesis, word van Hom gepraat in die meervoud. Ook hier waar die hemelse mens, as mens, nie in vergelyking met die Meester geplaas kan word nie, maar slegs met die engele, want dit word gesê, die mens, “het nou geword soos een van Ons, deur goed en kwaad te ken.” dit is, om wys en intelligent te word. Die tweede Arcana (geheim) word net hierna behandel. oooooooooooooooOOOOOOOOOOOOOOOOOooooooooooooooo

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205