DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 38
7 Feb.2008 08:19
EK ken alle harte en sal daarom ook weet in watter toestand jou hart is. EK weet as jy sonde doen in jou hart en Ek weet ook wanneer jy opreg is. Daarom sal EK dit bekendmaak in die hiernamaals en elke ding wat jy gedoen het, en hoe jy was, sal baie duidelik op jou gesig te siene wees. EK laat elke mens sy eie siel vorm soos wat hy werklik binne sy hart is. As jy vol sonde is en weier dat EK jou skoonmaak, sal jou siel lyk net soos wat jy werklik is. Baie van die mense wat in die hiernamaals aankom, lyk verskriklik en hulle is heeltemal boos. Daarom lyk hulle dan ook soos gedrogte en kan hulleself nie verander om mooi te lyk en almal te flous met hulle voorkoms nie. Almal wat hulle dan sien, sal weet dat hulle sondaars was wat grof teen MY gesondig het. EK sien vandag dat mense hulle kinders toelaat om met speelgoed te speel wat die demone uit die hel voorstel, en nie eers daarvan bewus is nie. Daar is nie sulke goed soos monsters nie. EK het nie sulke wesens geskape nie, maar die mens skep dit in hulle harte en lyk dan so, die oomblik wanneer hulle die liggaam aflê en die liggaam dan nie meer daar is om die slegte dinge weg te steek nie. Dan is alles so duidelik soos daglig en elke mens sal dan kan sien waar daardie mens se foute lê. Die demone in die hel word dan ook so “oulik” as moontlik aan die kinders voorgestel deur programme op die televisie en ook deur die speelgoed wat verkrygbaar is. MY kinders, julle sal met ‘n skok besef wat aangaan as julle julleself net aan MY oorgee sodat EK julle lei en julle oë oopmaak. Dit word dan so goed as moontlik voorgestel om óok so te lyk en die mens het dan nie meer ‘n vrees vir sulke monsters nie. Daardie monsters loop vandag tussen julle, omdat dit die sonde voorstel en elke een wat in daardie sonde deel, dan van binne so lyk. Die norm vandag om meisies op vroeë ouderdom na die skoonheidsalonne te neem en hulle op te tooi, is dan ook verantwoordelik vir baie van die lelike “innerlike monsters” wat geskep word. Soos wat EK alreeds gesê het, het EK nie monsters geskep wat in die natuur loop nie. Die monsters is die innerlike van elke mens wat hom nie tot MY bekeer nie en in ydelheid en hoogmoed rondloop. Kyk maar na die innerlike van mense en julle sal kan sien of daardie persoon MY vrug dra. As hy nie vir MY vrug dra nie, sal sy innerlike soos die hel self lyk. Dit is ook moontlik vir so iemand om reg te kom en EK sal sy siel heeltemal verander en in die mooiste engel omskep, sodra hy MY om vergifnis vra en sy lewe op MY rig. EK sal dan al die vuil van hom afwas en hom verander en mense sal dan ‘n merkbare verskil by hom sien. Die mens wat MY liefhet, lyk weer soos ‘n engel en sal ook MY vrugte dra wat by MY pas en daarin sal julle so iemand kan herken. Maar in die hiernamaals, waar niemand meer ‘n aardse liggaam het waaragter hy kan skuil nie, sal niemand sy innerlike, ware self kan wegsteek nie en met ‘n skok sal mense sien wat regtig in daardie mens se hart aangegaan het. Dit sê EK julle en julle kan MY maar glo, want EK is die Skepper en Heerser van alles. EK deurgrond en ken alles en ken ook die diepste wese van elke mens. Niemand kan iets vir MY wegsteek nie en EK sal alles van die dakke af verkondig in die lewe hierna. Kry liewer jou lewe reg en wees soos ‘n engel, as wat jy soos ‘n volslae duiwel in die hiernamaals lyk. Glo MY nou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205