DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 22
2 Feb 2008 om 06:21
EK het julle almal wat vir MY skryf, en ook al MY ander kinders by die naam geroep en EK het gesê dat julle MYNE is. Wee die satan met sy makkers wat probeer om julle met die klippe vanuit die hel te gooi. MY kinders is kosbaar in MY oë en sal deur MY beskerm word. Geen mens of satan pluk uit MY Hande as EK besluit het om te red nie. MY kinders, julle moenie moed verloor wanneer daar mense is wat julle probeer aftakel “in MY Naam” nie, omdat die satan boos is en die wat MY nie so soek soos wat hulle moet nie, sal maklik deur die satan op ‘n dwaalweg gelei word. EK sal egter almal wat MY baie liefhet, by die hand lei en op sagte groen gras sal EK daar met hulle sit en hulle onderrig. MY liefling kinders, julle moet getrou aan MY bly en net die waarheid soek en EK sál vir julle net die reine waarheid gee deur MY skryfknegte en deur MY GEES in julle harte. Niemand weet wat EK weet nie en daar is niemand wat MY kan deurgrond of deursoek nie. EK IS en niemand kan daaroor stry nie. EK was en niemand kan die teendeel bewys nie. EK sál kom en daaraan kan niemand - nie boosheid of mens - iets doen nie! EK sal die wat getrou by MY wil bly, getrou bewaar en EK sal hulle by die hand vat en hulle alle waarheid deur die GEES ingee. Kom soek na MY en EK sál dit vir jou ook doen. Niemand is minder werd as die volgende een langs hom nie en MY hart is ontroerd hier binne MY oor elke sondaar wat nie wil hoor nie. MY kruisiging is vir die mensdom gedoen wat gered wil word. Daar is egter baie min wat die liefdesoffer uit MY Hand wil kom vat, omdat hulle eie ego nog te groot is. Wat is die verborgenheid agter MY kruisiging? Die verborgenheid agter MY kruisiging is dat elke een wat wil, dit kan kom opeis en die wat nie wil nie, dit verbeur en dit is nie soos wat die wêreld vertel - dat dit vir enige iemand is nie. Kom vra MY vir MY gestorte bloed oor jou en EK sal jou reinig en die kruisiging is dan met reg deur jou gevra. Maar die wat oor MY kruisiging stry en MY liefdeshand wegklap, omdat die kruisiging nie voorgestel is soos wat hulle dit glo nie, sal nie deur MY gereinig word tot die dag dat hulle kom en vergifnis vra en MY bó die gebeurtenis van die kruisiging stel nie. Daar is tans baie mense wat nie glo in MY werk nie, omdat daar feite is wat teenstrydig is met dit wat húlle glo. Maar die feit is dat hulle MY liefdesoffer dan nie raaksien nie en hulleself toespits op die ”ware feite” van die kruisiging. MY kinders, of EK aan ‘n dwarsbalk of ‘n vloekhout vasgespyker is, is nie ter sprake nie, omdat niemand van julle daar was om te sien of daar vir julle gelieg word of nie. Maar nou kom EK met al die liefde in MY Vaderhart en EK vertel julle die feite soos dit regtig gebeur het en dan wil julle dit nie aanneem nie. Was jy, wat MY kruisiging so kritiseer, dalk dáár gewees om te sien wat gebeur het? EK het MY lewe vir jou wat nie glo nie, gegee, maar voor jy MY nie raaksien nie, sal daar van die reiniging met MY bloed niks kom nie. Kom daarom na MY en nie na die “feite” wat jy dínk reg is nie, maar na MY uitgestrekte Vaderarms sodat jy MY liefde kan smaak en niemand jou meer uit MY hande kan lok nie. Soos EK alreeds in die verlede gesê het, kan niemand jou uit MY hande uitruk nie, maar wel kan jy uitgelok word as jy graag wil. Dit bly jou eie keuse. EK sal almal wat twyfel so versterk dat hulle nooit meer sal twyfel oor My woorde, gebring deur My skryfknegte nie. Die groot verborgenheid agter MY kruisiging is eintlik so duidelik soos daglig en dit is net MY liefde wat bereid was om bloed te stort vir elke een wat dit wil hê. Elke een wat wil, kan kom en deur MY bloed gereinig word en skoon voor MY staan sodat EK jou kan optel. Onthou, onreinheid kan nie voor MY aangesig verskyn en vertroetel word nie. Dit is al wat EK in verband met MY kruisiging wil sê. Die res van MY kruisiging is vervat in MY boek daaroor.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205