DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 24
2 Feb 2008 om 07:38
Weet julle dat daar in My skepingsruimte baie ander wêrelde is met mense wat ook na MY soek? Ja, dit weet julle al en julle weet ook al dat daar net een manier is om na MY te kom en dit is om die weg van die vlees te volg. Nou MY kinders, julle weet ook dat die kans vir jou om aarde toe te kom baie skraal is, omdat daar soveel miljoene der miljoene mense is wat graag na die aarde wil kom, maar nie kan nie. EK wil vandag vir julle nog ’n verborgenheid bekend maak en dit is die verborgenheid van die vleeswording. Terwyl die mens op die ander planete meer gees as vlees is, is julle hier op aarde in ‘n baie digte materie gekluister, om dit so te noem. EK weet egter watter siele dit sal kan hanteer en watter siele dit nie sal kan verdra nie. Daarom is daar nie baie wat na die aarde kan kom nie en wanneer EK dan so iemand, wat dit nie kan verdra nie, maar MY tog daarom smeek, na die aarde stuur, is dit vir daardie persoon so ‘n groot skok dat hy dikwels nie lank lewe nie. Dit is dan ook die rede vir die gevreesde wiegiedood sindroom waarvan julle weet. Daardie siel wil nie meer in ‘n liggaam wees nie en wens vir die dood om te kom. EK laat dan daardie persoon uit die liggaam gaan en terugkeer na die planeet waarvandaan hy gekom het. Dikwels is dit vir die persoon betrokke ‘n baie groot skok en hy sal dan nooit weer ‘n kans kry om weer na die aarde terug te keer nie, omdat hy sy kans verspeel het. EK sien op hulle ook neer in genade en sal hulle nie verdoem nie, en EK ken elke een se swakheid. Die mens wat dan so gebore is en dan dadelik weer te sterwe gekom het, het dan ‘n proeftydperk op aarde gehad. EK sien elkeen se hart en weet dat as EK nie dood aan daardie betrokke persoon bring nie, hy of sy dan volslae duiwels sal uitdraai in die latere lewe. Die skok om in ‘n aardse liggaam gebore te word, na die vry lewe op ‘n ander planeet, sal die mens so ruk dat hy die verkeerde weg inslaan en dan heeltemal faal in dit wat hy wou bereik. Daarom ag EK dit nodig om die dood aan daardie mens, wat julle as ‘n babatjie sien, te skenk, omdat hy of sy MY daarom vra. EK stuur dan weer daardie siel na die planeet waar hy of sy vandaan gekom het terug en die persoon word dan weer daar gebore. EK laat ook nie toe dat so ‘n persoon onthou van sy lewe op aarde nie, omdat hy/sy dan die ander mense heeltemal van hulle plan sal laat afsien om na die aarde te kom en MY in die vlees te soek. Elke mens, hetsy hier of op die ander planete, het sy eie vrye wil en daarom mag niemand dit beïnvloed nie. Die mense van daardie planete is dan ook moeilik te oortuig om hulle lekker lewe daar op te gee vir die swaarkry hier op aarde en die geringste woorde van iemand wat hulle vertel van hulle slegte tyd hier, sal dan die ander se keuses beïnvloed en hulle van hulle plan laat afsien. EK het baie ander skape, maar hulle is nie van hierdie kraal nie. Dit het EK gesê oor die mense van die ander plekke in MY heelal en EK wil hulle ook almal hierheen bring om die weg van die vlees te volg, sodat hulle MY kan vind. Dit gaan oor die siele wat EK by My wil hê en daarom bied Ek vir hulle ook ‘n kans om hierheen te kom. EK was vir hulle almal ‘n voorbeeld en het hulle dan ook laat sien hoedat EK, die Meester van alles, MYSELF laat verneder, deur ‘n aardse liggaam aan te neem en gebind te wees daaraan. MY kinders, julle wat nou wel hier op aarde is, weet nie of julle van ander planete af gekom het nie en julle weet nie of julle die stryd wat aan julle opgesê is, sal kan stry tot die einde toe nie. Maar EK, wat julle Verlosser en Vriend is, sal julle almal die krag gee om dit, wat julle eens op ‘n ander planeet besluit het, te volbring, al weet jy niks meer daarvan nie. Wie kan MY beperk in MY doen en late en wie kan sê dat dit nie so is nie. EK het MY raadsplan al van oneindige tye gelede al uitgewerk, omdat EK weet wat die beste is en niemand kan sien soos wat EK sien nie. Ook kan niemand weet wat EK weet nie en daarom het EK alles vir die beste heil van MY kinders uitgewerk. Daarom moet julle alles glo wat EK julle sê, omdat Ek die beste weet en julle klein en nietige mensies is wat niks kan sien soos wat dit is, behalwe deur MY wat julle lei en julle oë open nie. Dit is die reine waarheid en elke een wat MY Woorde aanneem, al klink dit hoe snaaks vir jou, en jy sal deur MY beloon word daarvoor, omdat jou geloof in MY so groot was, dat jy alles wat EK jou sê, geglo het, al het jy dit nie self gesien nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205