DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 9
24 Jan.2008 07:33
Tussen julle is daar baie geeste in die lug en hulle is nie almal boos nie. Die geeste wat julle oppas, is die geeste deur MY na julle gestuur en julle sal nie weet hoeveel male julle deur hulle beskerm is nie. Julle word die hele tyd deur hulle beskerm en selfs die mense wat te sterwe kom, word deur hulle beskerm in die geesteswêreld. Daar is ontsettend baie boosheid om julle en die bose wil julle graag oorhaal om na hulle te kom, maar sonder dat daar aan julle ‘n vrye keuse gegee word. Dit is net EK wat julle eie wil respekteer. Die bose haat enige vorm van respek en beskou dit as swakheid om respek aan iemand te betoon, al is dit iemand baie ouer as hyself. Daarom is daar vandag soveel rebelsheid onder die jongmense en hulle praat nie met hulle oueres en meerderes met respek nie, omdat die bose wat by hulle betrokke is, hulle in hulle mag het. Wanneer jy agterkom dat jy nie lus het om iemand wat ouer as jy is, en die respek werd is, met respek te behandel nie, moet jy oplet na die geeste om jou. EK weet dat jy hulle nie kan waarneem nie, maar wanneer jy daardie gevoel by jouself opmerk, moet jy weet dat daar ‘n hele boel van daardie “rebelgeeste” in die omtrek is. Kyk maar na die jongmense se kleredrag. Dit is die uitleef van disrespek en sonder om ‘n woord te sê, kan jy sommer aan hulle kleredrag sien dat hulle deur die rebelgeeste beïnvloed word. MY kinders, let ‘n bietjie na julleself op en kyk na julle gedrag teenoor ouer mense. Laat almal sien dat jy MY kind is, deur jou houding teenoor ouer mense. Deur die aantrek van rebelse klere lok jy nog meer van die geeste na jou en word jy later rebels teen dissipline. Deur dit toe te laat in jou, sal MY GEES nie in jou kan werk nie en jy sal nie deur MY gebruik kan word nie. Let daarna op om nie van die rebelse geeste na jou te lok deur jou houding en kleredrag nie, want dit bly jou keuse of jy goeie of slegte geeste na jou wil lok. MY kinders is omring deur goeie geeste wat deur MY na hulle gestuur is, maar die wêreldling word deur die slegte en rebelgeeste omring en verkies dit so. MY kleintjies, kyk maar na die skole waarin julle julle kinders laat skoolgaan. Hoeveel van daardie kinders is nie rebels nie, en die onderwysers kan hulle nie meer beheer nie. Dit is waarom EK julle ook waarsku teen ydelheid, omdat satan deur die kleredrag ingesluip gekom het en die wat van mooi aantrek gehou het, sal val vir die nuwerwetse klere waaragter daar baie meer skuil as net ‘n hemp of ‘n broek. Daar is baie meer betrokke, as wat julle met julle aardse oë kan sien en julle moet altyd eers MY raad vra wanneer julle klere gaan koop. EK sal julle beskerm, maar weerhou julle van ydelheid en dra die klere wat EK vir julle gee. Moenie jouself in die wêreld dompel deur die verkeerde kleredrag wat daardie slegte geeste lok waarvan EK julle nou vertel het nie. Wees MY getrou en nie die wêreld nie.
Amen.
 
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205