DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 40
9 Feb. 2008 06:14
EK sal julle almal na veilige bewaring lei, voordat die groot dag in julle land plaasvind. Julle sal deur MY beskerm word en EK sal julle hande vashou en nie een wat MY liefhet, sal beseer word of doodgemaak word nie. Ek sal julle almal teen MY bors vasdruk en dit is ook ‘n belofte wat EK aan julle maak. EK weet dat daar vandag baie bedreiginge in die land en wêreld is, maar omdat EK hier by julle is en julle vashou, moet julle nie twyfel of bang wees nie. EK sal julle na die veilige bewaring bring wat EK vir julle berei het, maar dan wil EK eers jou hart en jou alles hê. Alles wat EK vir jou sal gee, is reeds daar waar jy dit net moet kom ontvang. Julle wat MY liefhet, weet teen hierdie tyd dat jy alles weer sal ontvang wat jy vir MY opgegee het. EK het dit ook al aan julle belowe en dit sal so geskied. Wees maar net nie bang nie en vertrou net op MY, wat julle almal deur hierdie swaar stryd sal dra en weet, EK kom julle verlos. Wanneer julle MY bo alles stel, stel dit MY in staat om julle net so te vat en julle te reinig, maar wanneer jy terughou en nie heeltemal skoon wil kom nie, sal jy nie deur MY gereinig kan word nie omdat EK niemand dwing nie. EK wil oorgawe hê uit vrye wil en daarom sê EK dat julle na MY moet kom, sonder enigiets wat julle teëhou. Dit sê EK weer vir julle. EK het dit al vir julle gesê, maar EK sien dat daar baie mense is wat deur MY gereinig wil word, maar nog dinge terughou en dit nie wil opgee nie. EK belowe jou, jy sal alles weer terugkry en nog meer. Gee dit net in MY Hande oor.
Amen.
Naskrif:
EK het aan julle baie dinge hierin gesê wat julle nog nie verstaan nie. Julle dink dat julle elke liewe woord hierin begryp het, maar Ek, julle enigste Vader sê aan julle dat julle nie die helfte begryp het nie. Wanneer jy hierdie boekie klaar gelees het, moet jy MY weer kom vra vir helderheid en EK sal dit vir jou gee wanneer jy dit die tweede keer weer lees. EK het so baie om aan julle te sê, maar julle is nog te onryp daarvoor en daarom sal EK dit berg vir ‘n bietjie later. EK sal alles wat julle nie kan verstaan nie, SELF aan julle verduidelik en moenie na ‘n mens toe gaan vir helderheid nie. EK sal jou help, omdat EK alles kan sien wat binne jou is en op die regte tyd, sal jy alles verstaan. Dink maar nie dat jy dom of onnosel is nie, want EK het dinge vir jou verberg, omdat EK wil hê dat dit op die regte tyd aan jou bekendgemaak moet word. Die rede daarvoor is, dat jy op die regte tyd en met die regte omstandighede baie meer sal leer as wanneer jy alles met een slag sou verstaan en dit nie kan toepas in jou daaglikse lewe nie. Soos wat EK dit wil doen, sal dit jou baie beter te pas kom en jy sal dit met jou hart, baie diep kan verstaan as wanneer jy dit net lees en dit met jou verstand verstaan. Kom dra dit aan MY op en EK sal jou lei.
Amen
(Liewe lesers, voordat ek met Die verborgenheid begin het, het Jahshua vir my gewys wat hierin sal staan. HY het vir my ’n groot diamant gewys wat op SY hand lê en gesê dat dit skatte is wat hierin sal wees. Kollosense 2 vers 2,3; “dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en die Messias, in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.”
Dit sluit baie mooi hierby aan, want dis presies wat Vader vir my gewys het. Groete Louise )

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205