DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 27
3 Feb.2008 07:19
EK sal elke een wat MY werk verrig so bystaan sodat hy/sy bewus word van MY teenwoordigheid binne hom/haar. EK sal julle almal wat MY werk moet doen so sterk maak dat daar nie ‘n einde aan jou kragte kom nie. En self sal jy weet dat dit net Ek is wat jou so deur alles dra. MY engeleskare staan gereed om jou by te staan en in die stryd sal hulle jou help. Jy moet net bereid wees om die werk te gaan doen. EK kan julle nie genoeg die klem op die hart druk dat die tyd naby is en dat julle baie werk het om te doen nie. My kinders, wees sterk in MY Naam en gaan doen MY werk met vreugde in jou hart en weet, EK, jou Vader is met jou en MY engele sien elke ding wat jy in MY Naam verrig. Die engele juig en jubel oor die mens wat homself oorgee in MY Hande en die sware las vir MY wil dra. EK sal so iemand nooit verlaat nie en sonder MY sal julle niks kan doen nie, daarom versterk EK julle SELF en sal julle nie los nie. Werp alles in die stryd en EK sal alles in die stryd werp om jou by te staan en jou te dra. MY kinders, gee nie om wat die wêreld van jou sê nie. Gaan aan en doen MY werk aan jou opgelê en jy sal nooit spyt kry nie. Die sware las wat jy sal moet dra, sal vir jou lig wees, omdat EK dit vir jou dra en jy maar net MY las en kruis sal moet dra. EK sal julle sterk maak in MY Naam en kragtig sal julle dan MY werk verrig om siele na MY te bring. Dink aan jou broer en kom na MY, sodat EK jou hande diensbaar kan maak en jy hom of haar, wat nog vasgeval sit in die net van die bose, kan gaan uithaal. Net julle wat MY liefhet, sal die werk kan doen en sonder die liefde sal niemand eers ‘n vinger kan verroer om jou naaste te gaan red nie. EK sal julle nooit in die stryd verlaat nie en julle hele doel op aarde is om MY mense te gaan bevry. Elke een van julle wat nou hier lees, al is jou oë nog toe, sal vir MY moet stry en MY bely, en EK sal julle almal die krag daarvoor gee. Al lyk dit nou vir jou of jy nie so iets sal kan doen nie, sal jy verbaas wees oor jouself as jy net na MY kom, sodat EK jou met MY krag, Wysheid en liefde vervul. Dit is al wat jy nodig het om vir MY te gaan werk. Net MY liefde sal genoeg wees om jou deur te dra. Omdat jy My liefde in jou binneste het, sal al die ander dinge aan jou gegee word. Moenie daaraan twyfel nie en glo MY woorde, omdat My dissipels almal mense net soos julle was, en hulle MY woord kragtig kon uitdra, nadat EK MY GEES oor hulle uitgestort het. EK sal MY GEES oor elkeen van julle ook uitstort en julle sal in MY Naam wonders doen en mense van die bose bevry. Dit alles sal EK alleen vir julle gee en julle sal net vir MY hierin kan sien. Jou liefde vir MY sal dan daardeur vergroot en jy sal saam met MY in die Ewige Lewe kan wees en jy sal bly wees vir elke traan, elke las en elke belediging wat jy ter wille van MY gedra het. Dra dit, MY kind en jy sal ryklik daarvoor beloon word.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205