DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 3
22 Jan.2008 08:10
EK, julle Vader is alwys en sal julle altyd die regte ding wys en leer. Julle moet nie twyfel in MY Stem nie, omdat dit julle net sal verwar en julle sal dan later nie meer die ware van die valse kan onderskei nie. Kom na MY en EK sal jou baie dinge in jou binneste bekendmaak en jy sal MY dien met oorgawe en Liefde. MY kinders, het julle al ooit gewonder waarom daar twee pole moet wees ? Dit is omdat daar nie een sal wees as die ander nie daar is nie. Sal daar ‘n positief kan wees as daar nie ook ‘n negatief is nie? Nee, want dan sal alles neutraal wees en jy sal niks van mekaar kan onderskei nie. MY kinders, selfs by MY is daar pole en EK het hulle SELF geskep, omdat hulle teen mekaar moet wees om hulle krag teen mekaar te laat werk. In MY Wysheidshemele het EK die lewe en die dood teenoor mekaar gestel.Terwyl EK SELF die lewe is, is daar ook ‘n dood en almal van julle het ‘n vrye keuse om te maak. Julle kan kies vir die lewe of vir die dood. In MY is daar net lewe en EK het nie dood in MY nie, anders sou daar niks uit MY voortgekom het nie. Daar is lig en daar is duisternis en in MY is daar net Lig, anders sou daar nie sonne geskep gewees het nie. Die duisternis is MY teenpool, want hoe sou jy dan kon onderskei tussen lig en duisternis as daar net lig sou wees? So is daar ook die Ewige lewe en die dood te vinde. MY engele het vir die Ewige lewe gekies en sal daarom ewig leef, maar die teenoorgestelde keuse sou hulle die dood gebring het. Julle wonder nou waarop EK afstuur en EK sal julle sê. Julle almal wat nog op aarde is, sal nog moet kies of julle wil leef en of julle dood wil gaan - geestelik. EK wil hê dat julle die regte keuse moet maak en wil die gevolge van julle keuses aan julle bekend maak. As julle die lewe kies, sal julle MY moet kies, omdat net EK lewe gee. Die dood bring vir julle duisternis en geeneen kan leef sonder MY nie. Die duisternis is dan ook die hel waarvan daar gepraat word en elke een wat MY nie gekies het nie, sal dan ewige duisternis in hom hê en as hy die dag te sterwe kom, sal dit nie veel beter gaan in die ryk hierna waarin hy homself dan sal bevind nie. MY kinders, MY teenpool, satan, het niks lig in hom nie en sal daarom ook nie vir julle lig kan gee nie en daarom word daar gesê dat iemand wat teen MY kies in die duisternis sal voortleef, totdat hy van keuse verander. Niemand kan MY van onregverdigheid beskuldig as hy in die diepste van duisternis sit nie, omdat EK dit aan elkeen voorgehou het en julle self kies. MY kinders, as daar nie teenpole was nie, sou julle ook nie keuses gehad het nie. Watter keuse het iemand as hy net brood in die huis het om te eet? Kan hy kies om iets anders te eet as hy net brood het? Nee, en daarom het EK die lig en duisternis geskep, sodat julle self kan kies. Die lig is net in MY teenwoordig en die duisternis net in satan. Maak julle keuse en kom skaar jou by jou keuse, want die tyd raak min en daar sal vir die wat nie wil kies nie, later nie meer ‘n keuse oorbly nie, want EK sal MY lig van die aarde af onttrek en dan sal die enigste keuse vir die wat oorbly, net die duisternis wees. Kom na die volmaaktheid en verag die onvolmaaktheid waar sonde die oorhand het en jy sal gered word, maar as jy die sonde en daarmee die onvolmaaktheid gekies het, sal jy net jouself te blameer hê as jy dan later uitvind dat EK MY volmaaktheid van die aardbodem onttrek het en jy dan saam met die onvolmaaktes omkom wanneer EK die aarde gaan verwoes.
Dit sê EK, Julle Vader van Ewigheid, aan julle en wil hê dat julle aan die kant van die regte Pool moet wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205