DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 28
4 Feb.2008 06:31
EK stuur die wat MY liefhet na die wat Ek sien ‘n hongerte na MY het en almal wat bereid is om MY werk te verrig, sal na MY visse gaan en hulle vir MY inbring. EK sal sorg dat daardie visse maklik te vange is, sodat julle hulle na MY kan lei. Gaan MY kinders, en moenie dat die wêreld julle terughou nie, omdat daardie mense se siele kosbaar is in My oë. Gaan verrig arbeid in My wingerd en wees MY diensknegte, wat MY tuin bewerk. EK sal julle nooit verlaat nie en sal sorg dat julle al die krag en elke talent het wat julle nodig het om hulle vir MY in te bring. Sê aan almal dat EK jou gestuur het deur jou handelswyse en nie deur jou mond nie. EK sal hulle harte oopmaak, sodat hulle julle sal sien vir wie julle werklik is. Dikwels is dit mense wat jy al jare ken en nie geweet het dat hulle MY soek nie. EK sal julle oë oopmaak sodat julle sal sien wat in hulle binneste aangaan. Vertrou net op MY en weét dat EK jou stuur. EK sal MY mense van vêr gaan haal en die wat naby is, sal EK deur MY gewillige hande bewerk. Kom na MY, sodat EK jou van die nodige krag en arbeidstalent kan voorsien en wees gewillig, sodat jy soos klei in MY hande sal wees en alles wat EK jou oplê, sal doen. Die verborgenheid agter dit wat EK julle nou gesê het, is dat julle nie krag kan maak nie, maar dat julle alles by MY moet kom haal. Dikwels voel julle vol krag en lus om vir MY te veg, maar as EK jou nie gestuur het nie, sal jou kragte faal en jy sal druipstert moet omdraai en dit sal vir jou voel asof jy niks kon regkry nie. As EK jou stuur, sal jy weet dat jy jou krag van MY af gekry het en jy sal voel hoe EK deur jou werk. Maar wanneer jy op jou eie gaan, sal MY krag nie by jou wees nie en jy sal nie mooi weet wat om te doen nie. Dan sal jy ook nie sukses met jou vissie hê nie.Dit is dan ook wat met My dissipels gebeur het, toe EK hulle aangetref het, nadat hulle die hele nag probeer visvang het en niks kon kry nie. Nadat EK hulle gesê het om weer hulle nette uit te gooi, het hulle so baie gevang dat die net wou skeur. Dit is ook so met julle. Wag dat EK vir jou sê na wie jy moet gaan. Uit jou eie uit, sal jy niks kan regkry nie, al is die wil daar om dit te doen. EK weet waarom EK julle op daardie tydstip uitstuur en nie ‘n dag voor die tyd nie, omdat EK elke mens se hart ken en weet wanneer dit die regte tyd is om hom of haar te bewerk. Gaan doen net soos wat EK julle beveel en vertrou op MY, wat julle nooit verkeerd sal leer nie.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205